ZINIO logo

Kuier 12/9/2020

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Amper daar! Dís wat my hart sê, al waarsku my kop aanhoudend dat die nuwe jaar glad nie beteken die pandemie en al ons ander probleme gaan iets van die verlede word nie. Maar my hart is waar my hoop leef, al weet ek my kop is reg. So, al gaan hierdie feestyd allesbehalwe“normaal”wees, kies ek om die nuwe jaar met hoop in te gaan. Voor ons daar kom, is dit net reg dat ons in ons laaste uitgawe van die jaar ’n bietjie terugkyk op 2020, al weet ek dit is ’n jaar wat niemand gou sal vergeet nie. Die corona-pandemie was werklik allesoorheersend en die veranderings wat ons noodgedwonge ter wille van oorlewing moes maak, het ons almal tot die uiterste getoets en sommige tot breekpunt gedryf. Ons dink in…

f0004-01
1 min
facebook

Die jaar 2020 was niemand se beste vriend nie, maar wat is die een goeie ding of herinnering wat jy wegvat uit hierdie jaar? Die een goeie ding vir my was dat ek online eksamen geskryf het wat vir my ’n bonus was… Geen gestres! KAREN ESAU My beste herinnering is beslis die tyd toe een van my kollegas ons in ’n WhatsApp gevra het om ’n arm leerder te help met ’n kospakkie. Ons personeel het ingespring en uiteindelik het ons R25 000 ingesamel. Ons kon 250 kospakkies gaan uitdeel aan ons leerders. Die vreugde op die kinders en ouers se gesigte is vir ewig in my gedagtes. CARMEN BELINDA ROBERTS Die ses maande wat my man van die huis af kon werk, was wonderlik! Ons het soveel meer kwaliteittyd gehad en…

f0004-08
1 min
boodskappe

Ek haal my hoed af vir jou, Anisa (Fiks en fluks ná jare se hel, 12 November). Daar is so baie Anisas. As vrou belieg ons onsself om te dink hulle sal verander; dat dit sal beter raak, maar dit word weke, maande, jare. Mag God jou versterk, en ander vroue se oë oopgaan. NORMA JANUARY Vandag sewe jaar terug is ek en my dogter (toe 8) deur vreeslike trauma toe daar by ons ingebreek was en ek lelik aangerand was. Ek relate met Anisa (Fiks en fluks ná jare se hel, 12 November). Jy is ’n pragtige voorbeeld vir ons. HARRIET VAN SCHALKWYK…

1 min
geluk, marteli!

Wanneer dit by geldsake kom en om die nitty-gritty daarvan in verteerbare detail vir Kuier-lesers te vertel, is Kuier-joernalis Marteli Brewis goed. En só goed dat sy die naaswenner was in vanjaar se Sanlam Financial Journalism Awards se Consumer Financial Education-kategorie.“Dis ’n ontsettende eer. ’n Mens skryf nie vir pryse nie, maar dis tog ’n bewys dat die Kuier-span weet wat hulle doen en soos ons lesers lankal weet en die wêreld nou begin raaksien, maak dit wat ons doen, saak,”sê Marteli.…

f0004-07
4 min
kerswense van die kuierspan

Die jaar 2020 was een wat niemand kon voorspel nie. Ons is deur ’n wêreldwye pandemie in die gesig gestaar en so baie mense het geliefdes verloor. Maar selfs in ’n mens se donkerste tyd moet jy die lig soek. Die Kuier-span sê waarvoor hulle dankbaar is in 2020 en deel ook hul Kerswense met ons lesers. Gesondheid (sover) – van my geliefdes en myself. En ek wens vir world peace, régtig! KAY KARRIEM Vanjaar was’nbulletjie, maarhet my geleer“today’s curse is tomorrow’s blessing”. Gedurende lockdown het ek die geleentheid gehad om 24 uur van die dag saam met my kinders te spandeer.Dit was rof, maar dit was eintlik so spesiaal om hulle weer te leer ken as mensies in eie regentesien hoe hulle ontwikkel en floreer. Met die dat ons nou vandie…

4 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Hoe kan ek ontslae raak van swart kakkerlakke? ANONIEM ANTWOORD • Meng een deel versiersuiker en drie dele boric acid en sit dit op ’n bord daar waar die kakkerlakke jou pla. Hulle hou van iets soets en die suur sal hulle doodmaak. Jy kan ook appelasyn in jou dreine gooi. • Om te keer dat hulle in die eerste plek in jou huis kom, maak seker gaatjies en gleufies is oral toe. Kyk veral by jou deur. Jy kan selfs ’n fyn net oor jou vents sit. • Moenie kos vir die kakkerlakke los nie. Hou die vullissakke ’n ent weg van die huis af as jy kan. Begrawe jou komposhoop of gebruik ’n dromdeksel om die kakkerlakke uit te hou. • In die huis kan jy goed soos krummels en oorskietkos weggooi of…

f0006-01