ZINIO logo

Kuier 4/29/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

3 min
hallo my kuier-mense

Die lockdown bring regtig die beste én slegste in mense uit en nou is dit ook nog tot einde April verleng. En daar is ook geen sekerheid dat dit die laaste keer gaan wees nie… Vir baie Christene was dit veral moeilik om tydens Paasfees ingehok te wees aangesien niemand kerk toe kon gaan of in baie gevalle ook die naweek met familie deurbring nie. Maar dit het nie beteken ons kon nie die geleentheid vier nie. Wêreldwyd is dienste aanlyn gehou en dít het weer die boodskap tuisgebring dat ons nie sosiaal van mekaar afgesny hoef te wees terwyl ons ons fisieke afstand hou nie. En dis ook baie verblydend om te sien hoeveel mense in hierdie tye van nood na hul naaste uitreik en doen wat hulle kan om die…

f0004-01
4 min
rus in vrede vaarwel, liewe conrad sidego

Die Latynse spreuke-skrywer van Siriese afkoms Publilius Syrus, het hom soos volg oor die dood uitgelaat: Eers ná die dood sê ons dikwels hoe dierbaar iemand se lewe vir ons was. Wat ons versuim het, lees ons te dikwels op grafstene, skryf Johann Maarman. Miskien het ek dit te min vir Conrad Sidego gesê hoe ek hom waardeer. Miskien moes ek tog ’n laaste keer na die hospitaal gegaan het toe hy op sy sterfbed gelê het en besig was om afskeid van sy geliefdes en die wêreld te neem. Miskien moes ek tog daai afspraak nagekom het waar hy ’n langtafel sou hou vir my, my vrou, sy vrou, Amy, en ander vriende. Hy het gesoebat (nee, gepleit) dat ek moerkoffie by hom kom drink. Nou het daai gevreesde sesletter-…

f0005-01
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek moet vir ’n maand my ma gaan versorg en ek is vreeslik bekommerd oor my potplante. Enige raad? HANTIE, HAMMANSKRAAL ANTWOORD Met dié wenk hoef jy nie te veel te worry oor hoe jou plante gaan water kry nie: • Maak ’n groot pot vol water en sit dit hoër (soos op ’n baksteen) as die potplante.• Rangskik al jou potplante om die pot.• Knip stukkies tou – een vir elke potplant. Sit die een punt in die pot vol water en die ander punt in die potplant. Begrawe die potplant-punt so ’n bietjie. Die toutjie sal die water van die pot af na die plant toe lei.• As jy baie potplante het, kan jy ’n paar potte gebruik. ’n Tweeliterbottel sal ook werk. Jy kan ook ’n wynbottel vol water…

f0006-01
6 min
sterk in sukses én siekte

Lorcia Cooper (41) het 20 jaar gelede vir die eerste keer in ons huise en harte gekruip as die nimlike Charmaine Jacobs in die gewilde sepie Backstage. Nadat sy verlede jaar ’n South African Film and Television Award (Safta) losgeslaan het vir haar rol in die naelbyt-drama Lockdown, het almal weer van voor af onthou hoekom hulle so baie van haar hou. Lorcia, ’n gebore en getoë Kapenaar, het baie ver gekom sedert haar Backstage-dae en vertolk tans van haar beste rolle nóg – dié van Tyson in die tronkdrama Lockdown op die kanaal Mzansi Magic en dié van Lucille in M-Net se Still Breathing. VEG TEEN SIEKTE Op ’n persoonlike vlak is een van die belangrikste rolle vir haar dié van ma en vrou. Sy het juis by die Saftas aangekondig…

f0008-01
12 min
cor na kán geklop word

Ons almal lewe tans met die versmorende vrees dat ons op een of ander manier die nuwe coronavirus (COVID-19) gaan kry. En hoewel die meeste mense nie ernstig siek word weens die virus nie, is dit ’n feit dat dit wel dodelik kan wees vir sommige. Ons kan ons ook nie blind staar teen die feit dat derduisende mense wêreldwyd reeds die stryd teen COVID-19 verloor het nie. Teen druktyd het die virus ook reeds amper 50 Suid-Afrikaners geëis. Tot dusver was baie slagoffers huiwerig om hul stories te deel uit vrees dat hulle gestigmatiseer sal word omdat hulle positief getoets het. Dus het die meeste van hulle tot dusver onder skuilname met die media gepraat. Net soos in die begindae van MIV/vigs, lyk dit asof ’n baie negatiewe stigma reeds aan…

f0010-01
6 min
lockdown eis sy tol

Net die tyd sal leer of al die voorsorgmaatreëls wat die mensdom teen die nuwe corona-virus (COVID-19) ingestel het (insluitend Suid-Afrika se landwye lockdown), die verspreiding van die virus gaan keer, maar een ding is reeds duidelik − dit gaan nie ’n kort tydjie wees nie. Trouens, inperkingmaatreëls is reeds in baie lande (asook Suid-Afrika) verleng en kenners sê die virus sal eers heeltemal verslaan wees wanneer daar ’n entstof is. En dit kan jare duur… Die syfers styg aanhoudend. Teen druktyd het meer as 2 miljoen mense wêreldwyd reeds positief getoets vir COVID-19 en die dodetal was amper by 150 000. In Suid-Afrika is meer as 2 000 mense reeds positief en amper 50 het gesterf. Tog lyk dit asof die inperkingmaatreëls wel die verspreiding van die virus vertraag het en…

f0014-01