ZINIO logo

Kuier 16 Sep 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

7 min
hallo my kuier-mense

Dis nou nie meer Vrouemaand nie, maar niks keer ons om aan inspirerende vroue hulde te bring nie en dis ook hoe dit hoort! Hierdie uitgawe is propvol vroue wat in hul lewens al diep beproef is. Elkeen se stryd verskil, maar elkeen is getoets. En elke keer was dit hul rotsvaste geloof wat die deurslag gegee het. Ek kan my nie ’n dieper beproewing indink as waardeur Tamara Goliath moes gaan nie en ek is self al deur breintrauma. Die feit dat sy daardie tyd swanger was, moes dinge seker honderd keer meer vreesaanjaend gemaak het, maar danksy haar geloof het sy sterker anderkant uitgekom. Lyndill Cilliers se aangrypende verhaal sal jou laat regop sit en die jong skrywer Michelle Nkamankeng is net pure inspirasie vir wat sy al alles in…

f0004-03
5 min
wenke wat werk

WENK GESOEK Ek wil graag weet wat ’n mens kan gebruik vir puisies wat vlekke agterlaat. ANONIEM ANTWOORD Puisies is ’n nagmerrie, maar gelukkig is daar verskeie boererate om die merke wat dit soms agterlaat, op ’n natuurlike manier te behandel. • Eerstens, om dit te voorkom, hou op om aan jou gesig te raak met vuil hande. Dit maak puisies erger. • Coconut oil is die geheime bestanddeel wat enige soort vel-toestand kan behandel. Dit is antibakteries en anti-inflammatories. Smeer dit aan die areas en los oornag vir beter resultate. • Aloe vera is nog ’n wondermiddel wat puisies laat verdwyn. Dit voorkom ook infeksies en verlig wonde se pyn sonder om merke agter te laat. Smeer daagliks ’n dik laag aan voor bedtyd en los oornag. Bron: https://bit.ly/3t9Z2og VRAAG Help asseblief met die lente se hooikoors! ANONIEM ANTWOORD • Probeer om…

f0006-01
11 min
shimmy skitter op 40!

Sy is nie ’n vrou wat jy in ’n boks kan druk nie, maar sy is beslis a force to be reckoned with! Die veelsydige kunstenaar Shimmy Isaacs vier nie net vanjaar haar 20ste jaar in die vermaakbedryf nie, maar ook haar 40ste verjaardag! Mooier, slimmer, wyser en meer outentiek as ooit. En dit is in haar rol as Petra in kykNET&kie se telenovela, Arendsvlei, wat sy kykers laat kraai het van die lag, maar ook soms hul bors lekker warm gemaak het. Petra het ’n vlymskerp tong en gaan tot die uiterstes om haar kind te beskerm. ’n Karakter waarmee so baie van ons kan vereenselwig. En hoewel Shimmy nie tans te sien is in die reeks nie, is dit ’n karakter wat haar die geleentheid gebied het om haar…

f0008-01
10 min
gered ná are bars

“My God is so groot, so sterk en so magtig. Daar is niks wat my God nie kan doen nie. My God is ’n God van wonderwerke!” Só verklaar Tamara Goliath (30) van Mitchells Plain in die Wes-Kaap nadat sy in Oktober verlede jaar twee breinaneurismes gehad het terwyl sy agt maande swanger was. Daar was tye wat sy gedink het sy gaan dit nie maak nie, maar telkens het die Here bewys dat Hy nooit Sy kinders verlaat nie. Tamara glo sy is ’n wonderwerk op twee bene en ná twee breinoperasies is sy gelukkig om nog te kan praat en loop. Dokters het voorspel dat Tamara eers dae ná die twee operasies sal wakker skrik en dan sal hulle die skade kon bepaal. Maar enkele ure ná die operasies het…

f0012-01
6 min
lees is ’nfees

“As jy kan lees, kan jy skryf, y, en wanneer jy kan skryf, kan jy die wêreld verander,” meen die 12-jarige Michelle Nkaman-keng,’nJohannesburgse skrywer wat op die brose ouderdom van nege,’nliterêre sensasie geword het. Michelle het haar liefde vir lees en boeke ontdek toe sy net vier jaar oud was en het op sewe haar eie boek neergepen.“Ek het begin skryf, want ek het besef die meeste kinderboeke word deur grootmense geskryf. Ek wou hê kinders moes hul eie stories en ervarings met mekaar deel – van kind tot kind – en het gedink as ek ’n voorbeeld is, sal ander in my voetspore volg. Kinders het soveel mooi gedagtes en stories en ons moet ons avonture met die wêreld deel.” Aanvanklik het Michelle stories uit haar eie ervarings neergepen, maar deesdae…

f0016-01
12 min
geloof haar anker

Wanneer sy oor haar lewe terugkyk, is daar een ding wat Lyndill Cilliers (38), ’n reisagent van Somerset-Wes in die Wes-Kaap, beslis weet – dit maak nie saak deur watter moeilike tye sy gaan nie – God hou haar veilig vas in Sy Hand. Gebeure buite haar beheer het Lyndill se kinderjare gesteel. Nooit het sy die kans gehad om net ’n onskuldige, sorgvrye kind te wees nie. Vandag is Lyndill ’n sterk, gelowige, formidabele vrou, ma en vriendin. Niks kan haar onderkry nie. En met ’n lewensmotto van“pull yourself towards yourself en carry on,”kan ’n mens begin verstaan hoe sy nooit toegelaat het dat dit wat ander aan haar gedoen het, haar verwoes nie. “Ek was altyd ’n‘Daddy’s girl,”onthou Lyndill.“Hy was my hero.” Toe haar ouers skei toe sy maar ses jaar…

f0018-01