ZINIO logo

Kuier 27 May 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

6 min
hallo my kuier-mense,

Lyk vir my die winter (en vlaag 3 van Covid-19) is nou amptelik hier, so ons sal meer voorsorg moet tref en genoeg selfsorg moet toepas om ons deur dié seisoen te kry. Ons kan voorsorg teen die virus tref deur getrou al die gesondheidsmaatreëls na te kom, maar vir selfsorg is daar nie noodwendig ’n regering of gesondheidskenner om vir jou te sê hoe om behoorlik na jou geestelike en emosionele welstand om te sien nie, want net jy weet regtig wat pla. Daarom is dit nou die tyd om onsself te herverbind tot selfsorg. Noem dit “me time” of ’n “time out”, wat ook al, maar dis deur en deur die moeite werd om nou die nodige tyd (én geld, indien nodig) in jou eie welstand te belê. Die stryd…

f0004-01
5 min
wenke wat werk

ANTWOORD Wat jy nodig het: • Droë, sagte lap• ½ teelepel opwasmiddel• ¼ koppie water• Bakkie• Sproeibottel met water Stappe: 1. Sit jou TV af en laat dit afkoel. 2. Vee dit af met ’n droë lappie. Moet glad nie papierhanddoek gebruik nie. 3. Gebruik ’n klam lappie vir hardnekkige vuilheid. Spuit ’n bietjie water direk op die lap (nie op die skerm nie) en vee in sirkels. 4. As daar kos op jou skerm is, meng die opwasmiddel en water in die bakkie, maak die skerm skoon en droog dit af. Bron: bungalow.com/articles/how-to-clean-your-tv-screen-in-four-easy-steps WENK GESOEK Ek is raadop met miere. Hulle loop glad in die yskas en in die ketel! Help asseblief! Mary-Ann Jacobs, Athlone ANTWOORD 1. Voorkoming is altyd die beste plan. Maak kos wat jy nie in die yskas bêre nie, behoorlik toe. Was altyd jou skottelgoed dieselfde dag. Vat…

f0006-01
11 min
lief vir die lewe

Met rolle in bekende reekse soos Isidingo, Tussen Duiwels, 7de Laan en meer onlangs Arendsvlei, het die aktrise Ilse Klink (49) van Johannesburg geen bekendstelling nodig nie. Sy is ’n internasionaal bekroonde aktrise, sanger en verhoogkunstenaar wat Suid-Afrikaners al vir die afgelope 27 jaar vermaak. Ná al die jare is Ilse werklik steeds passievol en mal oor haar werk.“Meryl Streep het gesê:‘Acting is the one profession that feeds all your apetites,’en ek stem ten volle saam,”vertel Ilse opgewonde. As aktrise is dit vir haar belangrik om haarself gedurig uit te daag, nuwe dinge te probeer en om te eksperimenteer. Op die oomblik maak Ilse groot moles in Arendsvlei as Dorothy Galant, ma van die groot skurk Bompie (gespeel deur Jarrid Geduld). Dorothy maak kykers soms warm onder die kraag met haar besluite,…

f0008-01
11 min
baba eet weer ná wonderwerk

Die geboorte van ’n kind is die begin van ’n splinternuwe lewe, ’n ontdekkingstog vir beide ouers en kind. Baie ouers is kinderlik opgewonde en (hulle dink) hulle is voorbereid op al die slapelose nagte, vuil doeke en ’n geskreeu soos min. Dit is inderdaad die begin van ’n splinternuwe hoofstuk, maar elke kind se lewensverhaal begin nie altyd ewe goed nie… Só was Chanray (33) en Lydon (32) Adams van Paarl uit hul vel van opgewondenheid toe hulle drie jaar gelede uitvind hulle is wéér swanger. Hulle kon nie wag om hul nuwe bondeltjie vreugde te ontmoet en huis toe te bring nie. Wat die paartjie nog meer opgewonde gemaak het, is toe hulle uitvind die baba is ’n seuntjie – verblydende nuus omdat die paartjie vroeër ’n seuntjie aan…

f0012-01
6 min
verskil op die vlakte

Candice van der Rheede. Dis ’n naam wat in byna enige gemeenskap op die Kaapse Vlakte herken word as dié van ’n uitsonderlike community angel wat haar alles doen om mense te help. Sy is ’n ma, vrou, ouma, gemeenskapswerker en nou ook stigter van die Western Cape Missing Persons Unit. Candice (45) van Delft kan met reg beskryf word as een van die Kaapse Vlakte se Sheros! Candice is bekend vir haar werk in dié gemeenskappe en haar strewe na geregtigheid. Sy het veral ’n belangrike rol gespeel in die sake van Courtney Pieters (3), Orderick Lucas (2), Chanelle McCrawl (10) en Micheala Williams (12) – almal vermiste kinders wie se lyke dae ná hul verdwyning gevind is. Haar organisasie, Western Cape Missing Persons Unit, het ook verskeie voedingskemas in gemeenskappe…

f0016-01
7 min
reken dié leier!

Finansies en rekeninge gee baie van ons ’n kopseer, maar dit fassineer Sharonne Adams (47) van Kuilsrivier in die Kaap al van kleins af en vandag is sy een van die mense wat by die ouditeur-generaal na die land se geldsake kyk. Sharonne is oorspronklik van Buffalo Flats in Oos-Londen.“Dit is ’n eer en ’n humbling ervaring om ons land en ons mense te dien as ’n geoktrooieerde rekenmeester. Dit is werklik wonderlik om deel te wees van die ouditeurgeneraal van Suid-Afrika!”sê sy. Volgens haar maak die organisasie ’n daadwerklike verskil in die daaglikse lewens van Suid-Afrikaners.“Dis harde werk, maar lonend om te sien hoe veral jong ouditeure groei en ontwikkel en help om die land ’n beter plek te maak. Dis ’n trotse organisasie met standvastige waardes en die organisasie plaas…

f0018-01