ZINIO logo

Kuier 21 Jan 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Dis beslis weer Janu-worry, maa vanjaar het ons ook ander (erger) worries. Moenie ’n fout maak nie, die beursies is steeds leeg, maar soveel van ons lê snags wakker en dit het niks met geld te doen nie. Ek weet dit vir ’n feit, want elke keer as ek na my foon kyk, het nog ’n paar RIP’s byge-kom en die hele 2021 lê nog voor ons … Maar ek weier dat my moed so vroeg in die jaar gebreek word, want daar is tog redes om te hoop. As die regering net hul sake in orde kan kry, is die entstof teen Covid-19 hopelik op pad. Die jeug is ook altyd rede om uit te kyk na ’n beter môre, want die geskiedenis het gewys elke nuwe generasie vind tog…

f0004-01
1 min
wenners kontantpryse

Om 2020 op ’n hoogtepunt af te sluit en die nuwe jaar met ’n groot gimlag af te skop, het ons lesers gevra om ’n feestelike foto saam met hul Desember-uitgawe e vat en vir ons te WhatsApp. Ons het honderde inskrywings ontvang en moes omtrent bontstaan om vyf welverdiende wenners aan te wys. Kuier weet ons mense kry swaar en daarom hoop ons elke wenner se R21 000 sal heelwat gate toestop. Baie geluk, julle!…

f0004-03
1 min
wenwenk! wenner 2020

Die wenwenk vir 2020 is so eenvoudig, maar tog so briljant! Die wenner, Philip Barlett (47), ’n elektrisiën van Eldoradopark in Johannesburg, stuur gereeld sy oulike wenke vir Kuier. “Baie van die wenke wat ek stuur, is aan my oorgedra deur my oorlede ouers. Hulle was baie aktief in en om die huis. Ek is baie lief vir netheid, en wanneer dit by naels kom, moet dit perfek kort geknip wees. Daarom het ek aan die idee gedink om die alewige gesoek na naelknippers hok te slaan.” www.steelleoutdoor.com steelleafrica PHILIP SE WENWENK: Magneet in badkamerkassie vir naelknippers en tweezers wat altyd soek is. BENODIGHEDE • Geïsoleerde luidsprekermagneet • Passende skroefdeksel • Tapping screw of superglue • Skroewedraaier INSTRUKSIES 1. Gom die magneet aan die binnekant van jou kassie. 2. Sit die passende deksel oor die magneet. Indien jy die tapping screw gebruik: 1. Maak ’n…

f0005-01
1 min
krismisbonanza-wenners

CLOVER: Engelize van der Mescht, Groot Brakrivier. DE BAKKE SANTOS: Denzil van Niekerk, Belhar. MONTAGU SPRINGS: Adri Sutherland, Durban. INSTANT POT: Maria Radebe, Heilbron; Denver Jefthas, Stellenbosch. HOR-LOSIE: Jeremy Efraim, Pretoria. INTRINSICURLY ME: Magdalene Swile, Hanover Park; Olivia Hermanus, Alberton; Lorraine Stevens, PE; Magda Myburgh, Kimberley; Claudine Matiesie, Ravensmead; Dina Jacobs, Richardsbaai; Jo-Ann Isaacs, Warrenton; Venessa Phillips, Rheenendal; Jacqueline Kriel, Retreat; Sophia Daniels, Macassar; Loreene Ragadu, Paarl; Chevonne Stevens, Bishop Lavis; Yolanda Scheepers, King William’s Town; Francis Chisia, Bellville-Suid; Shirley Nel, Somerset-Oos; Jacqueline Jackson, Wellington; Louise Visagie, Ravensmead; Jabulani Radebe, Grasmere; Jacquelene Annie Agulhas, Oudtshoorn; Margie Peacock, Kuruman; Dina Samuels, Delft; Doretie Koonthea, Kraaifontein; Elana Smith, Worcester; Charlize Hermans Alberton. SKIN AFFAIR: Colleen Abrahams, Ottery; Magdalena, Knowles, L’Agulhas; W. Pienaar, Bloemfontein. NEDERBURG: Sun-Marie Els, Riversdal; Engelbert Binedell, Johannesburg; Gertruida Krohn, George; M.…

f0005-08
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek soek asseblief raad vir ’n kopvel wat jeuk. MARLENE ESAU ANTWOORD ’n Kopvel wat jeuk, is ’n algemene klagte met verskeie moontlike oorsake. Dit kan baiekeer by die huis behandel word, maar vereis soms mediese behandeling. As jou simptome nie maklik of binne ’n paar weke verdwyn nie, besoek eerder jou dokter. • Appelasyn het antibakteriese, anti-inflammatoriese en anti-fungal eienskappe wat kan help om jeukerigheid van droë vel te verminder. Verdun die asyn met warm water en spoel jou hare daarmee af nadat jy dit gewas het. • Coconut-olie kan baie help, veral as jou vel jeuk van ekseem. Dit help ook om kopluise te beveg. • Pepermentolie beveg skilfers en streel jou kopvel om die jeukerigheid te verminder. Verdun dit met ’n ander olie, soos olyfolie en masseer dit in jou kopvel…

f0006-01
9 min
dié twee sweef saam

Blink gepoetste swart leerskoene, gestrykte wit hempde, grys broeke, groen gras, breë netbalbane, droë sokkervelde en skoolkonserte. Kindwees, menswees. Ja, ons staan weer aan die begin van ’n splinternuwe jaar en dis weer tyd vir ons kinders om terug skool toe te gaan! Verbeel jou jy bevind jouself in die skoene van ’n 17-jarige skoolkind, etlike jare ná jy skool voltooi het. Dit is presies waar Cantona James (22) en Hunter Plaatjies (24) tans hulself bevind. Terug in die skoolbanke! Dié twee kuier ’n paar dae per week in ons sitkamers as Daniel en Saartjie in die immergewilde kykNET&kietelenovela, Arendsvlei. Die twee jong mense is van mening dat indien 2020 ons enige iets gewys het, is dit dat die lewe veels te kort is vir verwyte en dat ’n mens voluit moet…

f0008-01