ZINIO logo

Kuier 10/28/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

8 min
hallo my kuier-mense

Die jaar staan nou einde se kant toe en vir sommige kan dit nie gou genoeg kom nie, want vir talle voel dit asof die riller wat 2020 is, vir ewig aanhou. Die goeie nuus is dat selfs 2020 nie die verloop van tyd kan keer nie, maar ek het so ’n gevoel dié jaar gaan nóg ’n verrassing of twee oplewer. Dalk is dit net my vrees wat praat, maar die afgelope tien maande het die mensdom gewys ons is eintlik nie so in beheer soos wat ons graag wil glo nie. Maar ons het ook besef wat regtig saak maak in die lewe en dis jou geliefdes wat deur dik en dun by jou staan. Ek dink dis daarom dat die stories oor mensehandel en die gewetenlose moord op…

f0004-01
6 min
wenke wat werk

ANTWOORD Met die lekker warmer weer kom die goggas, die goggabyte en die verskriklike gejeuk. Dit jeuk gewoonlik omdat jou immuunstelsel aan die werk is om die infeksie te beveg wat die muskiet of ander gogga se gif veroorsaak het. Jou liggaam stel outomaties histamine vry wat jou nerwe irriteer en laat jeuk. Die belangrikste is om nie te krap nie, want dit kan infeksie veroorsaak. Maar dis gewoonlik makliker gesê as gedaan … Gelukkig kan jy jou eie anti-jeukroom maak wat vir die meeste goggabyte sal werk. Wat jy nodig het: • Antihistaminetablette• ¾ koppie warm water• 45 g instant oats• Koeksoda• Aloe veraplant of -gel• 15 g droë basiliekruid• 60 g witch hazel• 15 druppels tea tree-olie• 15 g naeltjies (opsioneel) 1. Verkrummel die tablette en gooi ’n paar druppels water by…

f0006-01
6 min
quinne vind vrede

Quinne Brown (41) is al ’n bekende gesig op Suid-Afrikaanse TV. Twintig jaar gelede het sy in ons harte ingekruip as die effens verstrooide Connie van der Lecq in die gewilde sepie 7de Laan. En net soos haar karakter deesdae vir ons wys, het Quinne ook vele fasette aan haar persoonlikheid en dit wat jy op die oog af sien, is nie al wat jy kry nie! Quinne se karakter het die Laan in 2003 verlaat en kykers was hartseer omdat sy so geliefd was. So toe sy weer in 2016 haar verskyning in die Laan maak, was aan-hangers van dié sepie aangenaam verras. Maar tog wonder almal wat het van haar geword in“those missing years”? Ná drie jaar in die Laan het sy besluit om in 2003, nadathaar pa oorlede is,…

f0008-01
12 min
kinkels in kinnear-saak

Vir landsburgers was hy die man wat gesorg het dat geregtigheid sal geskied. Vir mense in die kriminele onderwêreld was hy een van die grootste bedreigings. Vir joernaliste die kalm ondersoekbeampte en speurder met die grinnik wat altyd met dossiere onder die arm geloop het. Vir die gemeenskap en jeug was hy ’n steunpilaar. Vir sy kinders die beskermer en liefdevolle pa en vir sy vrou die liefde van haar lewe … Dít was lt.kol. Charl Kinnear (52) wat op 18 September 2020 koelbloedig vermoor is. Sy sluipmoord is ’n dolk in wetgehoorsame Suid-Afrikaners se harte. Dit is een wat koue rillings langs menige se ruggrate afgestuur het en gesorg vir groot opskudding en omstredenheid in die land se regstelsel. Dié top cop was ’n bevelvoerder van die teenbende-eenheid in Kaapstad wat verskeie…

f0010-01
6 min
christo bou getrou

Om seker te maak 58 miljoen Suid-Afrikaners het kos, is ’n 24-uur-per-dag-werk. Daarom het die hele land onlangs ’n sug van verligting geslaak toe Christo van der Rheede (56) as die nuwe uitvoerende direkteur van Agri SA aangestel is. Dit is die eerste keer in dié 116-jarige organisasie se bestaan wat ’n man van kleur dié leisels in die hand het. Christo is op die sendingstasie Goedverwacht in die Wes-Kaap gebore. Vandag woon hy en sy vrou, Merlyn, in Pretoria. “Ons het aan die begin agter die bed weggekruip as die donderweer kom slaan,”lag hy uitbundig. Dit is moeilik om te dink ’n laerskoolmusiekonderwyser staan nou aan die hoof van een van die belangrikste liggame in Suid-Afrika. Maar tog het hierdie ervaring, en eintlik sy hele lewe, hom toegerus vir hierdie belangrike verantwoordelikheid. “Onthou nou,…

f0014-01
12 min
weg in’n oogwink

Dis sekerlik enige ouer se grootste nagmerrie: Terwyl jou aandag vir ’n oomblik afgetrek is, slaan gewetenlose misdadigers toe en gryp jou kind. Vrese oor kinderontvoering en daarmee saam mensehandel het die laaste ruk amper in paniek ontaard nadat ’n man helder oordag probeer het om ’n kind van ’n restaurantstoep in Florida, Johannesburg, te ontvoer. Op ’n video van die voorval kan gesien word hoe die verdagte oor die reling spring en die kind probeer gryp. Danksy ’n restauranteienaar met opleiding in Oosterse gevegskuns, is ’n tragedie in hierdie geval afgeweer. Nie lank daarna nie het ’n egpaar van Germiston tot hul afgryse besef dat ’n man by ’n kruising besig was om hul kind deur die motor se oop venster na buite te probeer trek. Terwyl die vrou desperaat aan haar…

f0016-01