ZINIO logo

Kuier 6/10/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

3 min
kuier werk van die huis

HALLO MY KUIER-MENSE, Dié pandemie mors regtig met ’n mens se sin van tyd. Só voel dit vir my dit was gister nog Maart en hier is ons alweer in Junie! Dit was beide die stadigste en vinnigste drie maande van my lewe… Junie word tradisioneel geassosieer met die jeug en Vadersdag en in hierdie uitgawe kom daardie twee temas saam, veral aangesien die eerste leerders vanaf die begin van die maand kon terugkeer skool toe. Ek het al herhaaldelik gesê hoe bly ek is dat ek nie kinders het in die tyd van corona nie. Niemand het gevra hoekom nie, want almal het aangeneem ek verwys na die beproewing wat dit is om heeldag die kinders by die huis te hê en hulle dan nog te probeer onderrig ook. Maar vir my…

f0004-01
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek soek asseblief raad om aartappels langer vars te hou. Myne raak so gou pap en muf. Ek weet nie wat aangaan nie. CHRISANTA APPELBOOM, KUILSRIVIER ANTWOORD As jy weet hoe om jou aartappels te stoor, kan dit selfs vir ’n hele jaar hou! • Om te keer dat rou aartappels groen word, bêre dit op ’n donker plek. As dit groen word, kan dit giftig wees, so maak seker jy sny al die groen dele uit. • Bêre rou aartappels in bokse of sakke met goeie ventilasie op ’n donker, koue plek. Hierdie metode kan jou aartappels vars hou vir tot ses maande (6 °C tot 10 °C). • Jy kan jou aartappels toedraai in koerantpapier, veral as jy op ’n warm plek bly. • Moenie jou aartappels was voordat jy dit wegsit nie…

f0006-01
4 min
bybel-lesse oor pa-wees

Ons vier ’n besonderse dag… Vadersdag. Dis ook die belangrikste titel wat my as individu te beurt geval het: Pappa, Daddy of Pa. Terwyl dié ’n besonderse dag vir almal van ons moet wees, gaan dit tog gepaard met baie hartseer omdat van ons vaders ons alreeds ontval het; baie dogters deur hul pa gemolesteer of verkrag word; die einste vader wat moet beskerm, die een is wie hul ma slaan en wat konstant dronk is. Vadersdag is so in kontras met Moedersdag. Op Moedersdag heers daar ’n besonderse gees van dank en waardering. ’n Gees van liefde wat betoon word. Op Vadersdag word daar egter meer klem geplaas op wat ’n pa regtig moet wees. Maar hoekom is dit só? Die Bybel is duidelik oor wat die rol van ’n vader moet…

f0008-01
1 min
bid vir ons vaders

Gebed Liewe Heer Almagtige God, dankie dat U ons hemelse Vader is. Dankie dat U altyd by ons is en ons bewaar en beskerm. Soms doen ons nie wat in U wil is nie, maar ons loof en prys U dat U ons nooit versaak nie. Here, dankie vir ons aardse pa’s. Seën hulle wat elke dag daar is vir ons, al is hulle moeg of oud en afgeleef. Help ons om goeie kinders te wees en gee hulle die krag en leiding in hierdie tyd van beproewing asseblief Heer. En Hemelse Vader, help ook dié pa’s wat foute gemaak het om weer terug te keer na U en hul families. In Jesus naam, Amen 2 Korintiërs 6:18 En Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,…

f0009-01
13 min
terug skool toe of nie?

Toe pres. Cyril Ramaphosa op 24 Mei aankondig die land is vanaf 1 Junie in fase 3 van die lockdown en dat geen ouer gedwing sal word om hul kinders terug skool toe te stuur nie, het talle ouers die strop om hul nekke al hoe nouer voel trek… Want met dié woorde het die president die besluit (en dus die verantwoordelikheid) 100% terug in ouers se hande geplaas. Dis dus nie uiteindelik nie die regering wat oor jou kind se gesondheid of skoolloopbaan sal moet besluit te midde van ’n dodelike virus nie – nee, dis nou jy, die ouer. Hierdie realiteit wil jou amper versmoor, want ouers het nou letterlik hul kinders se lewens én toekoms in hul hande. Ouers van graad 7- en 12-leerders was eerste aan die beurt, want…

f0010-01
12 min
hul kinders, hul lewe

“Toe ek daai eerste keer my kind se hartklop hoor, het ek geweet ons is geseën.”JODY ABRAHAMS Een is ’n nice guy – altyd reg met ’n glimlag, sy kitaar en gereed om te braai. Die ander een is ’n biker wat al lankal die wag voor sy mond weggejaag het en wat mal is oor bier en vroue. Al is hulle wêrelde uitmekaar, kan Arendsvlei-kykers nie wag om te sien wat dié twee volgende gaan doen nie. En in die regte lewe verskil Sherman Pharo (Thys Cupido) en Jody Abrahams (Lionel Foster) ook hemelsbreed. Maar, as daar een ding is waaroor dié twee saamstem, is dit hoe vaderskap hul lewens verander het. “Ek wou nooit eens ’n pa gewees het nie. Die hele familie-en-kindersding was nooit in my plan nie. Dit…

f0014-01