ZINIO logo

Kuier 02 Sep 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

7 min
hallo my kuier-mense,

Die eerste uitgawe in September is altyd baie spesiaal aangesien die eerste Kuier-tydskrif in September 2009 die lig gesien het, so hierdie is ons verjaardaguitgawe! Dis nou al ’n hele twaalf jaar later en steeds die beste werk in die hele wye wêreld! Deur die jare was daar baie uitdagings, maar ook baie om te vier. Niks kan egter met die afgelope jaar vergelyk nie. Nog nooit moes ons iets so vreesaanjaends soos die Covid-19-pandemie trotseer nie. Hoewel ons ons werkwyse heeltemal moes aanpas, kon ons nog elke tweede week sorg dat Suid-Afrika se grootste vrouetydskrif op die rak verskyn. Daar was ook ’n paar positiewe gevalle in die span, maar ons is diep dankbaar dat ons tot dusver almal uitgespaar is. Ons is net so dankbaar vir ons getroue lesers wat…

f0004-01
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Hoe verwyder ’n mens beetvlekke van jou hande af? ANONIEM ANTWOORD Beet is so ’n wonderlike en gesonde groente. Die enigste nadeel is die pienk-rooi vlekke wat dit op jou vingers agterlaat. Gelukkig is dit baie maklik om te verwyder. Maak só: • Sny ’n suurlemoen in die helfte. Staan oor die kombuiswasbak en druk die suurlemoensap uit op jou vingers. Vryf die sap tussen jou hande en laat dit in die wasbak drup. Spoel jou hande af. Herhaal die proses tot al die vlekke verdwyn. Jy kan ook jou hande in ’n bakkie suurlemoensap vir twee minute week en dit dan was. • Maak jou hande behoorlik droog en gooi ’n teelepel tafelsout in die palm van jou hand. Vryf nou jou hande saam. Dit sal ook help om die vlekke te…

f0006-01
4 min
vertrou en jy sal blom

“Dis heerlike lente, die winter is verby!”Dié liedjie dateer uit my kinderdae. Daai kinderlike opgewondenheid wanneer jy sien en ervaar dat alles rondom jou letterlik verander! Bome wat voorheen grysvaal was, is meteens in volle blom. Oral steek die fraaiste blommegesiggies uit, terwyl die son sy breedste glimlag gee. Geen teken van die spookaanjaende donkerte van winter nie. Hoera! Lente is hier! Pred. 3:1:“Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd.” Selfs in my geloofslewe ervaar ek gereeld “seisoene”; selfs tye waar dit vir my moeilik is om die lig te kan sien. Ons gemoedstoestand speel definitief ’n rol. Ons moet onsself gedurig herinner dat alles ’n begin en ’n einde het. Gedurende die lente-seisoen in my geloofslewe is ek in afwagting vir nuwe geestelike…

f0008-01
1 min
skep moed & groei

GEBED Here, daar is baie van ons wie se gemoedere steeds in winter vasgevang is. Ons sukkel nog om gewoond te raak aan al die dinge wat gebeur in ons land en lewens en om ons seer te verwerk. Ek vra U vandag, bring nuwe hoop en skep nuwe geleenthede vir elkeen van ons sodat lente in ons lewens ook kan aanbreek. Help ons om ons geloof in U te laat groei soos die nuwe bloeisels begin bot. Maak gebroke harte weer heel en versterk familiebande. Ons het mekaar so nodig in hierdie tye waarin ons leef. Help ons ook om op U Woord te vertrou sodat ons kan groei en sterker wees as voorheen. Dankie vir die soete wete dat wanneer ons soggens ons oë oopmaak dat dit nog ’n kans uit…

f0009-01
11 min
tamaryn vind vreugde

Sy is mooier as mooi, slim én dierbaar en in 2021 is die beeldskone voormalige Mej. Suid-Afrika Tamaryn Green (27) aan die begin van ’n nuwe hoofstuk in haar lewe, met ’n nuwe loopbaan, ’n handsome verloofde en ’n klomp drome vir haar toekoms. Nadat sy in 2019 as mediese dokter gekwalifiseer het, het Tamaryn die glitz en glamour van skoonheidskompetisies en die glanslewe verruil vir scrubs en die chaos van hospitale se ongevalle-sale – ’n behoorlik vuurdoop met die uitbreek van die Covid-19-pandemie. Kuier het met haar gesels die oggend ná ’n 12 uur lange nagskof en hoewel sy uitgeput was, was sy steeds die vriendelike, vrolike mens wat die publiek in haar glansjare leer ken het. Tamaryn is tans besig met haar tweede jaar van internskap by ’n hospitaal en in…

f0010-01
6 min
syveg & floreer

Ses jaar gelede was dit so hittete of operasanger Brittany Smith (26) van Northpine (Brackenfell) in die Kaap se sangdrome het aan skerwe gelê. Sy is in 2015 met endotrageale tuberkulose, net 4 cm onder haar stembande, gediagnoseer. Maar vandag is sy dankbaar, want dié uitdaging het haar uiteindelik beter en sterker gemaak. Sy het op haar voete geland en nou stap sy die pad vorentoe, weer met God aan haar sy. “Ek erken toe ek siek was, het ek gedink die Here laat my in die steek. Ek wou weet hoekom doen Hy dit aan my? Nou verstaan ek. Ek het opgehou wroeg met God.” Sy was haar ma, Felicia, se sonskynkind. “My ouma, Annie Sepkit, is dood aan borskanker toe ek net twee maande was. Dit was ’n donker tyd vir…

f0014-01