ZINIO logo

Kuier 5/27/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Teen hierdie tyd trek Suid-Afrika al ver verby 50 dae in lockdown en nou sê pres. Cyril Ramaphosa ons is op levels! Dié tyd was veral uitdagend vir gelowiges (van Jode, Christene en Moslems se belangrikte geleenthede soos Paasfees en Ramadaan was in dié tyd) en ons almal was in dieselfde bootjie, want die inperkingsreëls het groot samekomste verbied. ’n Spesiale dankie aan ons voorbladgesig, Jawaahier Petersen, wat in hierdie belangrike periode vir Moslems tyd gemaak het om met ons te gesels. En as jy wil eksperimenteer met die Kaaps-Maleise kookkuns, het ons heerlike resepte om te probeer. Teen druktyd het meer as 4 miljoen mense wêreldwyd reeds positief getoets vir Covid-19 en die dodetal het al verby 300 000 getrek. Kenners waarsku ook die ergste lê nog voor vir Afrika en…

f0004-01
2 min
facebook

Wat is van die vreemdste wenke wat julle al aangeraai is om te gebruik? Iemand het vir my gesê dye jou hare met Drink-O-Pop. En swirl jou hare met ’n wolcap. Ek vra toe:“Weet jy hoe sweet ’n mens in die somer? My hare sal mos mince!”Sy sê toe:“Dan sit jy net ’n doek bo-oor die cap”, like verstaan jy dan nie, girl? MILANI FORTUIN Trek bokdrolletjies en drink dit vir masels. Wil maar net sê dit werk! CHAMAGNE CLOETE Almal het al tieties gehad en ek nog niks. Daai vyeboom van my oupa het deurgeloop, want die vyemelk moes toe mos nou daar aan die borste gesmeer word om te groei! Dit het beslis gewerk… MANDY HEYN My meisiekind het op nege maande begin loop. Sy het baie geval, toe sê ’n antie…

f0004-03
2 min
kuierhoekie

KYK UIT! Die winter is hier en dus ook jou gunsteling-winterresepteboek, KuierCombo Winter! Vanjaar se WinterCombo is nét die regte medisyne teen die winter én die lockdown, want met ons keur van heerlike winterkos en hekel- en breipatrone, gaan jy nie ’n oomblik ledig hoef te wees nie. Ons het inspirasie by die Afrikaanse idiome gaan kry, so kyk of die kool die sous werd is met ’n lekker koolbredie en kom sit aan by die vleispotte van Egipte met ’n stadig-geroosterde lamsblad en vele meer! Daar is ook eenpotgeregte, sop en winterpoedings! SA REEKS OP NETFLIX Gambit Films, wat saam met Kuier die SAFTA-bekroonde Op Seer se Spoor vervaardig en ook flieks soos Noem my Skollie en Die Ellen Pakkies Storie gemaak het, het onlangs hul buiging op Netflix gemaak! Hul splinternuwe reeks…

f0005-01
4 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek het ’n probleem met sweterige, klam voete. Dit gee ’n verskriklike reuk af, maak nie saak hoeveel keer ek dit was nie. MARY, DE DOORNS ANTWOORD Die sleutel is om dié raad gereeld en versigtig te gebruik en jou voete skoon te hou: • Skrop jou voete met ’n borsel en seep minstens een keer per dag. Droog jou voete behoorlik af – veral tussen jou tone.• Hou jou toonnaels kort en skoon.•Verwyder harde, dooie vel met ’n vyl.• Hou jou voete droog. Trek minstens een keer per dag skoon sokkies aan. Kies kouse wat vog absorbeer, soos dié gemaak uit natuurlike stowwe of sportsokkies.• Moenie elke dag dieselfde skoene aantrek nie sodat dit tyd het om droog te word.•Vermy stywe skoene.• As jy vinnig ontslae wil raak van die stank,…

f0006-01
3 min
weesverdraagsaam en geduldig

Ons is in die tydperk van Covid-19 en die gevolglike inperking in Suid-Afrika en ook in die meeste van die wêreld. Dit is ’n ongekende ervaring vir almal van ons en boonop is Moslems in die maand van Ramadaan. Dit beteken dat die meeste mense 24/7 in hul huise en in mekaar se geselskap is. Soms in ’n baie klein area en natuurlik met al ons verskillende geaardhede. Dit kan baie oorweldigend wees. Van die gevoelens wat mense in die huidige situasie ervaar, is angstigheid, woede, ’n sin van verlies, onsekerheid, hartseer en verlange na geliefdes, eensaamheid en ’n gevoel dat hul privaat spasie binnegedring word. Dié gevoelens kom dikwels uit as ergerlikheid, onverdraagsaamheid en ongeduldigheid. Allah praat van geduld in die Heilige Koran (hoofstuk 2:155 – 157) waarin Hy ons herinner…

f0008-01
11 min
g’n keer aan jawaahier

Soos ’n vars briesie het Kaashifa Mansour saam met die suidooster van Maandae tot Vrydae in ons sitkamers ingewaai. Dié karakter van die kykNET-sepie Suidooster, het talle mense laat regop sit en wonder wie die nuwe talent is wat hul lewens verlede jaar so sterk binnegedring het. Kaashifa was die tipiese awkward girl next door, iemand wat sosiaal ongemaklik is en desperaat was vir die gevoel van belonging. Ons het vinnig agtergekom sy is lief vir bak en brou en sy het lag-lag by Mymoena, gespeel deur Jill Levenberg, aanklank gevind in die kombuis. Kaashifa het egter baie verander sedert haar eerste verskyning. Sy het ’n makeover ondergaan en die awkward girl next door, wat gebak en brou het vir ’n stokperdjie, het binne ’n oogwink ontpop tot ’n volwaardige Moslem-vrou en…

f0010-01