ZINIO logo

Kuier 24 Jun 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

3 min
hallo my kuier-mense,

Die manne is omtrent in die kollig in hierdie uitgawe en wat my betref, is dit sommer ’n baie goeie ding wat ek hoop lesers gaan geniet. Nie net is ons drie voorbladgesigte, Jarrid Geduld, Bobby Stuurman en Irvine van der Merwe, iets vir die oog nie, hulle gee ook waardevolle raad oor hoe om struikelblokke te oorkom en ondanks jou omstandighede sukses te behaal. Daarby moet ons vir ons seuns wys daar is rolmodelle wie se voorbeeld hulle kan navolg. Ons moet ook elke nou en dan die manlike perspektief op sake kry, want té dikwels is hul stemme stil wanneer oor kwessies soos GBV gepraat word. Daarom was ek in hierdie uitgawe veral beïndruk deur Andre Smith se boodskap in Wat die Hart van Vol is. Hy voel sterk…

f0004-04
2 min
rus sag, shaleen

“Enrusta.”Dís hoe die legendariese aktrise Shaleen Surtie-Richards (66) my al die jare genoem het, omdat my naam haar herinner het aan die koffie-brand“Enrista”. Ek het haar nooit reggehelp nie, want dit was soos ’n troetelnaam van ’n geliefde antie. Die laaste keer wat sy my só genoem het, was in Maart en April vanjaar toe ek en sy gekommunikeer het oor haar Kuier-voorblad van 1 April. Daarom was ek diep geskok toe ek die WhatsApp-boodskappe begin ontvang waarin mense by my wou weet of dit waar is dat Shaleen afgesterf het. Ek het hard gewens dis fake news. Toe ek haar nommer bel, toe antwoord haar vriendin en bevestig Shaleen het afgesterf. Ek kon hierna nie eens regtig volsinne uitkry nie. Shaleen, die legendariese aktrise wat die hele SA op die…

f0005-02
5 min
wenke wat werk

ANTWOORD ’n Kopvel wat jeuk, kan baie frustrerend wees. Partykeer is daar sigbare tekens soos vel wat afdop. Ander kere jeuk jou kopvel sonder opmerkbare vel-veranderings. ’n Algemene oorsaak is dandruff. Tekens sluit in ’n gejeuk, afdoppery, ’n rooi vel en geel of wit“skubbe”. Ander oorsake sluit in diabetes, shingles, allergiese reaksies, angs, ’n ringworm en kopluise. Om dit te behandel, kan jy jou apteker vra vir ’n antifungal room of topical steriods. Kopluise moet medies behandel word. As die gejeuk nie weggaan ná ’n paar dae nie, gaan dokter toe. Om ’n jeukerige kopvel te vermy, was jou hare in warm, maar nie kokende water nie. Om allergiese reaksies te voorkom, vermy produkte wat kleursel en fragrances bevat. Bron: www.healthline.com/health/itchy--scalp#prevention WENK GESOEK Is daar raad om die swaar lot vanloadshedding ’n bietjie ligter te…

f0006-01
12 min
genees & groei

“JY MOET ELKE DAG BESLUIT OM ’N BETER MENS TE WEES EN JY MOET NOOIT OPHOU WERK AAN JOUSELF NIE.BOBBY STUURMAN” ’n Goeie booswig is darem nou maar ’n noodsaaklike bestanddeel vir enige goeie TV-stuk! In elke stuk is daar die karakterwat jou senuwees aan flarde het en drie van die booswigte wat tans op ons skerms woeker, is Bompie en Langes (gespeel deur Jarrid Geduld en Bobby Stuurman), tans te sien in kykNET&kie se Arendsvlei, en Nazeem Jacobs (gespeel deur Irvine van der Merwe) in kykNET seSuidooster. Dié karakters laat kykers se bloeddruk die hoogte inskiet en hoewel hulle weekliks toegesnou word met kwetsende woorde, kan kykers nie anders as om in spanning te wag om te sien wat hulle in die mou voer nie. Tog moet ’n mens erken hoewel dié…

f0008-01
6 min
klongnou kampioen

Ses jaar gelede was hy ’n skoor-soekerige tiener wat hom aan die neus laat lei het deur die verkeerde maters. Lleyton Davids (19) was skaars lus vir skoolloop en selfs sy geliefde atletiek het daaronder gely. Ja-nee, tóé was verbode vrugte die lekkerste. Vandag is dié graad 11-leerder van die Jakes Gerwel Tegniese Hoërskool op Bonnievale dankbaar hy het homself reggeruk. Verlede maand het Lleyton die goue medalje by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se jaarlikse kampioenskapsbyeenkoms losgespring. En, daai wensprong van 16,46 m by die Tuks-stadion in Pretoria, maak hom nou ons land se driesprongkampioen. ’n Week later het hy boonop sy eie rekord in Paarl verbeter met ’n afstand van 16,49 m, presies 65 cm weg van sy groot hartsbegeerte: om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer. (Die kwalifiserende afstand is 17,14…

f0014-01
12 min
selfmoord beroof ons

Dit voel nog soos gister toe Kuier tragies berig het oor die skielike en ontydige afsterwe van twee leerders van die spog hoërskool La Rochelle in die Paarl wat in November 2020 skokgolwe deur die land gestuur het. Dié twee is twee dae uitmekaar dood. Beide Jadé Gouws (17) en Zara Malherbe (17), graad 11-leerders by die skool, het na bewering hul eie lewe geneem. Die seer en verlies van dié twee leerders se skielike en onverwagte afsterwe het nog vlak gelê toe skoolgemeenskappe onlangs wéér gesteier het onder selfmoorde van jong, skoolgaande kinders. Kinders wat nog hul hele lewens en toekoms voor hulle gehad het. Net verlede maand het minstens drie leerders, Tamar Snyman (15), Memie Nanatakyi (18), albei van die Wes-Kaap, en Janayda Swartz (14) van die Noord-Kaap, hul eie…

f0016-01