ZINIO logo

Kuier 9/16/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Dis Erfenismaand in die jaar 2020 en dus sal jou braai ook moet aanpas by die pandemie, maar dit beteken nie ons het nie rede om ietsie op die kole te gooi nie. Inteendeel, in hierdie tye moet ons juis na ons ryk verlede en erfenis kyk as bewys van wat ons nasie al alles deur is en hoe ons sterker anderkant uitgekom het. Hierdie terugblik is broodnodig in onstuimige tye sodat ons opnuut kan besef dat ons krag in ons diversiteit lê en dat ons elkeen se storie belangrik is en daarsonder sou Suid-Afrika net nie dieselfde gewees het nie. Dié boodskap word elke dag deur ons drie Voorbladsterre uitgedra en dis verfrissend om te hoor hoe positief hulle oor ons land en ons toekoms is, ondanks al die uitdagings…

f0004-01
2 min
facebook

Dis Erfenis-maand. Wie of wat sal jy sê het die grootste erfenis vir jou nagelaat en hoekom? My ma het altwee haar bene in ’n treinongeluk verloor. Sy was agterna die keuse gegee om tuis te bly, maar het geweier. Sy het met haar dood by Tygerberg-hospitaal as verpleegster gewerk. Haar positiewe ingesteldheid sal ek altyd onthou. Wat die lewe ook al na jou gooi, jy het ’n keuse hoe om dit te hanteer. MELANIE GILBERT BENHAM My ouma. Ek het by haar grootgeword en ek verwys nog elke dag na ons tye saam. Ek dink sy het my gemaak wie ek vandag is. En al het ons nie in weelde grootgeword nie, was daar altyd ietsie om vir iemand anders te gee wat dalk minder as ons gehad het. Dít sal ek…

f0004-02
3 min
kyk uit!

Ons tweede KuierCombo Wenke is hier! As jy die eerste een gemis het, moet jy gou speel en hierdie een kry, want dit is groter en beter! Dit bevat 1000 van die beste tips. Van spring cleaning in die verskillende seisoene, huishoudelike wenke (vir jou garage en wanneer jy braai of gaan kamp), wenke vir al die tuinmakers en oudergewoonte iets van alles! Ons het ook ’n seksie met die beste verfwenke – óf jy nou jou huis binne of buite wil verf. KuierCombo Wenke 2 is nou te koop vir slegs R29 by jou naaste Kuier-winkel! As my vrou my inwag met ’n swirlkous op haar kop, morning slippers aan haar voete en ’n gown aan. Met die huis nog deurmekaar en vuil skottelgoed wat my groet. En my vrou…

f0005-01
5 min
wenke watwerk

ANTWOORD ’n Stowwerige huis is glad nie pret nie, veral nie as jy met allergieë sukkel nie. En daai dust bunnies is nogal besonder grillerig! Om dinge te vererger, nooi stof stofmyte in jou huis in. Stof bestaan uit allerhande partikels, soos stuifmeel, dooie velle en vesels van klere en papier. Hoewel dit onmoontlik is om heeltemal klaar te speel met stof, is daar ’n paar maklike goed wat jy kan doen om dit onder beheer te hou. 1. Sit weekliks nuwe, skoon beddegoed op. Stofmyte is mal oor lakens, kussings en matrasse. 2. Hou jou kaste netjies. Klere (veral jasse) kan baie vesels verloor, dus is dit beter om dit in kleresakke, plastiekhouers of bokse te bêre. 3. Declutter jou vloer. Moenie hope klere, speelgoed, tydskrifte of boeke op die vloer ignoreer nie. 4.…

f0006-01
12 min
sa se katte

Op 24 September vier Suid-Afrikaners Erfenisdag. Dit is ’n dag om hulde te bring aan al die verskillende kulture en tradisies van ’n reënboognasie – die diversiteit én die eenheid van die land. Maar hoe ver het Suid-Afrika al werklik gekom sedert oudpres. Nelson Mandela op die eerste viering van hierdie dag in 1996 gesê het:“Toe ons eerste demokraties-verkose regering besluit het om Erfenisdag een van ons nasionale dae te maak, het ons dit gedoen omdat ons geweet het ons ryk en diverse kulturele erfenis het ’n ontsettende mag om te help bou aan ons nuwe nasie?” Van eenheid, diversiteit en diskriminasie kan jy die beeldskone Success Lekabe (31), Tussen Ons-aanbieder en Bok Radioomroeper met die streelsagte stem, niks vertel nie. Success het grootgeword in Potchefstroom in die Noordwes en in Bloemfontein…

f0008-01
11 min
koeëls eis ons kinders

Doodgeskiet terwyl hulle salig onbewus was van die dreigende gevare wat rondom hulle skuil. Drie onskuldige seuns, drie verkillende gemeenskappe, dieselfde hartseer. Dié seuns was almal slagoffers van die omstandighede rondom hulle… Die laaste paar maande was kinderveiligheid in Suid-Afrika opnuut weer bevraagteken toe drie minderjarige seuns enkele dae uitmekaar doodgeskiet is. Leo Williams (8) van St. Helenabaai in die Wes-Kaap het op Vrydag 21 Julie in hul huisie salig sit en televisie kyk toe ’n koeël hom in die kop getref het. Lede van die polisie se eenheid vir openbare geweld het Leo na bewering in die kop gewond toe hulle gedurende ’n protesoptog op inwoners losgebrand het. Leo het vir twee weke verbete om sy lewe in die Rooi Kruis-kinderhospitaal geveg. Sy stryd tevergeefs, want op 17 Augustus het hy gesterf. Clarence…

f0012-01