ZINIO logo

Kuier 18 Feb 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Hierdie is een van daardie uitgawes wat ek nog vir ’n lang tyd sal onthou. Nie net vir die aangrypende stories wat soos gewoonlik binne op julle wag nie, maar ook oor alles wat die afgelope twee weke agter die skerms gebeur het… Soos gewoonlik is ons tema vir die tweede uitgawe van Februarie moederskap en fertiliteit, maar met die pandemie kan ’n mens eenvoudig nie die kwessie ignoreer wat op die oomblik almal se lewens oorheers nie en só kom dit toe dat die fokus in dié uitgawe op die twee belangrikste gebeurtenisse in die mens se bestaan – geboorte en dood − val. Dis die twee uiterstes, wat ook uiterste emosies ontlok, en ’n mens kan dit letterlik in die stories aanvoel. Daar is regtig nie woorde om Annie Ash…

f0004-01
2 min
facebook

Wat is ’n eienskap van jouself wat jy in jou kinders sien? My vierjarige dogtertjie is nes ek. Sy’t etterlik my hele persoonlikheid en sy’s ’n spieëlbeeld van haar mamma. Sy’s vriendelik, hou van dans en sing en is baie onafhanklik. ELIZMA LIZZY NUWERGELD Hulle is uitgesproke en laat nie oor hulle loop nie. Dink ook nie twee keer voor hulle praat nie. My seun, nes ek, hou van alleen wees. Ek kan net so moody wees, wat my nogal kwaad maak.ANEEN OKT Ek is nie ’n mense-mens nie, maar hou van gesels met mense, maar ek maak nie maklik vriende nie. Weet nie hoekom nie. My kinders is presies dieselfde. Hulle het vriende, maar nie in die sin dat hulle elke dag of naweek met hulle uithang nie. Ek is op my…

f0004-03
1 min
boodskappe

Dis ’n hartroerende stukkie oor die pragtige jong mense wat hulle eie lewens geneem het (Drie families se swaar kruis, 21 Januarie). Ek wil net aan daardie ouers sterkte toewens, want maklik is dit nie. Dis baie moeilik om my verhaal hier te vertel. Ek het self probeer selfmoord pleeg, maar die Here het my aangeraak en uit daai diep gat waarin ek verval het, uitgehaal. Ek is op ’n baie geestelike manier aangeraak in die hospitaal, waar dokters reeds gesê het ek sal nooit weer normaal kan funksioneer nie en sal na ’n inrigting moet gaan. My eie ondervinding is dit is dinge in ’n mens se lewe wat Satan gebruik om ons in te trek. Vandag 14 jaar later is ek nog hier en probeer om by jong…

2 min
rus in verede, jacques

Covid-19 neem en neem net, en die Kuier-span het ook hierdie pyn leer ken in beide ons persoonlike en professionele lewens. Een van die span se onlangse verliese was toe die ervare fotograaf Jacques Stander op 29 Januarie sy stryd teen Covid-19 verloor Jacques was ’n oudfotograaf van Huisgenoot het die laaste paar jaar vir Gallo Images gewe maar hy was sedert Kuier se begindae deel van ons span. Hy het oor die jare fantastiese voorbladfoto’s vir Kuier geneem, maar was alt glamorous”foto’s ook te neem. Jong, minder ervare fotograwe kon ook altyd baie by hom leer. Die Kuier-span sal hom altyd onthou My hart is alreeds seer. Die hele naweek verlang ek na my oorle’Mama. Dit is Sondagmiddag, my Kuier-tyd. Deidre, Anischa se moeder (’n Ma se marteling, 4 Februarie), ek…

f0005-01
1 min
wen ’n beurs!

Nóg ’n onsekere skooljaar is op ons en as jy verlede jaar in matriek was en reeds aanvaar is by ’n tersiêre instelling om vanjaar onderwys of in ’n ander studierigting te studeer, het Kuier goeie nuus vir jou! Kuier en die Rapport Onderwysfonds (ROF) het kragte saamgespan om beurse beskikbaar te stel waarvoor die matriekklas van 2020 kan inskryf. Dit word as deel van die Kuier Rapport Matriekklas 2020-projek gedoen, en waarvoor Kuier die sluitingsdatum vir inskrywings vir die beurse verleng het. KUIER BIED TWEE KOMPETISIES AAN: 1. ONDERWYS: As jy onderwys wil studeer, nooi ROF 2020-matrikulante uit om ’n lekker geselsbrief te skryf wat die volgende insluit: Waar kom jy vandaan? Vertel ons iets van jou familie. Waarom wil jy onderwys studeer? Waarom het jy ’n behoefte aan finansiële ondersteuning? Stuur…

f0005-03
4 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek het nie altyd tyd om my klere op te hang en te wag dat dit droog word nie, maar ek hoor jou tuimeldroër beskadig materiaal. Het julle enige wenke asseblief? LARA LOUW, STRAND ANTWOORD • Frommel foelie op in balletjies en gooi dit by jou klere in die tuimeldroër. Dit help om jou klere sag te hou en beveg statiese elektrisiteit. Maak seker jou bal is glad en het nie punte wat jou klere kan beskadig nie. Jy kan jou balletjies vir so twee maande gebruik. • Om te keer dat jou klere kreukel in die tuimeldroër, sit twee of drie ysblokkies in saam met een of twee kledingstukke en skale dit aan op die warmste stelling vir so tien minute. Dit werk goed vir hemde en broeke. • Gooi een tot…

f0006-01