ZINIO logo

Kuier 9/2/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

4 min
hallo my kuier-mense,

Dis lente, maar glad nie die heerlike lente waaroor ek op laerskool gesing het nie! Ons is midde-in ’n pandemie wat die hele wêreld in ’n wurggreep het en net nie wil laat los nie. Meer as halfmiljoen Suid-Afrikaners het reeds positief getoets vir Covid-19 en ons het al duisende burgers aan die virus afgestaan. Dan is daar die erge ekonomiese gevolge van die inperking wat beteken miljoene sit sonder werk en dus sonder kos. Die winter van 2020 het beslis sy tol op almal van ons geëis… Maar dis juis wanneer dinge op hul donkerste is, wat ons nuwe waardering vir die lig in ons lewens kry. So hierdie uitgawe is een van dankbaarheid om ons te herinner aan wat ons het en nie wat ons verloor het nie. Dis ook…

f0004-01
1 min
kom kyk saam!

Asjynog nie een van Kuier se online events gesien het nie, het jy sommer baie misgeloop! Dit was só gewild datons voortgaan daarmee en jy kan Auitsien na nóg online magic. Kuier het onlangs drie online events opgeneem by die Homebrew Film Studios, spesiaal vir julle. Die event Meisie, kyk hoe lyk jou hare, geborg deur BLM for natural hair, het behoorlik almal laat gons en met nuwe oë na hul harriets laat kyk! Ons joernalis Chrislynn Siasis die aanbieder. Bydie event gee sy en haar gaste vir jou praktiese raad vir jou hare. Kyk uit op Saterdag 5Septem-ber vir hierdie funky encool online event, ons weet julle gaan dit sommer weer geniet. Daar is altyd lekker pryse op die spel as julle saamgesels. Chrislynn gesels in die jongste uitsending met ’n…

f0005-01
1 min
winterskool is live

Ná maande se gespook agter die skerms, is die Kuier Rapport Matriekklas 2020-projek (voorheen die Kuier Winterskool) live op Netwerk24! Die tolvrye hulplyn wat matrikulante wat sukkel sal help met hul skoolwerk of ander psigososiale probleme, is ook in werking. Dié hulplyn (080 111 2234) is ’n fantastiese hulpmiddel en toevoeging tot die projek, omdat onnies regstaan op hierdie hulplyn om te help as jy vrae het oor die agt vakke wat gedek word. En as die stres ’n bietjie erg raak, kan matrieks én ouers dié hulplyn bel vir sielkundige hulp. Maar onthou die sielkundige bystand is net beperk tot matrieks en hul skoolwerk; niks anders nie. “Ek moedig matrikulante en hul ouers aan om dié hulplyn te gebruik, want nou kan matrieks nie net met hul skoolwerk gehelp word nie,…

f0005-05
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek sukkel vreeslik met allergieë, veral wanneer die seisoene verander. Lente is altyd die ergste. Help asseblief! NIESERIGE NELLIE, NELSPRUIT ANTWOORD Probeer om jou vensters en deure toe te hou, veral as die wind waai. Dit sal keer dat stuifmeel in jou huis waai. Elke keer as jy in die huis instap, bring jy klein deeltjies van die buitewêreld saam. Los jou skoene by die deur, stort en trek vars klere aan as jy by die huis kom. Dra maar daai masker getrou – dit help nie net teen Covid-19 nie, maar dit keer ook dat jy triggers vir jou allergie inasem. Dra dit selfs as jy stofsuig of in die tuin werk. Eet gesond – probeer om ten minste een vrug of groente saam met elke maaltyd te eet. Veral druiwe, appels,…

f0006-01
4 min
’n nuwe begin

Prediker 3:1“Alles het sy bepaalde tyd, en vir elke saak onder die hemel is daar tyd.’’ Miskien tel jy soos ek die dae af in opgewondenheid dat winter amper verby is. Die gedagte van sonnige dae, bome wat bot, asook die dae wat langer word en die nagte korter bring ’n opgewondenheid van God se skepping. Lente laat jou bewus word van ’n nuwe seisoen wat aanbreek en die gedagte dat die winterklere vir ’n jaar lank weggepak gaan word, laat jou hart dalk bokspring. Terwyl lente weer ’n groeiseisoen aandui vir plante en die wêreld weer groener word, begin die diere ook met hul broeiseisoen. Die miere sal verseker sy verskyning maak en hulle kom verlustig in die suikerblik. Kan dít gesê word van ons lewens? Is dit nie só dat…

f0008-01
1 min
bidvir tweede kanse

Spring, the season for rebirth, renewal & regrowth. QUOTESBLOG.NET yEBED Vader van die leërskare, dit was ’n diep koue winter, een wat ons nooit sal vergeet nie. Die winter van 2020 het ons gebreek, ons het groot verlies gely. Ons het geliefdes verloor, ons het ons werke verloor – ’n koue hand om ons harte. Waar sal ons hulp vandaan kom? In hierdie tyd het ons ons plek ingeneem by die U Voete. En net deur gebed en U genade sal ons die koue tye in ons lewens oorleef. U alleenlik is die lig in en ná ’n hopelose en donker tyd. Ons kom na U om te vra: Vat ons hande. Lei ons. Ons is opgewonde om te wandel in die weë van God. Help ons om te blom en te groei…

f0009-01