ZINIO logo

Kuier 6/24/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
black lives matter

HALLO MY KUIER-MENSE, Ons het pas Jeugdag gedenk en in dié uitgawe herroep ons ’n bietjie van die rewolusionêre gees van daardie tyd byna 45 jaar gelede. Dit was ook ’n baie onstuimige en onsekere tyd in ons geskiedenis, maar ook ’n tyd om op te staan vir dit waarin jy glo. Nes destyds is dit ons jeug wat die pas aangee, want dis hulle wat gaan bepaal hoe die toekoms gaan lyk. En as ek so na ons voorblad kyk, lyk die toekoms nogal heel lekkertjies! Maar op ’n ernstige noot: Dean Smith is baie meer as net sy looks. Hy is talentvol en nie lui om sy pad boontoe oop te werk nie! Maar vandag se jeug het ook nie uit die lug geval nie, hulle volg in baie wyse voetspore.…

f0004-01
3 min
facebook

Om teenwoordig te wees in alle opsigte. Soms is daar ’n pa of ma in die huis, maar hulle is nie teenwoordig nie. ’n Pa se voorbeeld moet van so ’n aard wees dat hy respek sal afdwing sonder om ’n woord te gebruik en sonder om te manipuleer! Die kinders moet by hom kan sien hoe ’n mens lojaal is, hoe ’n mens eerbaar is, en hoe ’n mens meer waarde het met ’n pragtige karakter as ’n bankrekening vol geld! FARIEDA ISAACS Ek salueer die goeie pappas daarbuite; hulle wat deel is en wil deel wees van hul kind se lewe ongeag omstandighede. Hulle stel hul kinders eerste; hulle is betrokke en staan hul ekse by, hetsy finansieel of met die kind se aktiwiteite. My ma het altyd gesê: “As…

2 min
agter die skerms

Die corona-pandemie dwing ons almal om dinge anders en veiliger te doen. En dis dieselfde hier by Kuier. Om veiligheidsredes kon ons nie self die Suidooster-akteur Dean Smith se voorbladfoto’s neem nie, maar Suidooster se mense is soos familie en het gou hand opgesteek om te help. Wilmer Müller, publisiteitsbestuurder van Suidooster, het agter die skerms Dean se voorbladshoot maak werk, maar hy het dit nie alleen gedoen nie. Gantane Kusch, wat die rol van dr. Siya vertolk, het sommer fotograaf gespeel en Dean vir die voorblad afgeneem. “Toe Kuier ons nader met die versoek om Dean op die voorblad te sit, maar dat daar weens Covid-19 met omsigtigheid te werk moet gaan en dat ’n voorbladfotosessie buite die kwessie is, het ons dadelik koppe bymekaargesit oor hoe ons unieke foto’s…

f0005-02
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Winterkoue is op ons, maar elektrisiteit is duur en geld is skaars! Enige wenke? BRUCE HEPKOR, BLOEMFONTEIN ANTWOORD Hier is ’n paar oorlewingswenke vir die winter wat voorlê sodat die koue nie te erg aan jou sak ruk nie: 1. Maak jou boots warm deur felt, fleece of ’n stuk van ’n ou sweetpak insoles in te sit. 2. Red jou ou truie deur die wolletjies saggies af te skeer met ’n ou skeermes. 3. Plak bubble wrap op jou vensters om te keer dat die koue inkom. Spuit water op die venster en sit die bubble wrap daarteen met die bubbles wat na die venster toe wys. 4. Trek plastieksakkies oor karspieëltjies om te keer dat dit toewasem. Maak dit vas met rekkies of wasgoedpennetjies. As jy sukkel met jou voorruit, trek kouse oor…

f0006-01
10 min
black lives matter

Nes die koms van Covid-19 die wêreld vir ewig verander het, sal die wêreld ook nooit weer dieselfde wees ná die wrede dood van George Floyd nie. En niemand sal ooit sy naam of sy laaste woorde vergeet nie… Nooit weer sal ons dié 46-jarige swart Amerikaanse man se naam kan aanhoor sonder om tonele uit ’n video van sy laaste oomblikke op aarde te herroep nie. Teen die tyd toe ’n 17-jarige omstander op 25 Mei 2020 dié tonele op haar selfoon begin verfilm het, het Floyd reeds na sy asem begin snak en herhaaldelik vir sy lewe gepleit. Hy het op sy maag gelê terwyl hy deur drie polisiebeamptes op die grond vasgepen is. Een van hulle, Derek Chauvin (44), het met sy knie teen Floyd se nek gedruk.…

f0008-01
7 min
dean skitter

“DIT IS VIR MY BELANGRIK OM GEMAKLIK TE WEES EN MY WAARDES TE ONTHOU”.DEAN SMITH Wanneer Dean Smith (26) by ’n vertrek instap, is dit bitter moeilik om hom nie raak te sien nie. En dis nie net omdat hy gebou is om te hou nie! Nee, wanneer dié klong ’n vertrek betree, word dit gevul met sy teenwoordigheid en jy is onmiddellik intens bewus van hom. Hy is soos ’n vars briesie–kinderlik opgewonde, energieke persoonlikheid, intense groen oë en ’n Colgate-glimlag wat menige vrou se hart kan vermurwe… Daar is net iets aan dié klong van Malmesbury in die Wes-Kaap wat ’n mens onmiddellik aangryp. Met sy plat soos ’n Minora blade-gesindheid en verwelkomende aura kan ’n mens nie anders as om by hom aanklank te vind en van hom te…

f0012-01