ZINIO logo

Kuier 04 Feb 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Februarie is die maand van liefde, maar soos baie ander goed sal dít ná Covid-19 ook nie vanjaar dieselfde wees nie. ’n Mens kan ook nie regtig van Februarie of die liefde praat sonder om van harte te praat nie. Maar ons is hartseer. Ons harte is letterlik seer. Dit pyn. Maar dis ’n pyn wat jy nie kan sien nie, maar jy voel dit op alle vlakke van jou menswees. En al het jy nie ’n geliefde weens die pandemie verloor nie, kry jy ook seer, want jy voel saam en dis sommer net seer om jou naaste só te sien ly. Gelukkig is die hart ’n merkwaardige orgaan wat kán herstel al vat dit soms tyd. Só het my 16-jarige self uitgevind toe my hart die eerste keer op hoërskool…

f0004-01
3 min
facebook

Met Suid-Afrika wat knie-diep in die tweede Covid-19-vlaag is, hoe beskerm jy jouself en jou gesin teen die virus? Ek en my gesin bly tuis. As die kinders miskien winkels toe gaan, moet hulle onmid-dellik hul klere uittrek en was. Ek sanitise gereeld my huis. Dit is dan so lekker om tuis te bly. LORETTA LORRAINE MOOS Bly tuis, gaan net winkel toe vir die noodsaaklike, dra my masker as ek buite is, laat geen besoekers toe nie, handhaaf my 2 m distansie, ontsmet gereeld my werkoppervlakke, volg ’n gesonde diet; drink my vitamiene, sink, drink ook elke dag ’n konkoksie wat ek my man mee gedokter het en bid sonder ophou. DANIELE GELDENHUYS Dra my masker as ek uit was, sanitise my hande, was skottelgoed met bleach asook die oppervlakke en vloere,…

f0004-03
1 min
liefde klop covid

Wanneer ’n mens na Everal (63) en Pieter Visser (64) van Montagu in die Boland se getuienis luister oor hoe hull saam Covid-19 beveg het, besef ’n mens die liefde kan byna enigiets oorwin. Everal en Pieter het begin Januarie positie getoets vir Covid-19 en is onderskeidelik op 13 en 14 Januarie in die Worcester-hospitaal opgeneem nadat hulle baie siek geword het. Everal vertel:“Die Here bly maar net die Here. Ek het vir die Here gesê ek is reg om te sterf, maar dit was nie my tyd nie.”Albei is op 17 Januarie, ook die egpaar se 40ste huweliksherdenking, uit die hos taal ontslaan. Blakend gesond. Hulle is dit eens:“Dit is belangrik onthou hoekom jy veg. Met God en jou huweliksmaat in jou bootjie, is jy ’n oorwinnaar.”Baie geluk aan…

f0005-01
3 min
boodskappe

Ai tog. Ek het nog nie eens reg my Kuier gelees nie en die trane rol vir Die raaisel van René (7 Januarie). Colin en Jasmine, dit is ’n hartseer storie. Mag God jul hand vashou; ek kan my indink hoe ’n skok dit was om René só te verloor en ja die hospitale gooi nou net Covid-19 left, right en centre. My dogter het onlangs Covid-19 gehad. Sy het geweier om hospitaal toe te gaan, want die vrees is daar, maar genade van God is groot en sy hetherstel. Ja, soek antwoorde: wat en hoekom? Wat het regtig met haar gebeur? Ek is ’n ouer. God sal jou deurdra, maar veg vir geregtheid vir René. NORMA JANUARY Die storie van René Andrews het my diep geraak. Zweli Mkhize moet antwoorde…

5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek wil so graag my vrou bederf vir Valentynsdag, maar ek het net nie die fondse nie. Help asseblief! ANONIEM ANTWOORD Liefde hoef nie ’n sent te kos nie. Jy hoef dus nie ’n fortuin te spandeer om iemand vir wie jy lief is te bederf en ekstra spesiaal te laat voel nie. Hier is ’n paar oulike idees wat nie jou sak te rof sal ruk nie: • Knip ’n groot hart uit karton of harde papier. Staple die kante, skryf ’n mooi boodskap bo-op. Maak die hart dan vol met lekkergoed. • Maak ’n skattejag. Skryf oulike notas en los • dit in die huis rond. Laat die laaste een lei tot by ’n boks sjokolade of die hart met lekkergoed. • Kook ’n eenvoudige maaltyd saam. • Bedien rooi kos byvoorbeeld rooi…

f0006-01
3 min
god se liefde is groot

Liefde is ’n universele onderwerp waaroor daar baie geskryf en gepraat word. Geen wonder dat ons strewe daarna om liefde te probeer verstaan nie. WAT IS LIEFDE? Die woordeboek beskryf liefde as ’n gevoel van sterk aangetrokkenheid teenoor iemand of ’n saak. Maar liefde as ’n woord beskryf ’n emosie met baie verskillende grade van intensiteit. ’n Mens kan maklik ’n lus/begeerte/hartstog met liefde verwar; byvoorbeeld as jy sê ek is lief vir roomys en sjokolade, én om jou liefde aan jou (geliefde) man of vrou te belowe. Dit is dus maklik om die twee te verwar. ’n Kort definisie is: lus kan nie wag om te kry nie; liefde kan nie wag om te gee nie. Ek het die ware wese van liefde begin verstaan toe ek my vrou, Rhuwayda, ontmoet het. VERSKILLENDE…

f0008-01