ZINIO logo

Kuier 9/30/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

4 min
hallo my kuier-mense,

Daar staan dit toe swart op wit op Kuier se beplanningslys vir 2020–dis nou die lys waarop ons lank voor die tyd voorlopig die temas vir toekomstige uitgawes beplan: uitgawe 1 Oktober 2020 = spesiale Hare-seksie (seker’n lekker, spekvet fout, maar hy staan daar in’n hoofletter, want ons weet dis’n belangrike en sensitiewe saak hierdie en ons neem dit beslis nie ligtelik op nie). Punt is, die spesiale tema vir hierdie uitgawe is al neergestip baie lank voor daar sprake was van die pandemie of’n sekere omstrede advertensie vir hareprodukte wat gesorg het vir groot moles! Ek sê nie dit beteken iets nie, ek sê net. En te veel mense het al te veel goed gesê wat kon gebly het, dus gaan ek maar my woorde tel en eerder aanbeveel dat…

f0004-01
3 min
antie flori en antie koelsoem

Hulle het skielik in ons lewens verskyn, oorgevat en gou legendes geword. En net soos hulle gekom het, het hulle ons lewens verlaat en’n groot leemte gelaat. Antie Flori Schrikker (67) is op Saterdag 12 September oorlede en antie Koelsoem Kamalie (72) het haar op 11 April 2020 vooruitgegaan. Hierdie twee geliefde anties van Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte het eers laat in hul lewe hul buiging in die openbare oog gemaak. Eers op die radiostasie RSG, later het hulle hul eie kosprogram, Flori en Koelsoem se Kosse, op Via (kanaal 147) gekry en later met hul kookboeke, Kook Saam Kaaps en Soettand. Gou het hulle die land aangegryp met hul hartlike huiskos en eerlike, opregte persoonlikhede. Antie Flori was larger than life. Jy het haar eers gehoor voor jy haar gesien het–haar uitbundige…

f0005-01
5 min
wenke wat werk

ANTWOORD • Tandepasta: Dit moet geen korreltjies inhê of’n gel wees nie. Druk’n bietjie op die krapmerk en vee dit saggies in sirkels met watte. Spoel dit af en maak droog met’n skoon lap. Herhaal indien nodig. • Koeksoda: Vat’n lepelvol koeksoda en meng dit met’n halwe lepel water om’n dik pasta te vorm. Smeer dit aan die lens met watte of’n sagte, skoon lappie in sirkels vir 10 tot 20 sekondes. Spoel af met koue water en droog af met’n sagte lappie. Herhaal indien nodig. • Karwaks: Smeer dit aan die lense met watte of’n sagte lappie. Maak dit dan skoon met’n ander sagte lappie. • Brass-, silwer-of metaalpolitoer: Smeer’n klein bietjie aan met watte. Vryf dit vir’n paar minute en verwyder dan die oortollige politoer met’n skoon, sagte lappie. Dié metodes is…

f0006-01
4 min
koester joutalente

In die tye waarin ons nou lewe, het ons almal een ding gemeen, ons almal sukkel om’n bestaan te maak. Die ironie van dit alles is dat daar slegter tye vir ons voorlê. Ons kan almal kla en sit en niks doen nie en toelaat dat die lot ons tref of ons kan opstaan en probeer om’n verskil te maak. Moeilike tye verg uithouvermoë, geduld en karakter. Dit verg dat jy jou talente gebruik. God het aan ons elkeen talente gegee. Hierdie talente moet die vermoë en potensiaal wat in ons is, na vore bring. As jy dit nie gebruik nie, kan jy nie jou omstandighede blameer nie en ook nie die plek van jou geboorte wat nie gunstig was nie. Maar hoe dit ook al sy, vanaf iewers sal jy…

f0008-01
1 min
laat jou gawes groei

GEBED Liewe Heer, U het ons geskape na U beeld. Almal is verskillend. Netso het U ons elkeen verskillende talente gegee. Vader, help ons om ons talente uit te leef. Veral in hierdie onsekere tye waarin ons onsself bevind. Talente is gawes van God. Dit is iets waarmee ons gebore is. Om’n gawe te hê, om te kan skep, teken, skilder, sing, koek bak, of wat ook al, is reguit uit God se Hand. Dis Sy geskenk aan ons. Here, help ons om ons talente te ontdek en daarmee te woeker, net soos U dit wil hê. Lei ons om’n bestaan uit ons talente te maak sodat ons na ons families kan omsien. By U is alles moontlik en ons weet U sal ons help om te floreer deur middel van ons talente. Amen Remember…

f0009-01
6 min
gelukkig & geseënd

Elke jaar hoop ons die volgende jaar gaan beter wees as die vorige een, maar vir baie mense is 2020 net een groot jaar van aanpassings en vreemde ervaringe. Vir die voormalige Mej. Suid-Afrika Tamaryn Green (26) kan jy niks daarvan vertel nie. Want nie net het sy uit haar tuisdorp (en-provinsie) verhuis nie, maar haar eerste jaar as’n gekwalifiseerde dokter is ook midde-in’n wêreldwye en dodelike pandemie! Toe dié pêrel van die Paarl in Desember verlede jaar die Wes-Kaap vir Gauteng verruil het vir haar internskap, het sy geweet 2020 gaan’n jaar van baie eerstes vir haar wees. Maar selfs sy het nie geweet presies hoeveel dié jaar haar in’n kort tydjie oor haarself en haar beroep sou leer nie. moeite werd Tamaryn het vanjaar eers al haar ander verpligtinge opsygeskuif om…

f0010-01