ZINIO logo

Kuier 10/14/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense

Die laaste paar maande (ag, kom ons sê sommer die hele 2020!) voel dit vir my asof ek saam met die hele mensdom vasgevang is in ’n riller van ’n realiteitsprogram. En nes jy dink die ergste is sekerlik nou verby, dan tref die volgende skokgolf. Wie sou nou aardbewings in die Kaap voorspel? En al het ek niks gevoel nie, het dít my nogal vir ’n ses geslaan! Wat op dees aarde is volgende? Maar dan herinner ek myself vinnig hoe gelukkig ek is om ten spyte van alles wat al hierdie jaar gebeur het, steeds so baie het om voor dankbaar te wees. Ons is nou net meer as 200 dae in Suid-Afrika se lockdown. In hierdie tyd het Covid-19 alles en almal oorheers. Alles is in die lig van die…

f0004-01
2 min
facebook

Wat is die snaaksste ding wat jy al by ’n troue gesien het – iets wat jy nie gou sal vergeet nie? As jy by ’n trousaal inkom, is daar altyd n groot vrugterangskikking. As jy ná ete uitkom, is al die gaste nog in die saal, maar die vrugte is weg. Ek wonder altyd. MICHELLE CYSTER By my vriendin se photo shoot het hulle in ’n bootjie op ’n dam gaan foto’s vat. Toe sy op die bootjie klim, val dit met haar om – hare en rok was alles sopnat! Hulle moes nog saal toe … Gelukkig was die man nog nie op die bootjie nie. CINDY SKIPPERS My dogter en haar man se trougeskenk wat ons as ouers vir hulle gegee het, was by die onthaal gesteel. ’n Koevert met…

3 min
rus sag, dr. danny

Op Vrydag 18 September het ’n groot gees ons verlaat. Dr. Danny Titus (63), oorspronklik van Worcester, was onder meer die voormalige uitvoerende hoof: korporatiewe aangeleenthede by die ATKV, en voorheen ook kommissaris van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. Hy het diep spore in ons taal en kultuur getrap en hom op sy waardige manier vir menseregte beywer. Volgens die ATKV is dié regsman, taalman, historikus en meningsvormer se nalatenskap een van groter begrip en inklusiwiteit oor die kleurgrense heen. Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, sê dr. Titus se afsterwe het ’n groot leemte gelaat en sy leierskap, integriteit en empatie sal haar altyd bybly. “Hy was die regte man op die regt tyd.” Dr. Titus was sedert die einde van Julie vanjaar in ’n koma ná komplikasies om ’n katarak te verwyder.…

f0005-01
1 min
wenners

SPAR-GESKENKBEWYS: Jenny Ibbitt, Doornpoort; Pieter Sinclair, Vanrhynsdorp; T.B. Prince, Hanover Park; Gwendoleen Piers, Ravensmead; Liz du Preez, Brits; Stephanie Abrahams, Port Elizabeth; Dinah Williams, McGregor; Reg Prinsloo, Villiers; Reinetta Mongie, Brackenfell; M. Gabriels, Belhar. CLOVER-GESKENKPAK: Annette van Reenen, Steenberg. BLACK DOG-GESKENKPAKKE: Dean Robertson, Stellenbosch; Ben Prinsloo, Trichardt; Benny Jacobs, Ceres. BRAAIBAAS-T-HEMDE: Petrus Rooi, Caledon; Elaine Mulder, Montagu; Petro Hyman, Dwarskersbos. JAN BRAAI-BOEKE: Henrietta Apollis, Athlone; Kate Carolusen, Atlantis; Margaret de Jager, Ninapark; Veronica Botman, Belhar; Bonnie Steyn, Roodepoort.…

6 min
wat werk

ANTWOORD So handig soos wat antiperspirant is om sweet te beveg, so moeilik kan dit wees om die vlekke uit te kry. Maar moenie jou klere weggooi voordat jy nie hierdie wenke probeer het nie. (Dit is belangrik om eers die wenke te toets op ’n klein deel van die materiaal om seker te maak dit sal nie die item beskadig nie.) • Sout is veral handig wanneer dit kom by ou vlekke en is veilig vir wit en ander kleure. Maak die gedeelte met die vlek nat ek sprinkel ’n bietjie sout oor. Los dit só vir agt tot 12 uur. Maak dit weer nat en sprinkel nog sout oor. Vryf die materiaal effens. Was dit nou soos gewoonlik. • Maak die vlek nat met asyn en los oornag. Was dit dan…

f0006-01
6 min
geanker in hul geloof

Van hartseer en verlies kan jy vir pastoor Derrick Schroeder (56) en sy seun, Ricky (29), van Parow in die Kaap niks vertel nie. Dié pa en seun moes al erge storms trotseer, maar meen met behulp van die Here en die krag van gebed is enigiets moontlik! Kuier-lesers sal vir pastoor Derrick herken as die pastoor wat die boodskap van bemoediging bring op Kuier se Loof Hom in Lockdown-dienste op Facebook. Sy seun, Ricky Schroeder, is ook geen vreemdeling nie en wys gereeld sy spiere op die stel van kykNET&kie se Tussen Ons-geselsprogram. Hy is ook ’n radio-aanbieder by die Kaapse radiostasie, Good Hope FM. Dit is egter wanneer jy die besonderse verhouding tussen die pa en seun sien dat jy meer wil weet oor hierdie pa-en-seunduo. En wanneer ’n…

f0008-01