ZINIO logo

Kuier 15 Apr 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Ons lees almal Kuier anders. Sommige begin agter en ander blaai reguit na die resepte of Woordbou. Só het almal hul gunstelingleesstof in die tydskrif, maar wanneer dit by ons stories kom, klop niks ’n leser wat sê ’n storie het met hulle gepraat asof dit net vir hulle geskryf is nie. Ek moet bieg, in elke uitgawe is daar ’n storie wat met my“praat”. In hierdie uitgawe het hulle weer almal gefluister. Só het die eksklusiewe onderhoud met ons voorbladgesig Mimi Mahlasela gespreek van dapperheid en my laat wonder oor al die goed waaroor ek nog nie reg is om te praat nie. Denise Stubbs se inspirasiestorie (bl. 18) het weer vir my gesê jy kan van enige plek lei en ’n verskil maak. Soos gewoonlik was daar iets in elke storie,…

f0004-01
3 min
facebook

My kosbaarste besitting is my huis. Ek het deur ’n baie moeilike tyd gegaan in my lewe daardie tyd. Het geswerf van bakboord na stuurboord. Nêrens was ek en my drie kinders welkom nie en toe kom seën God my en my seun wat pas matriek klaargemaak het met werke. Binne ses maande het ons die huis waarin ons steeds woon. En dis 20 jaar gelede. My woord is altyd:“Dit is die huis wat die Here vir my gegee het.”Dit is hoekom dit vir my ’n veilige hawe is. Dit is my beste besitting. MARGARET FLUCKS JULIUS My oorlede moeder se kosbaarste besitting ook – haar Bybel. Vol gekleurde merkies en onderstreepte skrifgedeeltes met notas langsaan. Kosbaar. Dit bring my so naby aan haar dat ek haar reuk weer optel, al is…

f0004-02
1 min
kyk dié boss ladies!

As jy nog altyd jou eie baas wou wees, is nou die regte tyd, want baie van ons is maar skrikkerig om die eerste stap te neem. Kuier se eerste Boss Ladies online event wat op 27 Maart op Kuier se Facebook-blad uitgesaai is, het gefokus op entrepreneurskap en vrouebemagtiging. Hier het ons waardevolle insae, wenke en bemoedigings gekry van die Tussen Ons-gasvroue en die komediant, aktrise en besigheidsvrou Shimmy Issacs. Karin Kortjé het die vermaak verskaf toe sy die treffers“I will survive”en“Who’s the Boss?”gesing het. As deel van Boss Ladies het Miladys ’n R1 000 geskenkbewys aan Lucinda Evans se Philisa Abafazi Bethu, Tannie Christa, Ingrid de Storie en Bless a Baby geskenk. As jy die event gemis het, kan jy dit nog kyk op Kuier se Facebook-blad (onder“videos”) en ook…

f0005-01
1 min
boodskappe

Ceagan Arendse se dood is ’n groot skok (Geskok en seer, 4 Maart). Ek hoop sy familie en vriende sal berusting vind. RITA Liewe Amber en kleine Blaine (Baba kry ’n beroerte, 18 Maart), dit was hartroerend om jul storie te lees. Jy is baie spesiaal daarom is jy deur God gekies om deur hierdie pyn te gaan! Ek weet jy gaan ’n kampvegter wees vir mammas wat ook in die toekoms dit sal beleef. Baie sterkte en liefde vir julle. CATHY Op dié Saterdagoggend snik ek van die huil, my trane loop vir die inspirasiestorie van Furlo (Furlo maak ’n verskil, 18 Maart). Mag ons wat nie gestremd is nie en gesond is, besef dat God se genade vir ons genoeg is. Dankie aan die Kuier-span wat altyd sulke bemoedigende stories…

f0005-16
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek soek raad vir skoene wat te klein is of hoe om dit te laat rek. ANONIEM ANTWOORD Voel jy ’n bietjie soos Aspoestertjie se stiefsuster? Rek jou skoene só: • Dra dit saans wanneer jy by die huis is. Dit kan hulle sag en gemaklik maak. • Druk dik sokkies in en blaas met ’n haardroër vir 30 sekondes op ’n slag op die areas wat te styf sit. Gebruik medium hitte en beweeg die haardroër sodat die skoen nie uitdroog of brand nie. • Maak ’n sakkie half met water. Sit die sakkie in jou skoen – veral daar waar dit te styf is. Sit die skoen (en sakkie) nou oornag in die vrieskas. • Skil ’n aartappel en sny dit in die vorm van jou skoen se tipe toon. Vee die aartappel droog…

f0006-01
10 min
mimi sonder masker

Hou die blink kant bo. Dís die masker wat baie mense, veral diegene in die vermaakbedryf, dag ná dag vir die wêreld ophou. Dit verg dat jy met die grootste glimlag in die publiek verskyn, al skreeu die binnekamers van jou hart om hulp Ons het vir Nobuhle Mimi Mahlasela (38) in die ikoniese SABC2-sepie 7de Laan leer ken as die borrelende en altyd-reg-om-te help-vasvatter Aggie Ngwenya (nou Meintjies). Sy woeker al vir 14 jaar op die stel van 7de Laan en het talle Suid-Afrikaners se harte gesteel met haar kenmerkende uitlating aan haar mede-karakter Paula van der Lecq, destyds gespeel deur Diaan Lawrenson,“Dis jou skuld as ek nooit in die hemel gaan beland nie!” Dit is egter wanneer jy ’n bietjie dieper kyk en die versteekte seer in Mimi se oë raaksien…

f0008-01