Kuier 14 Oct 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallo my kuier-mense,

Mrs. Jones is al lank op ons lys van mense wat ons graag as voorbladgesig wil hê, want sy is ’n inspirasie vir die hele span as een van die formidabele vroue in die Suid-Afrikaanse media in wie se voetspore ons volg. Ons kon net nooit ooreenstem oor watter uitgawe hare moes wees nie, want sy het altyd iets insiggewends om te sê. Ek wouwag tot’n groot geleentheid soos haar 60ste verjaardag, die span wou nie. En toebesluitdie lewe vir ons … Die hele land het baie groot geskrik toe Ingrid in September weens ’nberoerte in die hospitaal beland. Moenie Ernusta Maralack se onderhoud met haar mis oor dié gebeure en die lewenstryd waarin sy gewikkel is nadat haar man ook twee jaar gelede ’n groot beroerte gehad het nie. In haar…

f0004-01
2 min
facebook

As ene ’n omloop het, is iemand in die familie swanger. As jy ná twaalf inkom, moet jy sout agter jou gooi of die spoke kom saam in die huis. As jy in die nag die huis uitvee, dan vee jy jou blessings by die deur uit. FAUDIA CLOETE Moenie jou baba se hare sny voor een jaar nie, anders sal jou kind ’n spraakprobleem het. Ek wou kyk of dit werk en albei seuntjies se hare op ses maande afgesny. Dis onwaar! Hulle babbel van die môre tot die aand. En dan aan die ander kant as jy melk laat mors dan is jy swanger. Wel, dit het met albei my pregnancies gebeur. Dalk was dit maar net per toeval. VALENCIA HOORN Moenie ná sononder vullis by die deur uitvee nie,…

3 min
boodskappe

Aan die Goliath-familie. Tamara, jou storie het my in trane gehad (Gered ná are bars, 16 September). Ek is baie bly jy sterk mooi aan. Jou getuienis het my laat besef hoe dankbaar ons elke dag moet wees. Alle voorspoed vir jou en jou familie. ANONIEM Wat ’n getuienis en wonderwerk wat die Here vir Tamara en gesin gedoen het (Gered ná are bars, 16 September). Wow … Ek het gelees dit met trane in my oë. SUS COLLEEN Hi. Ek is wel 13 jaar oud, maar ek dink die storie van tannie Tamara was ’n wonderwerk (Gered ná are bars, 16 September). Ek het my mamma se Kuier gevat en ek het hierdie storie gelees en ek is bly vir daardie tannie. LONIE Na aanleiding van Tamara Goliath (Gered ná are bars,…

1 min
somercombo is hier!

Die lang wag is verby en ons kan weer uit volle bors aankondig KuierCombo Somer is weer op die rakke! Vanjaar se uitgawe is ’n ware lus vir die oog en propvol nuwe somerresepte vir elke kosliefhebber – of jy nou die kok is of net geniet om weg te lê aan ’n heerlike bord kos. In hierdie uitgawe van KuierCombo Somer het Karen Hart en Samantha Liedeman gekook met appels en pere, avokado’s, smullekker soetgoed gemaak en kosinspirasie uit die Ooste gebring. Moet ook nie Weskusklong Denzel Koenana se seekosgeregte misloop nie, want dit sal jou sommer laat lus kry om strand toe te gaan! KuierCombo Somer is nou te koop teen R40. Waarvoor wag jy nog? Gaan kry joune!…

f0005-01
5 min
wenke wat werk

ANTWOORD Dis maklik vir muf om op netgordyne te groei. Muf laat gordyne oud en vuil lyk en sleg ruik. Gelukkig is dit amper net so maklik om dit te verwyder. Maak só: 1. Meng een deel bleikmiddel met vier dele water in ’n spuitbottel en spuit die geaffekteerde areas op ’n afstand van 15 cm tot 20 cm.2. Was dit in die masjien teen ’n lae temperatuur. Gooi ’n halwe koppie koeksoda by om met die reuke klaar te speel.3. Hang dit buite of in die stort om droog te word. Bron: https://bit.ly/3iifgav VRAAG Enige raad om oliekolle uit jeans te kry? ELDERENE VAN VUGHT ANTWOORD Die meeste grease en olie is semi-solied of solied teen kamertemperatuur, wat beteken om dit te verwyder, het jy warm water nodig. Dit hang ook af van die materiaal. Gelukkig is…

f0006-01
4 min
geseënd is die dank bares

God is aangetrokke tot ’n gesindheid van dankbaarheid. Ps.100: 4 sê:“Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys Sy Naam.”Die realiteit is dat sonder ’n dankbare hart en gesindheid sal dit nie moontlik wees om deur die poorte te gaan nie. As jy wel deur die Here se poorte gaan tot Sy aangesig, moet ’n mens dankbaar wees. Die volheid van God se teenwoordigheid is agter die poorte van dankbaarheid. Ons almal weet dat sekere hekke spesifieke sleutels het en daarsonder is toegang hopeloos. Dis dieselfde met die poorte van God, waarvan die sleutel dankbaarheid is. Ek glo dat wanneer ’n mens ’n gesindheid van dankbaarheid het teenoor God en die mens, is daar ’n openlikheid wat oor jou kom. Jy begin om te sien en te voel…

f0008-01