ZINIO logo

Kuier 01/07/2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense

Die aanbreek van ’n nuwe jaar was lanklaas so betekenisvol soos hierdie een … Verlede jaar het ons getoets, maar nie gebreek nie. Van ons is erg gekneus deur die verlies van ’n geliefde, ’n werk of ’n huis. Daar was soveel lyding vir so baie van ons, maar soos die stories in hierdie eerste uitgawe van 2021 getuig, het die hartseer nie die hoop van ’n nuwe begin weggevat nie. Die wêreld sal voorwaar nooit weer dieselfde wees nie. En nog nooit was dit belangriker om letterlik en figuurlik ’n nuwe blaadjie om te slaan en die toekoms met nuwe hoop in te stap nie. Maak ook nie saak waar op jou lewenspad jy is nie, hoe jy jou reis hiervandaan voortsit, gaan die verskil maak. Baie goed was buite ons beheer…

f0004-01
2 min
facebook

Vir die nuwe jaar wil ek al die hartseer, negatiwiteit, bekommernisse, stres en ergernis agterlaat, en die nuwe jaar instap met meer geloof, vertroue, dankbaarheid, blydskap en vrede. Ons almal het genoeg hartseer en stres gehad. Ons moet dankbaar wees teenoor God en al die lof en eer aan Hom bring dat Hy ons deurgedra het deur hierdie woestyn waardeur ons moes loop en dat Hy ons gedra het waar ons nie kon loop nie. ELIZE DU TOIT Die jaar 2020 het my net weer geleer en bewus gemaak dat niks in die lewe gewaarborg is nie en ’n mens kan niks as vanselfsprekend aanvaar nie. Wees dankbaar elke dag vir dit wat jy het. Lewe elke dag asof vandag jou laaste dag is. IZELA MOUTON Ek los vir Covid-19. Hy gaan…

1 min
kyk uit!!!

Julle het daarvoor gevra en ons het geluister! Ons eerste KuierCombo Speletjies is hier! Vir jare vertel lesers ons hoe baie hulle ons blokraaie en speletjies in Kuier geniet, daarom het ons besluit om ’n spesiale uitgawe, propvol speletjies vir oud en jonk te maak. Die SpeletjiesCombo bevat groot en klein blokraaie, woordbou, wordoku, sudoku, kinderspeletjies en ander woordspeletjies wat jou lekker gaan laat kopkrap. Vir ons Engelse lesers het ons ook ’n paar Engelse blokraaie ingesluit. So, as jy in hierdie luilekker somerdae iets soek om jou mee besig te hou, is die SpeletjiesCombo nét die ding. KuierCombo Speletjies is vanaf 15 Januarie 2021 te koop teen slegs R35! Moet dit nie misloop nie.…

f0005-01
1 min
boodskappe

Dit blyk asof Kuier-lesers mal was oor ons 10 Desember-uitgawe met die aktrises Jill Levenberg (Mymoena van Suidooster) en Jolene Martin (Beatrice van Arendsvlei) op die voorblad: Ek love hierdie twee pragtige en talentvolle dames. Pragtige voorblad, Kuier! RAVEIQUE DE JAGER Kan nie wag vir hierdie uitgawe nie. Kuier, julle weet altyd hoe om jul laaste uitgawe te laat skitter. Twee pragtige dames en hul TV-rolle se vertolking is briljant. Geseënde Kersfees en alles wat mooi is vir die nuwe jaar, Kuier-span. CARLENE PRINSLOO Moenatjie en Beatie, daai twee girls het darem gehuil in 2020. Pragtig! DESIREE JULIUS Maggies, kyk vir Mymoena. Pragtig. CHRIS JULIUS Cute, man. Die ladies lyk awesome. Pragtig. Ek is mal oor hierdie voorblad. Ek gaan hierdie uitgawe vir seker kry. SURICA MARIZCA Pragtige voorblad met twee van my heel gunsteling-aktrises. Love…

1 min
dj en gesin op pad huis toe!

In die uitgawe van 26 November 2020 het Kuier berig oor die SA DJ LuWayne Bowers, wat desperaat was om sy gesin terug SA toe te bring. Hulle was vasgekeer in Dubai – duisende kilometers van die huis af. Sy vrou, Crystal, het in Oktober ’n beroerte gehad wat haar in ’n koma gelaat het en LuWayne het alleen gesukkel met hul twee klein kinders. Die koste om sy gesin huis toe te bring het R500 000 beloop en met behulp van organisasies, ’n live stream event, donasies en fondsinsamelings het hulle die doelwit bereik. Hulle is besig om die finale reëlings te tref vir hul reis Kaapstad toe. LuWayne sê: “Daar is net nie genoeg woorde om te sê hoe dankbaar ek is dat so baie mense gereageer het op…

f0005-02
3 min
wenk van die jaar

JANUARIE Die swart plastiekhouer van Snacktime-soutkoekies kan gebruik word om suckers te maak vir kinders. Hulle sal die verskillende vorms geniet. JOHANNA WITBOOI, TULBAGH FEBRUARIE Wanneer ek stryk, gooi ek altyd ’n ou kombersie of enige laken of ou duvet onder my strykplank-area op die vloer. Só is my strykgoed nooit vol stof nie. ELLA LUDICK, KOMAGGAS MAART Giet sement in ’n ou bak (die grootte van Kuier se middelblad) waaruit dit maklik sal kan loskom sodra dit droog is. Druk aan alkant ’n skropborsel vas. Sit dit by die voordeur en vee jou skoene daaroor voor jy in die huis stap. CHEANETTE STANDER, VANDERBIJL PARK APRIL Doen jy werf-of herstelwerk waar olie betrokke is? Om te voorkom dat jou naels, vingers en hande met verf en olie besmeer word, en jy dit sonder moeite weer kan…

f0006-01