ZINIO logo

Kuier 4/15/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

5 min
hallo my kuier-mense

Lockdown is nie vir sissies nie! Hierdie is vreesaanjaende tye en enigeen wat sê hulle is nie bang nie, lieg. Maar soos ons wys in dié uitgawe (wat 100% work from home gedoen is), gaan die lewe aan. Mense trou, (dankie Lynette dat jy jou storie met ons gedeel het) sommige treur en ander styg uit bo omstandighede. Intussen verstik die hele wêreld in die wurggreep van die corona-virus. Toe ek presies twee weke gelede dié brief vir die vorige uitgawe geskryf het, was daar ’n kwartmiljoen positiewes in die wêreld met meer as 10 000 sterfgevalle. Nou trek ons al verby ’n miljoen positiewes en meer as 50 000 sterftes. Dié virus ken net een pad en dis verwoesting… En wat alles erger maak, is dat jy in lockdown ook heeltemal…

f0004-01
2 min
seer 2 is amper hier!

Die lang wag vir aanhangers van Op Seer se Spoor, kykNET&kie se misdaadreeks in samewerking met Kuier, is uiteindelik verby! Die tweede seisoen word vanaf Dinsdag 28 April om 20:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Op Seer se Spoor, wat vanjaar vir ’n South African Film and Television Award (SAFTA) benoem is in die kategorie beste feitelike en opvoedkundige program, span die net wyer in die tweede seisoen. Hierdie reeks word weer deur Gambit Films vervaardig. Ernusta Maralack, Kuier se artikelredakteur en aanbieder van die program, reis in die nuwe seisoen die land plat om die stories agter van die mees grusame misdade in Suid-Afrika te vertel. Ernusta kyk weer na stories wat vroeër in Kuier verskyn het, maar ook stories wat nie baie aandag in die media gekry het nie. In hierdie…

f0005-01
5 min
wenke watwerk

ANTWOORD Maak só om te keer dat jou kop jeuk en hare uitval: Roosmarynolie: Stroop die blare van vier roosmaryntakkies, lengte vanaf jou elmboog tot by jou pols. Gooi ’n middelslagbottel klapperolie in ’n pan. Braai die blare bruin oor matige hitte. Haal van die stoof af en laat afkoel. Moenie die blare te donker laat braai nie, dan ruik dit sleg. Gooi die olie deur ’n sif sodat die blare agterbly. Gebruik só: Masseer die olie een keer per week vir so vyf minute in jou kopvel. Dit sal bloedsomloop na jou kopvel verbeter wat ook met haargroei help. Sit ’n plastieksakkie op jou kop vir so 30 minute en totdat jou kop warm voel. Was jou hare en spoel af met die roosmarynspoel. Roosmarynspoel: Kook vyf roosmaryntakkies van dieselfde lengte in 2?…

f0006-01
4 min
die here is altyd met jou

In 2018 moes ek ’n vergadering in Belhar, Kaapstad, gaan bywoon. My vrou, ek en ons drie kinders (al drie onder ses jaar oud) het vroeg uit Port Elizabeth vertrek en by my suster in George gaan oornag. Die volgende môre het ons vroeg uit George vertrek. Dit was nog donker en die pad was stil. Ons kinders het rustig geslaap op die agterste sitplek. My vrou en ek het saam koortjies gesing. En toe, sonder waarskuwing, het die agterste twee bande van die motor gebars. Die motor het geswaai in die rigting van die aankomende verkeer. Ek het my bes probeer om net die motor in die pad te hou, maar ek kon nie. Dit het vir my gevoel ek gaan my hele gesin verloor. Die motor het rof begin swaai…

f0008-01
2 min
kniel by die kruis

EBED Liewe, Heer. Ons slaan ons oë op na die berge, waar sal ons hulp in tye van nood kom? Net van U, o grote God. Keer op keer hou U ons in die holte van U Hand deur die ergste tye van ons lewens. En daarom kan ons nie anders as om U Naam te prys nie, U lief te hê nie. Ons bring die corona-virus wat die wêreld so teister na ons Verlosser. Here, gee die dokters en verpleegsters en almal wat hulself in gevaar moet stel om ons te help, die nodige krag en deursettingsvermoë om hul taak te verrig. Ons kom lê ook almal wat agter die skerms werk, by U Voete neer – van diegene wat moet sorg dat alles skoon is tot dié wat die toetse moet…

f0009-01
6 min
gered deur genade

Ons lewe in ’n tyd waarin ons geestelikheid tot die uiterste beproef word.“Geloof, hoop en liefde.”Dis die drie hoekstene waarop ons geestelikheid gebou moet word, want sonder dié hoekstene, is dit maklik om onder die druk te verkrummel… Daarom glo Johan Stemmet (68), voormalige aanbieder van Noot vir Noot, mense moet juis in hierdie tye biddend en nader aan hul Skepper beweeg. Johan, ’n Johannesburger, weet uit persoonlike ervaring wanneer jy ’n kind van die Here is, kan jy wonderwerke in en om jou lewe verwag. In 2005 het Johan eerstehands God se genade ervaar toe hy die dood net-net vrygespring het. Dié storie is onlangs weer op sosiale media gedeel en Johan sê dit is vir hom ’n herinnering dat hy ’n getroue God dien. Johan onthou die ervaring steeds asof dit…

f0010-01