ZINIO logo

Kuier 8/19/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

8 min
hallo my kuier-mense,

Altesaam 8 978. Dís presies hoeveel dae ek by Media24 gewerk het. Ek het nogal nie getel nie, dis Google wat daai syfer uitgeskop het. Dis 24 jaar en ses maande – ek het nie my 25 volgemaak nie. Maar maak nie saak hoe jy dit stel nie, dit was ’n lang tyd. ’n Leeftyd… En nou is daardie lewe verby. Die span is op 31 Julie retrenched (tegnies het ons en die maatskappy ”ge-separate”). So nou voel ek asof ek deur ’n divorce gaan al was ek nog nooit getroud nie! En al die stories wat ons al gedoen het oor afleggings en die finansiële en emosionele tol wat dit eis, het nie veel gehelp nie, want dit is regtig anders as dit met jóú gebeur. Dis ’n vlak van angs…

f0004-01
5 min
wenke watwerk

ANTWOORD Tuingereedskap is duur en ’n mens wil nie gereeld nog koop net as gevolg van roes nie. Maak só om jou gereedskap te red: • Die maklikste metode is om jou gereedskap oornag in 50% asyn en 50% water te week. • Skrop dit dan met staalwol, ’n borsel of opgefrommelde foelie. Jy moet die roes afskrop in sirkelbewegings. As dit weg is, spoel die item af in seperige water en dan weer in skoon water. • Hang dit op om droog te word en smeer dit dan met olie. • Jy kan ook ’n blikkie Coke, sterk swart tee of sout en suurlemoensap en ’n stuk opgefrommelde foelie gebruik om die roes weg te skrop. • Om roes in die toekoms te keer, maak jou gereedskap skoon nadat jy dit gebruik het met ’n…

f0006-01
11 min
denise nou grys énwys

Die meeste vroue sukkel so ’n bietjie om met die oudwordproses te deal. Dit voel asof alles ’n bietjie meer begin hang en kreukel, jou bydrae tot die samelewing verminder en jou drome al hoe meer begin kwyn. Maar die beeldskone Denise Newman (66), tans bekend vir haar rol as die feisty Bridgette in die gewilde sepie Suidooster, laat oudword grasieus, elegant en opwindend lyk. Dis asof sy, soos ’n goeie wyn, net beter raak soos wat die jare aanstap. Sy bewys ook as jy hard werk om jou talente te ontgin, oud selfs die nuwe jonk kan wees in die tawwe vermaaklikheidsbedryf. Denise is al haar hele lewe lank in die vermaaklikheidsbedryf, maar professioneel vanaf 1979 – ’n allemintige 41 jaar! “Ek was baie gelukkig om na ’n baie goeie laerskool…

f0008-01
12 min
shinená seer

Toe die oorlede musieklegende Taliep Petersen se seun, Ashur (28), verlede jaar die musiekwêreld soos ’n storm tref en sy dogters, Jawaahier (34) en A’eesha (31), ook hul stempel in die vermaakbedryf begin afdruk, het die oorvloed talent wat in die Petersen-kinders se are vloei, mense laat regop sit. Maar dit was ’n video wat Ashur op sosiale media gelaai het waarin hy die Disneytreffer“ A whole new world”saam met sy ma, Madeegha Anders, sing, wat die fokus 100% teruggeplaas het op sy ma. Wie was hierdie ouer vrou met die ongelooflike suiwer en kragtige stem? En hoekom hoor ons nou eers van haar? Hierdie video het die Kuier-personeel in vervoering gehad en dít was van die vrae wat opgekom het. Soveel so dat ons Madeegha geboek het om verlede jaar…

f0012-01
6 min
tuis in háár vel

“I am not my hair, I am not this skin, I am the soul that lives within…” Baie mense het seker al dié liedjie deur India Arie op die een of ander tyd in die spieël vir hulself gesing in die hoop dat society verby die oppervlak sal kyk en die mooi sal soek in diegene wat anders, maar steeds absolutely beautiful is! Linzé Saal (23) van Bluedowns in die noordelike voorstede van Kaapstad sukkel al sedert sy kan onthou met psoriase – ’n veltoestand wat veroorsaak dat haar liggaam die meeste van die tyd oortrek is met ’n veluitslag. Al moes dié vrou haar welige bos hare afsny as gevolg van dié toestand en sy al by die Here gepleit om ’n einde te maak aan alles, is dit nou juis haar…

f0016-01
6 min
droom & druk deur!

Genevieve Mannel (42) van Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte, oftewel Genny vannie Plain, is die toonbeeld van die spreekwoordelike frase“aanhouer wen”. Dié vrou moes al harde klippe kou om haar drome te bereik, maar sy glo dat geen mens sonder mislukkings kan leer nie. Dit sorg immers vir ervaring én dit bied ’n bitter goeie leerskool. Tou opgooi was nog nooit ’n opsie vir dié goose van Rocklands in die Plain nie. Sy het van kindsbeen geweet dat sy hard moet werk om bo haar omstandighede uit te styg. En met haar kanniedood-houding en die vermoë om inligting soos ’n spons op te slurp, het sy jaar ná jaar net ’n bietjie hoër die korporatiewe leer geklim. En vandag staan sy aan die hoof van Cipla se IT in Afrika…

f0018-01