ZINIO logo

Kuier 22 Jul 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

8 min
hallo my kuier-mense,

Winter is ’n anderste seisoen. Dis koud en nat (vir Kapenaars) en die triestigheid kan ’n mens se hele gestel sommer af laat voel. Maar soos die natuur ons geleer het, is die winter noodsaaklik sodat ons ’n lente en somer kan hê. Hierdie winter voel ook erger omdat ons steeds in die wurggreep van die verwoestende Covid-19-pandemie is en dit lyk ook nie of dinge vinnig beter gaan word nie. Oornag het ons woordeskat ook nuwe toevoegings gekry. Danksy die pandemie assosieer almal deesdae“delta”met die coronavirus en volgens nuusberigte gaan dit nie lank wees voor die Lambda-variant sy opwagting maak nie. ’n Mens kan dus nie help om te wonder hoeveel letters van die Griekse alfabet ons gaan deurwerk voor die pandemie verby is nie! Maar terwyl ons vir ons fisieke…

f0004-01
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Wat kan ek doen om ’n sticker se taai kol te verwyder wat nie wil weggaan op ’n kledingstuk nie? ANONIEM ANTWOORD Wat jy nodig het: Spons, stomp mes, spatula of ou bankkaart, sagte borseltjie (opsioneel), ou, wit handdoek, witasyn, prewash stain remover of vloeibare wasgoedseep. Stappe: 1. Voor jy begin, kyk na die kledingstuk se label om seker te maak jy kies die regte was-siklus. 2. Maak die witasyn warm in die microwave. Doop die spons daarin en druk dit oor die area uit waar die sticker-gom vassit tot dit deurweek en die asyn geabsorbeer is. Die gom behoort nou los te raak en op te rol sodat jy dit met die mes, spatula of bankkaart kan verwyder. 3. Spoel dit area uit met koue water en behandel die vlek met prewash stain remover…

f0006-01
10 min
kolbe lewe vir dié drie

Die beste rugbyspeler ter wêreld – dít is hoe Cheslin Kolbe (27) deesdae beskryf word. Cheslin is van Kraaifontein in die Kaap, maar woon deesdae in Frankryk. Mense kom van heinde en verre om hom op die rugbyveld te sien uitdraf en teen die einde van 2019 het hy reeds elke groot toekenning in Franse rugby verwerf. Tydens die Wêreldbeker in daardie jaar, het hy ook die beste drie van die seisoen gedruk. Die drie wat hy ter elfder ure teen Nieu-Seeland gedruk het, het hom ’n liefling onder Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners gemaak. Fast forward na 2021 (in 2020 het die pandemie die seisoen gekniehalter) en Cheslin gaan steeds van krag tot krag. Die Franse media beskryf hom as die beste oorsese speler in Frankryk se Top 14 (’n kompetisie) en hy is…

f0008-01
6 min
delta val sa aan

COVID-19 DELTA Suid-Afrika gaan tans gebuk onder die derde vlaag van Covid-19 en dis amper meer vreesaanjaend as vroeër, want die Delta-variant, wat vir die eerste keer in Indië opgemerk is, saai verwoesting en niemand kan voorspel hoe erg dinge nog gaan raak nie. Teen druktyd het dit woes gegaan in Gauteng, wat tans die meeste gevalle in Suid-Afrika tydens die derde vlaag het. Die skerp styging in die aantal positiewe gevalle het pres. Cyril Ramaphosa einde verlede maand genoop om die land na vlak 4 van die inperkings te skuif. Hoewel SA se inentingsprogram aan die gang is, vind dit nie vinnig genoeg plaas nie en die grootste deel van die bevolking is nog nie ingeënt nie. Teen 5 Julie was 3 459 660 mense reeds ingeënt. Dis amper 6% van die…

f0012-01
12 min
kliprand vegteenvirus

Niemand kan die verwoestende gevolge van Covid-19 vryspring nie. Nie eens wanneer jy op ’n klein, afgeleë plattelandse dorpie woon nie… En noudat die land amptelik ’n verwoestende derde vlaag van die virus beleef, is almal op hete kole en wonder wanneer hulle of iemand na aan hulle platgetrek gaan word deur die virus, of erger nóg sterf as gevolg daarvan. Die angstigheid is byna verlammend, maar dit is die harde werklikheid wat onlangs vir Kliprand, ’n dorpie in die Matzikama-munisipaliteit in die Wes-Kaap, getref het. Dié hele dorpie, 150 km ver van die naaste buurdorp met so 250 inwoners en 60 huishoudings, moes in Junie noodgedwonge in isolasie gaan nadat amper 12% van die dorpie se bevolking positief getoets het vir Covid-19. Dit het soos iets uit ’n sci-fi fliek gevoel,…

f0014-01
6 min
dok veg & volhard

Hierdie is ’n verhaal van uithou en aanhou, ondanks baie teleurstellings. Dis ook ’n verhaal met ’n gelukkige einde, al het dit baie lank gevat om daar te kom. Einde verlede jaar, net duskant haar veertigste verjaardag, kon Jaqueline Matroos uiteindelik“dokter”voor haar naam skryf. Dié 39-jarige boorling van Windvogel in Gqeberha het geweier om moed op te gee, al is sy vir langer as ’n dekade by al wat ’n mediese fakulteit is toelating geweier. Dit was nou tot 22 Januarie 2014 – nogals op haar verjaardag – toe wyle prof. Russel Bothman, destydse rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), onverwags haar aansoek goedgekeur het. Haar véértiende aansoek daar. Jaqueline, die oudste van twee susters, het in beskeie en moeilike omstandighede grootgeword. Haar pa het maar altyd tussen werke rondgeval.“Hy het baie gedrink en…

f0018-01