ZINIO logo

Kuier 13 May 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

8 min
hallo my kuier-mense,

Dis altyd so maklik om al die verskille tussen ons raak te sien en so maklik vir daai verskille om onmin te veroorsaak. Daarom moet ons elke geleentheid wat ons kan, aangryp om dit te vier wat ons gemeen het en om lesse by mekaar te leer. Ek dink dit is een van die redes hoekom die Moedersdag-uitgawe altyd een van die belangrikstes op ons kalenders sal bly. Ons het almal ma’s en hoewel ons nie almal so gelukkig is om ’n verhouding met ons ma te hê waarvan hulle op Moedersdagkaartjies vertel nie, is ek seker die meeste van julle sou met my saamstem dat die verhouding met jou ma ’n deurslaggewende impak op ’n mens se lewe het. Hierdie hele uitgawe spreek van daardie uitsonderlike verhouding – van die…

f0004-01
6 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek kry baie koorsblare. Wat veroorsaak dit en het julle asseblief raad? ANONIEM ANTWOORD Koorsblare is klein blasies wat onder en rondom jou mond of op jou lippe vorm. Dit bly gewoonlik tussen sewe en 10 dae daar. Ongeveer 90% van alle volwassenes het die virus wat dit veroorsaak. Hierdie tuisrate kan verligting bring: 1. Lemon balm: Gebruik lipsalf met minstens 1% lemon balm in of week ’n lappie in suurlemoentee en hou dit teen die koorsblaar. 2. Ys: Dit kan baie verligting bring. Hou dit teen die seerplek vir tydelike verligting van pyn. 3. Aloe vera: Jy kan die plant oopbreek en aansmeer of die gel koop. 4. Sonskerm: Dit beskerm nie net jou lippe terwyl die koorsblaar gesond word nie, maar kan ook toekomstige koorsblare verhoed. Gebruik minstens SPF30 en smeer aan voor…

f0006-01
4 min
vra jesus om joute help

Bybelse vroue het nie in idilliese, paradysagtige omstandighede geleef nie. Hulle moes probleme onder moeilike omstandighede oorwin om staande te bly. “Alef”is die eerste letter van die Hebreeuse alfabet. In dié geval kan“Alef”ook vir“Asah” staan, wat“vrou”beteken; en die woord wat met vrou verbind word, is“deugsaam” (Spr. 31).“Kha-jil”, die Hebreeuse woord wat in Spreuke hier vooraan staan, kan vertaal word as innerlike krag, deursettingsvermoë, vindingryk en die potensiaal om rykdom te genereer! Dit is verrassend om te verneem dat vroue in die Nuwe Testament as minderwaardig beskou was, veral in die noem van die teenwoordigheid van vroue, asook die rol en ondersteuning van vroue. Van die vroegste tye in die Nuwe Testament speel vroue egter ’n belangrike rol in die begin, lewe en vooruitgang van Jesus se bediening. Jesus erken hul bydrae…

f0008-01
1 min
bid vir alle vraue

GEBED Vader, met die oog op Moedersdag wil ek alle vroue voor U troon bring, al is hulle nie ’n ma nie. Ons as vroue gaan soms deur baie dinge, dikwels in die stilte omdat ons ander die las wil spaar of skaam is. Dan word ons nog baiekeer onder ’n vergrootglas geplaas deur familie, in vriendekringe en in ons huwelike. Sosiale media skep ook groot verwagtinge van hoe ’n vrou en ma moet leef en lyk. Help ons om ons oë op U gefokus te hou sodat ons U wil kan uitleef en nie dié goed wat ons sien nie. Here, verlos ons van wêrelddinge en help ons om weer ons plek by U voete in te neem. ’n Plek waar ons veilig en verlig kan wees en gered kan word. Dankie…

f0009-01
11 min
jo-ann onthou haar ma

Toe Kuier ses jaar gelede ’n voorblad met die voormalige Mej. SA Jo-Ann Strauss (40) en haar pragtige ma, Ingrid (63), gedoen het, sou ons nooit kon raai hoe baie dit vir Jo-Ann beteken het en steeds beteken nie óf hoe drasties dinge vir hul hegte familie sou verander nie… Ma’s speel ’n belangrike en integrale rol in hul kinders se lewens en sukses, en waar ons ma’s van Kuier-bekendes kan help skyn – veral met ons Moedersdaguitgawes – doen ons dit, want ons weet Kuier-ma’s stort álles in hul kinders. En dis presies waarvoor Jo-Ann so dankbaar is. Daardie voorbladfotosessie het vir haar onvergeetlike herinneringe saam met haar ma geskep. Maar dit het ook vir haar die geleentheid gegee om haar ma te sien ontpop in die elegante en statige…

f0010-02
13 min
boelies saai verwoesting

Suid-Afrikaanse vroue ken seer, want ons word baie seergemaak, dikwels deur die mense naaste aan ons. Só het selfs die land se president verlede jaar verklaar ons gaan behalwe die wêreldwye corona-pandemie ook gebuk onder ’n pandemie van geslagsgebaseerde geweld (GBV). Maar ná ’n paar skokkende voorvalle die laaste ruk, moet ’n mens begin wonder of ons nie ook boelie (bullying) by die lysie moet voeg nie. Want in ’n skokkende wending lyk dit nou of vroue mekaar nou in woord én daad begin seermaak en die boosdoeners word al hoe jonger… Net verlede maand, op 12 April, is die naam van ’n 15-jarige graad 10-leerder van Limpopo in mense se harte wêreldwyd ingeëts toe ’n video waarin sy glo deur ’n mede-leerder geboelie word binne minute soos ’n veldbrand op…

f0014-02