ZINIO logo

Kuier 04 Mar 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Die wêreld begin regtig nou vir my voel soos een van daai ou langspeelplate wat vasgehaak het. Nie seker of die jonger geslag dié verwysing sal verstaan nie, maar ek dink ook nie daar is in die moderne lewe’n soortgelyke beskrywing wat presies daardie klank en situasie vasvang nie. Ek sukkel dalk om die behoorlike beskrywing te kry, maar nie met die plek nie, want ons almal is deeglik bewus van presies waar ons vasgehaak het. Dis ook nie soseer’n tyd of moment nie, maar’n uitgestrekte stryd teen’n onsigbare vyand wat jou elke keer verder insluk, net wanneer dit lyk of die einde in sig is. Dis Covid-19, die pandemie, corona, die virus, lockdown, grendeltyd, 2020 to be continued in 2021 … Maak nie saak wat jy dit noem nie, maar…

f0004-01
3 min
facebook

HOE TEL JY WÉÉR DIE STUKKE OP NÁ’N MOEILIKE TYD? HOE OORTUIG JY JOUSELF DAT DAAR ALTYD HOOP IS? Vind die middelpunt tussen jou en God, Sy plan vir jou lewe en dat Hy niks sal toelaat wat jy nie kan oorkom nie. Elke struikelblok, probleem of uitdaging is wat ons sterker maak; sonder dit is ons nutteloos en die lewenslesse het geen doel nie. Vertrou die lewensproses en gebruik dit as stepping stones. CECILY TJ VERMEULEN Dat my ma-hulle vir my omgee en dat hulle my altyd sal help met alles. En dat ek eendag nog al my drome gaan bereik en almal verkeerd gaan bewys. TANYA JACOBS Toe ek my kind verloor verlede jaar, het ek nie die moed gehad om op te staan nie. Ek was kwaad en ek was nie net kwaad…

f0004-03
1 min
kuier en albany verras skoolkinders

Met die skole wat heropen het vir 2021 het Kuier hande gevat met Albany om’n besoek af te lê aan Grassy Park EK (EC) Primêre Skool en Bloubergrant Hoërskool. Grassy Park EK Primêre Skool bestaan al sedert 1912 en leerders van Grassy Park, Lotusrivier, Pelican Park, Seawinds en Lavender Hill gaan hier skool. Gedurende die Covid-19-pandemie word die skoleook erg geraak en hulle roteer die leerders om by die getalle te hou wat by die skool mag wees. Hierdie skool doen resource packs wat leermateriaal huis toe stuur vir ouers en leerders. Onderwysers kommunikeer met ouers en leerders via WhatsApp, maar’n groot uitdaging is dat dit nie altyd werk nie as gevolg van’n data-en lugtydtekort. Grassy Park EK Primêre Skool is trots om die alma mater te wees van die bekende…

f0005-01
1 min
boodskappe

Kuier is’n puik tydskrif. Ek geniet dit baie. Partykeer bring die sad artikels heavy trane, want dit voel soos jou eie familie dan. Die resepte is altyd lekker. En Success Lekabe (Verlief op Success, 4 Maart) kruip sommer diep in’n mens se hart. Groete aan die mede-lesers. MARIAAN Ek het nou Anishca Morris se storie gelees (’n Ma se marteling, 4 Februarie) en voel so hartseer. Ek bid vir haar ma vir krag. Dit is so’n openbaring wat ons insig gee van die dodelike siekte. JEANIE Ek en my vrou is verslaaf aan die Kuier en mis nie’n uitgawe nie. Ek sit nou met die uitgawe waarinu die klem laat val op die akademie (Skooljaar onseker, 21 Januarie). Onmiddellik laat dit my wonder, wat van’n uitgawe oor die kerk, wat veral op…

5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek is raadop met kosblikke pak. Enige wenke? SARIE ODENDAAL, PRETORIA ANTWOORD 1. Hou dit eenvoudig. Maak’n lysie van jou kinders se gunstelinge en roteer daardie idees. Byvoorbeeld, in’n 10-week-kwartaal kan jy begin met ham-en-slaaiwraps in week een, eier-en-slaaiblaar-toebroodjies in week twee, tuna-pasta in week drie, hoender-en-slaairolle in week vier en slaai-toebroodjies in week vyf. Begin dan weer van voor af. Voeg by elke middagete een of twee seisoenale vrugte en’n gesonde snack soos kaas en crackers. 2. Beplan vooruit vir die week. So het jy dit wat jy nodig het en jy hoef nie soggens te veel te dink nie. 3. As jy kan, berei voor op’n Sondagmiddag sover jy kan, byvoorbeeld bak muffins, kook eiers, ensovoorts. 4. Hou backup-voorraad in die kas vir wanneer jy te besig, siek of moeg is om winkel…

f0006-01
4 min
hyweet steedsvan jou

Die jaar het anders as vorige jare begin. Die opgewondenheid vir’n nuwe jaar is met’n tweede vlaag van Covid-19 begroet. Dalk is jy by die werk afgelê? Dalk is jou skuld meer weens’n gebrekkige inkomste in verlede jaar? Of dalk sukkel jy om die mas op te kom teen hierdie depressie-en-angsreus wat in jou nek blaas. Dit is wel moontlik om positief te bly in hierdie tyd. Kom ek begin met’n storie.’n Paar jaar gelede, in aanloop tot Paasfees het ons by Radio Tygerberg 104FM in Kaapstad besluit om Jesus se liefde prakties aan mense te demonstreer wat swaarkry op die Kaapse Vlakte. Luisteraars kon ons help besluit wie ons moet gaan help deur vir ons SMS’e in te stuur waarin hulle ons vertel het van die mense in nood se…

f0008-01