ZINIO logo

Kuier 18 Mar 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense

Dis nou amper presies ’ n jaar gelede dat die span ons kantoor moes verlaat ná ons eerste kennismaking met Covid-19. Ons moes inderhaas ons rekenaars gryp (sodat ons verder van die huis kan werk) en laat spat. Nie een van ons het egter daai dag besef dat ons nooit weer as die Kuier-span na die gebou sal terugkeer nie … Maar dis nou reeds ’n jaar later en al is ons nie meer in ons ou kantoor nie, is ons nog hier en kon ons die span bymekaarhou – nie almal nie, want corona het ons gedwing om baie harde besluite te maak. En dis net genade en ons lesers wat ons in hierdie moeilike tye staande gehou het. Mense bewonder ons altyd vir die passie waarmee ons ons werk…

f0004-01
3 min
facebook

Ek ken so baie mense daarmee en my hart s bitter seer vir elkeen wat daardeur moet gaan. Maar joe, ’n mens kry vieslike mense, wat sê:“ag nee, dis all in the mind”en mense wat beweer dis sommer ’n aandagsoekery of besluit dat mense wat wel daarmee sukkel (as hulle selfmoord gepleeg het), nie die Here in hul hart het nie. Ek kan so kwaad word! Dít dan net ná hulle ’n sigaret gelight het, asof jy ook nie self-harm doen as jy rook nie. KARIEN STROH Depressie en angsaanvalle. Ek probeer besig bly. Ek luister na koortjies en sing saam met die musiek en ek spring clean. Dit help my om te kalmeer. As ek te lank stil sit dan maak die duiwel my allerhande dinge wys. Om te bid,…

f0004-03
1 min
boodskappe

Ek hoop al Ingrid Paulus (Ingrid skrik nie vir boelies, 18 Februarie) se boelies kyk na haar op die voorblad en sien ’n selfversekerde, sterk, pragtige vrou wat vir niemand agteruit hoef te staan nie. SEFE VAN DEN HEEVER, JOHANNESBURG Ek het ’n knop in my keel van die hartseer stories in die Kuier van 18 Februarie (Dubbele verlies, Ma-wees ’n miracle). Toe ek kom by Wat die hart van vol is, toe vloei die trane. Ons het so baie om voor dankbaar te wees. Ek skep moed in die stories van Ingrid Paulus en Rochelle Wiese. Hou aan met die uitmuntende tydskrif. Ek is seker baie lesers vind baat en word geïnspireer deur ander se ervarings en deursettingsvermoë. DEBBIE BUCHANAN, GOODWOOD Ek het nou die artikel oor Melanie du Bois (Melanie…

2 min
beurswenners!

Die matriekklas van 2020 het verlede maand hul uitslae gekry vir ’n eindeksamen wat in buitengewone omstandighede afgelê is. Daarom is diegene wat geslaag het se blydskap en vreugde groot, maar nou lê die volgende hoofstuk van hul lewens voor – universiteit of kollege om hulle te bekwaam tot iets om ’n beter lewe vir hulself te skep. Kuier en die Rapport Onderwysfonds (ROF) het kragte saamgespan om Kuier-beurse en ROF-leningsbeurse beskikbaar te stel waarvoor die matriekklas van 2020 kon inskryf. Dit is as deel van die Kuier Rapport Matriekklas 2020-projek gedoen. Twee tipe toekennings was op die spel: vyf Kuier-beurse van R10 000 kontant elk aan vyf verdienstelike studente in enige studierigting en drie ROF-leningsbeurse ter waarde van R30 000 elk slegs vir onderwysstudente. Al die wenners is volgens die kriteria…

f0005-02
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek is mal oor uie, maar haat hoe dit my oë laat brand en traan terwyl ek kook. Is daar raad? i ANTWOORD Dit is aaklig om te staan en kosmaak met trane in jou oë. Tog voel dit soms onvermydelik wanneer jy uie moet kap. Gelukkig is dit nie nodig om in jou kospotte te staan en tjank nie. Al wat jy moet doen, is om jou uie te vries voordat jy dit kap. Hierdie truuk werk egter net as jy van plan is om die uie later te kook. As jy dit rou wil gebruik, gaan dit soggy word. ’n Ander opsie is om swem-goggles te dra wanneer jy kosmaak om jou oë te beskerm. Jy kan andersins ’n stuk brood in jou mond hou, wat ’n bietjie uitsteek…

f0006-01
10 min
monique kies haarself

“EK KAN NIE MEER LEEF VOLGENS ANDER MENSE SE VERWAGTINGE VAN MY NIE. EK IS EK”.MONIQUE ROCKMAN Doe dié fyngeboude vrou met die lang donkerbruin hare en groen oë in 2018 ons skerms tref in haar deurbraakrol as Pam in die fliek Nommer 37 het sy ons almal kiertsregop laat sit en laat wonder wie sy is en waar kom sy skielik vandaan. Min het ons geweet sy moes al vir jare harde klippe kou om uiteindelik haar voet by die deur in te kry. Daarna was sy baie besig en het ons haar in verskeie rolle op die kassie gesien. Eers as die tough cookie en speurder Beatrice Mack in kykNET se Spreeus en toe waai sy een aand soos ’n stormsterk wind in ons sitkamers in as Joy, die omstrede…

f0008-01