ZINIO logo

Kuier 01 Apr 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Nee kyk, daar is nou maar net nie vir Shaleen Surtie-Richards nie! Ek ken die antie (sy haat dit gevaarlik as jy haar só noem) al ’n hele paar jaar, maar toe ek haar die eerste keer in lewende lywe ontmoet, toe voel dit asof ek haar al ’n leeftyd ken, want soos vir menige Suid-Afrikaner is sy een van daardie mense wat in ons herinneringe verweef is. En al was dit net rolle, sal sy altyd vir mense van ’n sekere ouderdom Fiela of Nenna wees, want dis háár gesig wat by jou opkom as jy so ’n karakter moet beskryf. Ek dink dis juis daarom dat dit so moeilik is om te hoor dit gaan finansieel nie goed met haar nie. Maar nes ons Shaleen ken, laat sy nie…

f0004-01
5 min
facebook

WATTER BYBELVERS DRA JOU DEUR IN MOEILIKE TYE? Psalm 40:5: “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Herestelenhom nie wend tot duister magte entot mense wat hulle met skyngode ophou nie.” Psalm 25:12 – 15: “Asiemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies. Sodat hy voorspoed sal geniet en sy nageslag die land sal bly bewoon. Die Hereneem dié wat Hom dien, in sy vertroue en maak Sy verbond aan hulle bekend. Myoëisaltyd op die Heregerig, wantdit is Hy wat my voete uit die vangnet sal hou.” JEVONIA SERFONTEIN Matteus 11:28:“Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart en julle…

f0005-01
6 min
wenke wat werk

ANTWOORD Hou piesangs langer vars deur die punt van die tros in kleefplastiek toe te draai. Andersins kan jy die piesangs uitmekaarhaal. As jy jou piesangs (of enige ander vrugte) vinniger wil ryp hê, bêre dit in ’n bruinpapiersak. As jy wil verhoed dat appelsnye verbruin, drup ’n paar druppels suurlemoensap oor. Jy kan ook ’n mengsel van een deel heuning en twee dele water gebruik. As jy dit haat om lemoene te skil, rol die vrug en sit dit in die mikrogolfoond vir ’n minuut. As jy die sap wil uitdruk, sit dit in die yskas en dan in die mikrogolfoond vir 15 tot 20 sekondes. As jy nie wil hê jou hande moet sticky word nie, sny dit in die lengte en squeeze met ’n braai-tang. Draai die lemoene in ’n…

f0006-01
4 min
houvas aan jou geloof

Paasfees is die beste tyd in die lewe van ’n Christen. Ja, Kersfees is groot, want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee. Maar hier is die groot wonder: Hy was gebore om te sterwe. Toe Jesus op die aarde was en deur so baie vals beskuldig is; terwyl Hy water in wyn verander het; die lam man genees het en selfs vir Lasarus uit die dood gewek het en soveel meer wonderwerke, was Hy bewus van Sy bestemming – die Kruisdood. Jesus moes ook deur beproewinge gaan en het die grootste opoffering gemaak deur Sy lewe vir ons te gee. Ons bevind onsself in die moeilikste tye van ons lewe en as Christene word ons geloof getoets. Rondom ons gebeur so baie; ons familie, vriende en…

f0008-01
1 min
die hoop beskaam nie

GEBED Liewe Jesus, ons sien uit om hierdie jaar Paasfees te kan vier. In die afgelope jaar het ons geliefdes verloor en dit laat ’n groot leemte. Ons beleef steeds moeilike tye, en ons besef, Here, as jy die jaar oorleef het, is dit net genade van God. Help ons dan hier op aarde om die seer te verdra, want die doodskruis is swaar om te dra. Here, U het kom haal wat U s’n is. Help ons asseblief om vrede en genesing te vind. Jesus, U het gesterf om ons te red, om ons sondes te vergewe en sodat ons ewige lewe kan beërwe. Troos ons met die geloof en hoop van môre, sodat ons kan aangaan met ons lewe en U Naam groot maak tot in ewigheid. U is ons skuilplek…

f0009-01
6 min
stééds staande

Vandat hy op 19 jaar aangerand en beroof is, was Lyndall Ockhuis (32) van Kuilsrivier in die Kaap, vasbeslote om ’n polisieman te word sodat hy kon help om die land te beskerm teen die euwels van gangsterism. Maar ná ’n klopjag het Lyndall so ampertjies die gebruik van albei sy bene verloor en moes hy, met die genade van Bo, ’n nuwe, selfs meer uitdagende droom vir sy lewe vind. “Die aanvanklike polisie-opleiding was nie so rof nie, maar my droom was om deel te word van die bende-eenheid en dís nou waar ek ware polisiewerk kon leer, kon sien en ervaar wat dit werklik beteken om ’n polisieman te wees, as’t ware, veral wanneer dit kom by skietery en moord.” Lyndall erken om hier te werk, verander die hele wyse…

f0010-01