ZINIO logo

Kuier 19 Aug 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Vroue is die fokus vir Augustus en ook in hierdie uitgawe val die kollig op besonderse vroue wat nie toegelaat het dat hul omstandighede hul lot in die lewe bepaal nie. Dit vat inderdaad ’n sterk vrou om al die uitdagings van die lewe te trotseer en dan nog daar te wees vir haar geliefdes en haar gemeenskap ook. Dr. Janine Tromp van Suurbraak is ’n sprekende voorbeeld van iemand wat nie toegelaat het dat haar omstandighede in die pad van haar drome staan nie. Boonop gebruik sy haar vindingrykheid en talent om ander se lewens beter te maak. Nog ’n vrou wat haar talent gebruik om ander te inspireer, is Shana Fife wat ’n boek geskryf het om haar lewensverhaal te deel en sodoende vir vroue in uiters uitdagende omstandighede te…

f0004-01
3 min
boodskappe

Duran (Kans om te léwe, 8 Julie) se storie het my diep geraak. Ek bid dat hy nog so ouer as ek sal word (74). Toe ek jonk was, het ek geregistreer as orgaanskenker. Miskien sal dit tog nog iemand kan help. Laat ons weet hoe gaan dit met die pragtige seun. Sy storie het my blydskap gegee. BEATRICE Sjoe! Waar begin ’n mens? Die storie van Duran Thomas (Kans om te léwe, 8 Julie) wat ’n nieroorplanting gekry het, sy opgroei met die pynlike proses, die hartseer van hul verlies van ’n vader en eggenoot … Ek moet sê,dit vat baie van ’n ouer(s). Ek kan my nie indink wat hulle moes deurmaak nie. Wat nog te sê van die seuntjie? Ek het nooit geweet hoe dialise plaasvind tot nou met…

2 min
aanlyn hulp vir matrieks

Die voortslepende Covid19-pandemie het vanjaar weer die 2021-skooljaar deurmekaargekrap. Maar te midde van al die onsekerheid wil Kuier matrikulante die versekering gee dat ons hulle deur middel van die Kuier Rapport Matriekklas 2021-projek, weer gaan help voorberei vir die belangrikste eksamen van hul skoolloopbaan. Kuier en die Rapport Onderwysfonds (ROF) is vanjaar weer vennote om hierdie projek in Afrikaans in samewerking met Netwerk24 aan te bied. Tien vakke (Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Engels Eerste Addisionele Taal, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Fisiese Wetenskappe, Rekeningkunde, Ekonomie, Besigheidstudies en Lewenswetenskappe) word gedek in vanjaar se projek. Bykomend hiertoe gaan skryflesse ook aangebied word, wat matrikulante gaan lei oor taalgebruik wanneer jy jou vraestelle beantwoord. Ons maak vanjaar ook voorsiening vir matrikulante wat mik vir A-en B-gemiddeldes sodat hulle beter universiteitstoelating kan kry. Van die lesse…

f0005-05
5 min
wenke wat werk

ANTWOORD Ons almal weet ’n mens moet gedurig afstof hierdie tyd van die jaar, maar dit hoef nie al jou tyd te vat nie. 1. Stof af voor jy stofsuig. Soos jy afstof, val stukkies stof op die grond. As jy afstof voor jy stofsuig, hoef jy nie twee keer te stofsuig nie. 2. Stof van bo na onder af. 3. Bêre jou verestoffer, want dit beweeg net stof rond. Gebruik eerder ’n klam, skoon microfiberlappie. Om dit klam te kry, sproei dit met water eerder as om dit onder die kraan te hou. Bron: www.mollymaid.com/cleaning--tips/how-to-save-time/save-time--dusting/ WENK GESOEK My gesin is mal oor mashed aartappels, maar myne kom altyd klonterig uit. Enige wenke? ANONIEM ANTWOORD Volg dié raad vir heerlike en gladde mashed potatoes! • Kook jou aartappels in groot stukke. As jy dit te klein sny, absorbeer dit te veel…

f0006-01
11 min
zelda kyk vorentoe

“HY (MADIBA) HET MY GELEER OM MENSWEES BÓ IDEOLOGIE TE STEL.”ZELDA LA GRANGE Die wêreld het haar leer ken as Madiba se regterhand, maar min mense weet wie die regte Zelda la Grange (50) werklik is. Sy is gebore in die apartheidsera in Boksburg, Gauteng, het in Pretoria grootgeword en noem deesdae Kaapstad haar huis. In die vroeë 90’s het Zelda by die departement van staatsbesteding begin werk as sekretaresse, waarna sy na die personeelafdeling geskuif het en bevorder is na senior personeelbeampte. Zelda vertel sy het in Oktober 1994 aansoek gedoen vir ’n pos in die politikus Jay Naidoo se kantoor in die presidensie, en was maar net op die regte tyd op die regte plek toe Madiba se privaat sekretaresse ’n assistent gesoek het. “Ek het eers vir haar, Mary Mxadana, gewerk,…

f0008-01
5 min
dok is tops!

Nie net is sy mooi, slim en talentvol nie, dr. Janine Tromp (27) van Suurbraak in die Wes-Kaap het ook ’n hart van goud en het onlangs bewys, waar passie en deursettingsvermoë ontmoet, is enigiets moontlik. Nie net is sy ’n dokter tydens die vreesaanjaende pandemie nie, maar sy het ook haar eie besigheid begin gedurende ’n moeilike tyd en ’n gesin gehelp in ’n tyd waar hul inkomste weggeruk is deur die lockdown se inperkings. HELP GRAAG ANDER Grootgemaak deur ’n enkelma, het Janine van kleins af geweet sy wil medies gaan studeer. “Ek wou graag met mense werk en hulle help, maar ek is ook mal oor die studie van die menslike liggaam, so dit was een van my drome en ek is so dankbaar dit kon ’n realiteit word,”…

f0012-01