ZINIO logo

Kuier 11/11/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense

Dié uitmergelende jaar staan nou uiteindelik einde se kant toe, maar die feestyd lê voor en ons sal moet seker maak dat ons dit met die regte gesindheid ingaan. En daarvoor is hierdie uitgawe net die regte medisyne! Elke storie het my gemoed gelig en maak nie saak watter kant jy begin nie, daar sal iets wees om jou siel te salf. Ek is maar outyds en vat die boek van voor af en vir voorbokke soos ek, gaan die Boodskap stilte bring. Maak nie saak waar jy is wanneer jy hom lees nie, jou siel gaan tot ruste kom en jy gaan stil raak en wil dankie sê. Dan is dit natuurlik altyd goed vir die siel om in iemand anders se geluk te deel en as ek so na die…

f0004-01
2 min
facebook

Wat is van die kosbaarste herinneringe in jou lewe wat jy graag weer wil herleef? Wanneer ek en my suster toestemming gekry het om club toe te gaan, maar my ma alreeds die hekke toegemaak het. Ons moes met hakskoene en al die hekke oopdra, maar club toe wil ons gaan. CHARLENE WILLIAMS Om my matrieksertifikaat te kry op 53 jaar oud. Dit was harde werk en om die vrugte van my harde werk te sien, is een van my beste herinneringe. MARSHA MAKER Treinritte vanaf Kimberley na Kaapstad. Dit was veilig en pret. Lang stoppe by De Aar waar die stoomtrein geruil is met die elektriese enjin. Ons het dan vinnig iets gaan koop by die stasiewinkeltjie, hoewel daar klomp lekkernye in die padkosblikkie was. ABEDAH CASSIEM DAVIDS Toe ek nog op laerskool…

f0004-04
2 min
hallo, mej. sa!

Ons nuwe Mej. Suid-Afrika is Shudufhadzo Musida (24) van die village Ha-Masia in Limpopo! Net soos met Zozibini Tunzi, Mej. Suid-Afrika en Mej. Heelal 2019, staan Shudufhadzo se skoonheid uit. Shudufhadzo het ’n BSocSci-graad filisofie, politiek en ekonomie aan die Universiteit van Pretoria verwerf en voltooi tans ’n BA-honneursgraad in internasionale betrekkinge aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hier antwoord Shudufhadzo, wat tans in Johannesburg woon, ’n paar van ons vrae om haar beter te leer ken: HOE SAL JY JOUSELF BESKRYF? Ek sal wil dink ek is snaaks, maar ek is nie seker nie! Ek dink ook ek is ’n sterk persoon en ek is hardwerkend en gaaf. VERTEL ONS MEER VAN JOU FAMILIE. My ma, Thandi (42), is ’n eiendomsagent en ek het ’n jonger sussie, Zwonka (14), wat in graad agt is. My…

f0005-01
1 min
wenners

ESSENCE HAMPER: Brenda van Riel, Durbanville; Lizzie Moses, Vleesbaai; Adiela Kamish, PE; Nadine Manuel, Langebaan; Veronica Botman, Belhar; Linda Delport, George. ECO STYLE HAMPER: Gwennie van Riel, Stellenberg; Yvonne Levendal, Matroosfontein; Natalie Africa, Bethelsdorp; J. Boshoff, Piet Retief; Muriel Jones, Blackheath; Yvette Esterhuizen, Ceres. MY NATURAL HAIR VOUCHER: JS Moss, Amanzimtoti; Gino De Kock, Kraaifontein; Anna Basson, Citrusdal, Lydia Kleynhans, Randfontein; J. De Jager, Paarl; Gean Morton, Kleinmond. TWISTED SISTA HAMPER: Jean Burgess, Grahamstown; Felicia Maasdorp, Upington; Ronelle Joseph, Strand; Kotie Turvey, Pretoria; Cynthia Africa, Klipspruit-Wes; Marliese van Bekkum, Boordfontein. CLOVER HAMPER: James Smith, Eersterivier.…

5 min
wat werk

ANTWOORD Raak só ontslae daarvan: • Was jou gesig twee keer per dag en ná oefeninge. Was gereeld jou kussingslope. • Exfoliate gereeld met ’n sagte skrop om dooie velle te verwyder. Koeksoda is ’n natuurlike exfoliator. Maak ’n pasta met water en smeer aan die swartkoppie-area. Gebruik jou vingers om vir ’n paar minute saggies te skrop en was dan af met water. Doen dit twee keer per week. • Maak ’n skrop met suurlemoen, heuning en sout. Smeer aan. Ná vyf minute, masseer dit saggies in sirkels en los aan vir nog vyf minute. Was af met louwarm water. Herhaal drie keer per week. Jy kan ook oats, suiker, sout of koffie probeer. Keer dit só: Vermy self-tan-produkte, moenie te veel produkte op dieselfde tyd gebruik nie en smeer gereeld bevogtiger aan. Moenie…

f0006-01
4 min
wees altyd dankbaar

Dit was November 2007. Ek is pas bevestig as predikant in die gemeente Dysselsdorp in die Suid-Kaap. Met afwagting het ek vroeg die Sondagoggend Oudemuragie toe vertrek vir ’n feesdiens, my eerste in die gemeente. Ek sien toe twee bejaardes loop. Ek het by hulle stilgehou en gevra waarheen hulle op pad is. Hulle is ook op pad Oudemuragie toe om die diens van die nuwe dominee by te woon. Ek het hulle ’n geleentheid gegee en tot my verbasing uitgevind dat hulle op De Rust woon en elke Sondagoggend getrou stap na Oudemuragie-kerk (meer as 10 km) om die erediens by te woon. De Rust se gemeente was “locked down” omdat daar nie meer genoeg lede was nie, maar hulle het niks ontsien om by die huis van die Here…

f0008-01