ZINIO logo

Kuier 10 Jun 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallomy kuier-mense

Dit is die maand waarin ons vaders vier en ons die geleentheid kry om dankie te sê vir alles wat pa’s beteken. En dit moet só wees, want die goeie pa’s en vaderfigure word baie keer, en heeltemal onregverdig, oor dieselfde kam geskeer as die slegtes. Daarom wil ek aan die betroubare, standvastige pa’s dankie sê en om aan te hou, al gaan dit hoe swaar. Die beste voorbeeld aan ’n kind is ’n ouer wat nie bang is om sy liefde te wys nie en dáár is – fisies, emosioneel, geestelik en finansieel. En wat ’n wonderlike voorbeeld het ons nie in die immergewilde veteraanakteur Cedwyn Joel nie! Hy en sy dogter Portia, wat saam met hom in Suidooster speel, is ’n ware wenspan en ons is so geëerd dat…

f0004-01
9 min
wenke wat werk

FACEBOOK As jy nóú terugkyk op jou grootwordjare, wat wens jy het jou pa anders gedoen, en hoekom? My pa is perfek in sy eie reg. Hy het ons kinders almal ewe lief gehad in alle omstandighede. Hy is 77 jaar oud en probeer nog steeds ons almal tevrede stel en doen vir ons wat hy kan. IRWIN CLOETE Om nie so alles toe te laat nie. Ook dat hy my nie so alles gegee het en so baie vir my gedoen het nie. Dis hoekom ek so swaar sy dood verwerk. MAURISHIN KIEWIETS Hy was ’n goeie provider en defender/protector. Ek wens hy het mooier met my gepraat en nie op my geskree nie. Ek was as klein dogtertjie baie bang vir hom. DENISE STOFFELS SEPTEMBER Ek het my pa verloor op die ouderdom…

f0006-01
4 min
pa’s moet weer opstaan

Ons herdenk en eer vaders op Vadersdag te midde van wat ek noem die pandemie van afwesige vaders. Die ware betekenis van pa-wees word al hoe meer ’n vreemde term, veral by ons jonger generasie. Met die tendens dat moeders deesdae ma én pa moet wees en dit so algemeen geword het, moet ons opnuut na die Bybel kyk. Ons vra die vraag: Wat is ’n vader en watter voorbeelde is daar in die Bybel van vaders en wat vaders leer? In 1 Samuel 2:12 – 36 lees ek die verhaal van die goddeloosheid van Eli se seuns asook die verhaal oor die voorspelling van die val van Eli se huis. Hierdie verhaal bring die teregwysende, vermanende rol van ’n vader op die voorgrond. Dit bring ook na vore hoe God…

f0008-01
1 min
liefde & leiding

GEBED Here, ons kom na U troon en kom sê dankie vir die vaders en vaderfigure in ons lewens. Ons vra vir vertroosting vir diegene wat hul pa’s aan die dood moes afstaan. Maar ons kom sê ook dankie vir die impak wat hulle op ons lewens gehad het toe hulle nog op aarde was. Here, ons bid vir pa’s oud en jonk om die regte besluite te neem wanneer dit by hul kinders, hulself en ander kom. Ons bid vir leiding, samewerking, verdraagsaamheid, respek en waardering. Here help pa’s sodat hulle met liefde en toewyding hul families sal lei. Bewaar hul gesondheid en seën hulle. Voorsien hulle van alles wat hulle nodig het. Liewe Vader, daar waar dit vandag sleg gaan, omskep dit in vrede en vreugde. Vernuwe verhoudings tussen pa’s en kinders…

f0009-01
12 min
in haar pa se spore

As kind het Portia Joel (40), gewilde sepie Suidooster se sakevrou, Lee-Ann Jacobs, en middelste van drie dogters, baie keer gevoel soos die afskeepkind, die een wat niemand raaksien nie. Vir pa Cedwyn (68), Suidooster se AB, was Portia altyd sy odd one out, definitief een van sydriegunste in lingkinders“en die enigste linkshandige die hele familie”. “Ons het haar probeer regs dwing, maar sy wou van niks weet nie. Sy is my odd kind en ek is net so lief vir haar, in factliewer miskien as vir die ander! Soms het sy linkse idees wat sy op my uithaal, maar nou ja …,” lag hy. Vandag is dié pa en dogter nader as ooit aan mekaar, en Cedwyn is verskriklik trots op sy dogter wat in sy voetspore volg, al het hy…

f0010-01
6 min
oop hart & hand

Toe Jason de Vries (30) in Mei verlede jaar op Facebook smeek om kos en hulp, het hy nie in sy wildste drome gedink dat dit juis sy swaarkry sou wees wat die swaarkry van ander sal verlig nie. Dié man van Happy Valley op die Kaapse Vlakte, het soos duisende ander in die hartjie van hard lockdown sy werk verloor en sy hongerte het hom gedryf om op sosiale media bakhand te staan om die mae van sy familie te vul. ’n Skenking van R10 000 het nie net ’n ommeswaai in Jason se lewe beteken nie, maar ook in dié van vele ander. Sedertdien maak dié jong man dit sy werk om armoede te verlig ten spyte van die houe wat die lewe al na sy kant toe gegooi…

f0014-01