ZINIO logo

Kuier 29 Apr 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

5 min
hallo my kuier-mense,

Kan julle glo hierdie is alreeds ons laaste uitgawe vir April? Die mense sê mos hoe ouer jy word, hoe vinniger gaan die tyd verby. Maar ek dink dit voel vir my 2021vlieg verby, omdat 2020 gelyk het asof dit nooit gaan einde kry nie! Baie van julle is ook teen hierdie tyd virusvoos en wil dalk niks meer van corona hoor nie, maar dis ongelukkig ’n feit dat Covid-19 nog lank nie klaar is met die mensdom nie. Dis ons realiteit, maar ons hoef ook nie net op die negatiewe te fokus nie. Ons kan ook reflekteer oor hoe die virus ons getoets en watter lesse die pandemie ons oor onsself geleer het. In hierdie uitgawe vertel die immergewilde Vinette Ebrahim oor hoe sy beproef is en die donker dae wat…

f0004-01
4 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek wil so graag my huis laat mooi lyk vir Eid, veral ná verlede jaar se vervelige storie. Het julle dalk oulike wenke? ANONIEM ANTWOORD Maak só jou huis mooi vir Eid: •Versier jou huis met mooi blomme. Dit skep altyd ’n vrolike atmosfeer. • Ballonne is ’n móét! As jy kan, kry metallic helium-ballonne in ’n verskeidenheid kleure. • Hang al jou liggies op, stof ou lampe af en steek al jou kerse aan. Om ekstra oulik te wees, verf eenvoudige ontwerpe met henna op jou kerse. • Maak versierings soos crackers en banners. • Eid is ook die tyd om jou beste messegoed, beddegoed, tafeldoeke en strooikussings te gebruik. Dink kleurvol en vrolik en moenie vervelig en eentonig wees nie. Speel met die kleure vir ’n feestelike atmosfeer. • Nog ’n oulike idee is om kolwyntjie-toppers te…

f0006-01
10 min
vinette staan weer op

As daar een ding is wat die Covid-19-pandemie baie duidelik gemaak het, is hoe kwesbaar die ganse mensdom is. Nie net is ons almal in ’n stryd om oorlewing gewikkel teen die corona-virus nie, maar wat ons as “normaal”beskou het, is heeltemal op sy kop gekeer. Niemand kan ook stry oor die vernietigende effek wat die pandemie op ons geestesgesondheid gehad het nie. Voeg daarby die miljoene wat hul werk verloor het en dit is dus geen wonder dat baie voel hulle is op die randjie van die afgrond nie. Die virus en die gevolglike lockdown het baie mense so leeg getap dat hulle nie eens meer die krag het om ’n gesig (of masker) vir die wêreld op te sit om voor te gee dat alles“fine”is nie. Want wanneer alles om jou…

f0008-01
6 min
van veër tot vlieënier

Hy is ’n toergids wat Afrikaans, Engels en Spaans praat, al die wêreld vol gereis het en hoop om binnekort sy private vlieënierslisensie te kry. Niemand sal jou verkwalik as jy dink hier word van ’n rykmanseuntjie gepraat nie, maar dís bitter ver van die waarheid. Shadley Basardien (30) het inderwaarheid in beskeie omstandighede grootgeword, skool vroeg verlaat en aanvanklik as straatveër gewerk. Maar hy het geweier dat sy omstandighede sy toekoms bepaal. En met hierdie positiewe houding – en die hulp van enkele weldoeners – het hy reeds die eerste treë gegee op die pad na sy grootste droom: om as vlieënier agter die stuur van ’n kommersiële vliegtuig vir lugdienste soos Emirates te vlieg. Al lê ’n ver pad nog voor, het hy al soveel bereik dat hy reeds in Hanover…

f0012-01
13 min
agter die ok kulte

Nie vir sensitiewe lesers nie. Suid-Afrika is ’n baie diverse land bekend as“die reënboognasie”en danksy ons Grondwet geniet almal se taal, kultuur en geloof beskerming. Maar al waarborg ons wetgewing vryheid van geloof, haal ’n gruwelike misdaad wat met die okkulte verbind word, elke nou en dan die nuus en laat almal regop sit. Baie flieks is ook al oor dié soort ding gemaak, maar ons besef nie aldag dat dit ook hier, sommer reg onder ons neuse, aangaan terwyl ons salig onbewus is nie. Min Suid-Afrikaners weet ook die SAPD het ’n okkultemisdaadeenheid wat sulke sake ondersoek. En al raak die meeste van ons net van die kwessie bewus wanneer dit die nuus haal, is dit al vir amper 40 jaar elke dag deel van brig. Attie Lamprecht (53), nasionale hoof van…

f0014-01
6 min
smul & smile!

Toe Shahieda (42) en Faried Petersen (44) van Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte verlede jaar in die hartjie van lockdown ’n ice-creammasjien gekoop het om ’n bietjie soet gedurende bitter tye te versprei, sou hulle nooit kon raai watter verskil dié masjien in hul gemeenskap sou maak nie! Wat begin het as ’n projek om aan die gemeenskap terug te gee, het nie net oornag ontaard in ’n volwaardige besigheid nie, maar ook vinnig die middelpunt van die gemeenskap en veral die kinders se lewens geword. Wie sou kon dink dat ’n ice cream-masjien ’n gemeenskap sou verander? Een kind, een roomys per slag! Dit is ’n skaam Shahieda wat vertel hul besigheid is ’n bewys communities soos Bonteheuwel is honger vir verandering en dat kinders hunker na iets beter al kom…

f0018-01