ZINIO logo

Kuier 5/13/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Hierdie is in meer as een opsig ’n baie spesiale uitgawe. Ons is weer gedruk en terug op die winkelrakke (dis ’n hopelik, want jy kan niks meer met sekerheid sê nie) en ek is nou amptelik tien jaar lank redakteur! Bogenoemde is seker nietig gegewe die krisis wat die mensdom nou konfronteer, maar ek dink dis juis in sulke tye wat ons die klein oorwinnings moet vier. Ek is ook so bly dis die Moedersdaguitgawe, veral omdat ons ons jaarlikse funksie weens die pandemie moes uitstel. En al was dié uitgawe in lockdown gedoen, dink ek dit bevat van ons beste stories. Die span het ook soveel stories-agterdie-stories oor hoe presies hulle dié stories gekry het, want ons het onder meer besluit dat ons fotograaf, Dale Fourie, nie in lockdown shoots gaan…

f0004-01
2 min
facebook

Hoe gaan julle Moedersdag in lock-down vier? Baie sê vier Moedersdag elke dag, maar ek gaan my vrou, ma en my skoonma, spesiaal laat voel. Ek gaan alles doen om hulle soos moeders te laat voel. My eie vrou, die moeder van my kinders, sal ook bederf word. My eie moeder sal ek net ’n groet gee. Sy is al 13 jaar gelede na haar hemelhuis, maar sy sal altyd in my hart wees. Moedersdag sal altyd spesiaal wees. WALTER VAN WYK Wow, dit gaan my eerste Moedersdag wees. Ek is ’n first time mom van ’n pragtige drie maande oue babaseun, Ezekiel. Solank ek net saam met my familie is – veilig en gesond – sal dit superspesiaal wees. ANTHEA ALICIA MEYER Ek gaan ’n Moedersdag-verjaardag-lockdown party het omdat dit spesiaal is,…

f0004-02
3 min
safta-wenner!

Ek het my ma die 22ste Februarie vanjaar verloor en dis moeilik vir my. En dit sal baie moeilik wees vir ek en my twee susters, maar ek doen die beste om ’n goeie ma vir my drie kinders te wees. GIOVANNA KETTLEDAS Ek sien al van Januarie af uit na Moedersdag. Dit val op my enigste kind se verjaardag hierdie jaar en ons kon mekaar lekker bederf het, maar nou hou Covid-19 hom vasgevang oorsee. JEANIE WYNGAARD Ai, ai, dis so ’n hartseer storie. Vir die eerste keer in jare sal my dogter en kleinkinders nie met my wees nie. Gelukkig het ek nog my graad 12-baba by my. Ek weet sommer sy sal my dag maak. Dankie Liewe Heer vir kinders wat U ons geleen het en dat ek ’n…

f0005-01
5 min
wenke wat werk

ANTWOORD ’n Tandpyn is een van die lewe se grootste frustrasies. Probeer dié rate vir ’n bietjie verligting: 1. Naeltjieolie het ’n natuurlik verdowingseffek. Drup een of twee druppels op ’n watteballetjie en hou dit op die seer tand. Jy kan ook brandewyn of whiskey probeer. 2. As jy peppermint-teesakkies het, maak een nat, druk uit en hou vir tot 20 minute op die seer area. 3. Meng ’n teelepel sout in ’n koppie water en spoel ’n mondvol rond vir 30 sekondes. Spoeg uit en herhaal ’n paar keer. 4. Druk ’n knoffeltoontjie plat en meng tot ’n pasta met ’n knippie sout. Smeer dit ’n paar keer per dag aan die tand. 5. Smeer ’n klein bietjie vanilla essence aan die sensitiewe area. Herhaal drie keer per dag. 6. Kou ’n rou ui of druk…

f0006-01
4 min
steek kers op by bybel-ma’s

“En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy die Moeder geword het van alles wat lewe” (Gen. 3:20). “Moeder” beteken vir my “lewe”, want sy is die hart van haar huis. Het jy al opgelet hoe die atmosfeer in ’n huis verander die oomblik as Ma instap? Kinders wat saamdrom rondom haar. Nuuskierige ogies wat kyk wat in haar handsak is. ’n Baba wat huilend sy armpies uitsteek om opgetel te word en ’n ander wat hang aan haar rok se pante. Naas Maria, Ma van Jesus, is Jogebed, ma van Moses, een van die moeders in die Bybel wat my baie fassineer. Haar liefde vir haar kind laat haar instinktief optree. Om haar kind van die dood te red, steek sy hom weg vir Farao en sit hom in…

f0008-01
3 min
lesse oor moederskap

Victoria is saam met haar man, Joel Osteen, deel van ’n bekende power gospel-paartjie van Joel Osteen Ministries in Amerika. Hoewel Joel die meer bekende een is, is Victoria ewe inspirerend en sy deel die volgende op hul webwerf, www.joelosteen.com: Ek hou van wat apostel Paulus aan Timótheüs geskryf het, ’n jong man wat baie moed en vertroue gehad het. Hy het geskryf: “Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is.” (2 Tim. 1:5). Die Woord vertel ons dat Timótheüs sy sterk geloof gevorm het deur die invloed van sy ma en ouma. Hulle het ’n voorbeeld van geloof gestel wat sy karakter gevorm het en het só…

f0009-01