ZINIO logo

Kuier 30 Sep 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Baie mense wat ek ken, is so op van die pandemie, hulle sidder elke keer as hulle net Covid-19 hoor! Baie ander kan egter nie van die virus ontsnap nie, al wil hulle hoe graag. Elke dag hoor ’n mens ook van nog iemand wat sukkel om die gevolge daarvan af te skud en hoe lang Covid steeds hul lewe hel maak. Hoewel baie mense heeltemal virusvoos is, het die pandemie en inperking tog baie van ons tot stilstand gebring en gedwing om na binne te kyk en te besluit wat belangrik is en wat en wie ons regtig in ons lewe wil hê. Vir Jenine Kammies (bladsy 16) is dit om haar biologiese ma op te spoor net sodat sy haar ’n drukkie kan gee. Ons hoop baie hard dat…

f0004-01
4 min
boodskappe

Amen, Tamara (Gered ná are bars, 16 September). Ons kan net God dank en prys dat ons nog kan asemhaal en ons oë kan oopmaak. Sonder Hom is ons niks, prys Sy naam. Ek het verlede jaar ’n groot breinoperasie ondergaan en God het my deurgedra. ANONIEM Wow, wat ’n wonderwerk. Ek het Tamara se storie gelees (Gered ná are bars, 16 September). Dit wat sy moes deurmaak is net God se genade. ZELMA, GEORGE Kuier is beslis ’n wenner-tydskrif. Die Kuier-span was nie uitgesonder tydens die pandemie nie. Soos Kay sê hulle het ook positiewe gevalle gehad; moes ook aanpas by veranderde werksomstandighede – ek is seker daar was angs, frustrasie, bekommernis… Maar julle het deurgedruk omdat julle aan ons, die lesers, gedink het! Wanneer ’n mens ’n Kuier lees, lees jy nie…

f0004-08
2 min
suid-afrika is trots!

Sportmense het nog altyd daardie ietsie ekstra aan hulle gehad, maar as daar ’n groep atlete is wat ’n mens in totale vervoering kan laat, is dit die para-atlete wat aan die pas afgelope Paralimpiese Spele in Tokio, Japan, deelgeneem het. Suid-Afrika het sewe medaljes (vier goud, een silwer en twee brons) ingepalm en 34ste op die Paralimpiese ranglys geëindig. Ntando Mahlangu (19) het twee goue medaljes verower, terwyl Anruné Weyers (28) en Pieter du Preez (41) elk ook die wenners van ’n Olimpiese goue medalje was. Louzanne Coetzee (28) het op haar beurt ’n silwer- en bronsmedalje gewen. Sheryl James (35) het ook ’n bronsmedalje gewen. Die atleet wat egter almal se aandag ’n bietjie meer trek en reeds as ’n ster beskou word, is Ntando, wat tans in sy matriekjaar by die…

f0005-01
5 min
wenke watwerk

ANTWOORD Oor tyd raak wasmasjiene net soos enige ander toestel vuil. Gewoonlik is daar instruksies by jou wasmasjien oor hoe en wanneer om dit skoon te maak. As jy jou masjien wil deep clean, maak só. Benodighede: • 2 koppies witasyn• 1/2 koppie Koeksoda• ’n Sproeibottel• ’n Sagte lappie• ’n Tandeborsel Instruksies Spuit die drom met witasyn en vee dit oral af met die sagte lappie. Vee ook die rubberseëls om die deur af. Gooi twee koppies witasyn in die seephouer en doen ’n lang, warm siklus. Sprinkel ’n halwe koppie koeksoda direk in die drom en doen weer ’n lang, warm siklus. Vee die deur en voorkant van die masjien af met die sagte lappie tot dit sprankel. Los die deur oop en laat die masjien behoorlik droog word. Bron: https://www.architecturaldigest.com/story/how-to-clean-washing-machine-with-vinegar WENK GESOEK Het enigiemand raad vir…

f0006-01
11 min
denise bly dankbaar

Soos ’n goeie wyn, word die veteraanaktrise Denise Newman (67) net beter met ouderdom en deesdae floreer sy nie net as aktrise nie, maar sy vervul ook ’n nuwe rol as ouma van haar eerste kleinkind. In hierdie tye waarin ons lewe, is Denise ook baie bewus van haar en almal in haar binnekring se veiligheid en raai sy almal aan om dieselfde te doen. En, erken Denise sonder enige apologie – al is daar mense wat neerkyk op sepieakteurs omdat dit nie as“regte werk” beskou word nie, is sy nie skaam vir die werk wat sy doen nie, en werk sy nou vir haar pensioen. “Daar was die laaste ruk ’n paar verwik-kelinge in my lewe, maar ek is gesond, ek is nou ’n ouma en ek geniet my werk verskriklik,” gons…

f0008-01
7 min
langlyding

Twee tot drie keer ’n nag moet Lee-Ann Benson van Trompsburg in die Vrystaat opstaan net om haarself weer kalm te kry. Dis nou wanneer haar hart so vinnig begin klop dat dit voel of dit uit haar borskas wil spring. Lee-Ann (34), ’n verpleegster by ’n staatshospitaal, is onder diegene wat langtermynsimptome van Covid-19 oorgehou het. Hoewel dit tans onduidelik is hoeveel mense met sogenaamde lang Covid sukkel, is daar kommer oor die bykomende las op die Suid-Afrikaanse gesondheidstelsel, terwyl dit ook mense uit die werk hou of hul produktiwiteit aantas. Lee-Ann het aanvanklik ’n ligte verkoue, loopneus en seer keel gehad nadat sy einde September 2020 positief getoets het. Ná haar isolasietydperk het sy egter erge slaaploosheid en hoofpyne ontwikkel, geen eetlus gehad nie, en kon sy nie proe of ruik…

f0012-01