ZINIO logo

Kuier 7/8/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense

Die pandemie begin nou regtig sy tol eis en die gevalle en sterftes bly net styg. Die Kaap kry swaar en kenners waarsku die ergste kom binne die volgende twee weke, maar ons bly biddend vir almal wat deur die virus geraak word en dankbaar vir diegene op die frontlines wat ons deurdra. Covid-19 maak ’n mens beangs, maar die jongste vlaag van geweld teen vroue en kinders maak jou befoeterd! Ons bid ook dat iets daadwerkliks uiteindelik gedoen gaan word om hierdie misdade vir altyd uit ons gemeenskappe te roei. Baie dankie aan Karin Kortjé wat Kuier gekies het om vir die eerste keer op ’n tydskrifvoorblad met haar kaalgeskeerde kop te verskyn sodat ander wat ook met hul hare sukkel, kan sien hulle het niks om voor skaam te wees…

f0004-01
3 min
boodskappe

Trane, trane, nog trane wat vloei. Hierdie storie (Gered deur Genade, 11 Junie) vat my terug na 22 Desember 2015. Die tyd toe ek en my familie en ’n vriend ookin’nonge-onge luk was. Presies dieselfde wat hier gebeur het – die wiel het gebars en toerol die kar. Soos ek die berig lees, speel speel daardie toneel weer voor my af. Ekweet nie hoelank ek uit wasnie, maar toe ek my oë oopmaak, sien ek my twee kinders lê albei buitekant. Oh mens, dit was die verskriklikste ding om te sien. Myhartisnou so pap, wantmy vierjarige daai tyd het die meeste seergekry sooshierdie seuntjie. Wat vir my ook so oorweldigend is, is wat hierdie mamma sê: “Maar hoe kan’nmens hoopvol bly as jou kindjie so gebreek voor jou lê”. Ek…

f0004-03
1 min
karoocombo

Ons tweede streeks-Combo is hier! En hierdie keer reis ons na die uitgestrekte vlaktes en dorpies van die Karoo om net die beste resepte van dié deel van ons land met julle te deel. KarooCombo is vol van ’n verskeidenheid resepte wat vir jare hul merk op ons koslandskap gemaak het. Van tradisionele resepte soos afval en roosterkoek, tot gebak soos gemmerkoekies en beskuit. Die Karoo is bekend vir sy vleis en ons fokus op skaapvleis (lam), asook wildsvleis en ander vleisgeregte. KarooCombo is ’n bêreboek en ’n móét om by jou Combo-versameling te voeg. Te koop vanaf 3 Julie 2020 injou Kuier-winkel teen slegs R29!…

f0005-01
1 min
kom kyk ons online events!

Met die lockdown kan ons nie fisies funksies bywoon nie, maar met al die rondsit by die huis is ons almal lus vir bietjie uithang of vir ’n nuwe ervaring. Woon gerus virtueel een van ons online events by! DOEN DIT SÓ: • Ons kondig die events aan op ons Facebook-blad. • Funksies word deur ’n digitale platform-program CROWDCAST gespeel. • Kliek op die skakel: https://www.crowdcast.io/e/kuier Kliek dan op KLIEK HIER OM JOU PLEK TE BESPREEK. Jy sal gevra word om met jou e-posadres te registreer en sal ’n e-pos ontvang waar jy dit bevestig. • Sommige funksies is gratis, maar as ’n funksie vereis dat jy ’n kaartjie koop, sal jy ’n link per e-pos ontvang en só betaal en registreer vir die funksie. • Onthou, jy het ten minste 400 MB data nodig om die…

f0005-02
5 min
wenke watwerk

ANTWOORD Daar is min dinge wat jou bui so kan belemmer soos ’n maag wat lol. Hoewel almal op ’n stadium met winderigheid sukkel, is dit erger vir party mense. Dis ongemaklik en selfs seer. Daar is gelukkig ’n paar goed in jou kombuis wat verligting kan bring. • Gemmer help jou verteringstelsel aan. Hoe vinniger jou maag leeg word, hoe vinniger kan gasse in jou dunderm inbeweeg om verligting te bring. Ander kruie en speserye wat kan help is chamomile, dill, fennel, basil, cumin, pietersielie en peperment. • Probiotics is ook goed vir winderigheid, so eet baie jogurt, kefir of sauerkraut. • Spanning kan ook winderigheid veroorsaak, so probeer om te ontspan met joga, meditasie of terapie. Jy kan ook ’n paar veranderinge in jou daaglikse roetine oorweeg: • Eet stadig en kou jou kos…

f0006-01
3 min
vind jou ware geluk

Ons byna koorsagtige gejaag na groter hektare, blinker karre en meer grade het oor die afgelope twee dekades van ons ’n baie ongelyke, individualistiese samelewing gemaak waar elkeen net sy eie belang nagestreef het. Ons mantra was: “Elkeen vir homself en God vir ons almal”. Ons het ons liggame, asof dit masjiene is, uitverhuur en té veel ure begin insit. Die oormaat materiële besittings het ons sosiale status verhoog en só het ’n wedloop begin. By die familiebegrafnis of in die lokasielane moes jy die beste grondboontjie in die pakkie wees. Toe halt die grendelstaat ons triomfantlike lopie en beklemtoon boonop, meer as ooit, die sondige gaping tussen dié wat het en dié nie-hetters. God se wil was nog altyd harmonieuse naasbestaan tussen mens en dier, daarom moet ons nou die geleentheid…

f0008-01