ZINIO logo

Kuier 11/25/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Die feestyd het met mening aangebreek, maar vanjaar is alles anders en dís dalk nie ’n slegte ding nie. Die fokus het beslis verskuif van die kommersiële na wat regtig saak maak en dis familie, gesondheid en gehaltetyd saam, want dit kan geen geld koop nie. Dis ook waarop die klem val in hierdie uitgawe en die boodskap wat Elana Afrika-Bredenkamp en haar pragtige dogters so mooi op die voorblad uitstraal. En al gaan ek vir Boney M. en al die blink liggies mis, beteken dit nie daar gaan nie pret en plesier wees nie, want nie eens Covid-19 kan Kersfees kanselleer nie! Dit is ook veral in dié tyd dat ons aan ons naastes dink wat dit dalk nie so breed het nie of vanjaar ’n leë sitplek aan die Kerstafel…

f0004-01
4 min
facebook

Desember plaas ongewone finansiële druk op die meeste gesinne. Veral Kerstyd. Dit is ’n tyd vir gee. My voorstel is gee aan dié wat minderbevoorreg is ’n geldjie, ’n kossie, klere of ’n tassie. Dan kan ons verjaardae groot gaan. LORRAINE DE KLERK Ek sien nie uit nie; dis al die laaste paar jaar dat ek nie uitsien nie. Ek is net dankbaar vir my en my gesin se gesondheid. En al het ons nie die voorreg om ’n Kersmaaltyd en geskenke soos ander te kan gee nie, is ons dankbaar dat God ons elke dag dra en ek bid en vertrou soos al die ander jare dat dinge vir ons ook eendag sal regkom. Ek soek nie vir rykdom nie; net ’n gemaklike, gelukkige lewe en dat ek nou en…

f0004-03
1 min
laaste aanlyn kuier vir 2020

Die jaar 2020 het groot uitdagings vir almal gebring – ook vir die Kuierspan en al die inperkings het basies gesorg dat ons nie vanjaar een van ons gewilde events kon hou nie. Maar ons het daai spesiale interaksie met ons lesers te veel gemis en besluit om ’n plan te maak. Só is ons online events gebore wat gratis op ons Facebook-blad gewys is. Dit het ook lesers buite die Kaap die geleentheid gegee om deel te wees van ons events. Die eksperiment was ’n groot sukses en lesers het by die duisende gekyk en saamgesels. Ons wil dankie sê vir almal wat deelgeneem en ons ondersteun het en gaan die jaar op ’n hoë noot afsluit met ons laaste online events vir die jaar. Jy wil beslis nie die…

f0005-01
4 min
wenke wat werke

ANTWOORD Maak só om jou suiker weer los van mekaar te kry: • Gooi die suiker in ’n bakkie. Maak papierhanddoeke klam. Bedek die bakkie met die handdoek en sit in die mikrogolfoond vir 10 sekondes op ’n slag totdat dit weer korrelrig is. Steek die suiker met ’n vurk tussenin. Wees versigtig – die suiker word vinnig baie warm. • Jy kan ook ’n sny vars brood in ’n lugdigte houer sit saam met die suikerklonte. Ná omtrent ’n dag behoort die suiker weer bruikbaar te wees. Verwyder die brood sodat dit nie muf nie. Jy kan ook ’n appelskyf gebruik in plaas van brood. BRON: ARMAGAZINE.COM/35JL1D0 WENK GESOEK Hoe kry ’n mens bloedvlekke uit ’n matras? ANTWOORD Maak só om van bloedvlekke ontslae te raak: • As die bloedvlek nog vars is, behoort dit op te los…

f0006-01
12 min
familie bly bo

Elana Afrika-Bredenkamp (40) is een van die bekendste gesigte in Suid-Afrika en haar skedule is so vol dit is amper onmoontlik om haar vas te pen vir ’n geselsie. Maar vir hierdie ma-preneur, gewilde radio-omroeper, TV-aanbieder, aktrise en sakevrou is haar familie haar topprioriteit. Wanneer dit kom by haar dogters, Esther Beth (5) en Annabelle (3), kan Elana nie uitgepraat raak nie. “Ons het baie sterk dogtertjies gekweek. Ek moet sê, so klein soos wat hulle is, my kinders is baie switched on oor baie goed. Ons leer hulle deur boeke, deur baie vir hulle te lees. Ons het al vroeg met hulle begin praat oor emosies, so hulle is baie goed daarin om uit te druk hoe hulle voel en daaroor te praat. “Hulle het ook baie sterk opinies, so ek moet…

f0009-01
6 min
katastrofe vir kat?

Dit het al ’n maand gelede gebeur, maar dit gons nou nog nadat die bekende TV-aanbieder Katlego Maboe, die goue seun met die oop glimlag, in ’n video erken het dat hy sy partner verneuk het. En as daar nou een ding is wat duidelik uit dié ontrouheidsage blyk, is dit dat min mense louwarm teenoor hom staan. Wat verder duidelik is, is dat dramas soos hierdie mense uit alle vlakke van die lewe oneindig boei – of dit nou plaaslik gebeur of oorsee met bekendes soos die megastar Beyoncé. Die versekeraar OUTsurance het ook klaarblyklik alle advertensies deur Katlego opgeskort hangende die bewerings teen hom, al het meer as 60 000 ontstoke aanhangers reeds ’n petisie onderteken waarin hulle eis dat Katlego sy kontrakwerk terugkry. Daar is ook groot ontevredenheid dat…

f0012-01