Kuier 28 Oct 2021

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biweekly
R 13,60
R 265,20
25 Issues

in this issue

1 min
hallomy kuier-mense,

Geweld in die huis is ongelukkig steeds ’n realiteit in baie van ons gesinne en oor die jare het ons al baie stories gedoen van vroue en kinders wat onder ’ngeliefde se vuiste deurloop. In hierdie uitgawe bekyk ons egter die kwessie uit ’n ander hoek en vertel ’n man sý verhaal van gesinsgeweld. Dít is regtig nie iets wat dikwels aan die groot klok gehang word nie, maar Charles Olivier (bladsy 16) was sodesperaatom hulpte kry dat hy ons genader het om sy storie te deel oor hoe hy al vir jare onder sy saamleefmaat deurloop. Dis ’nskokkende verhaal wat wys hoe moeilik dit vir slagoffers kan wees om uit die situasie te ontsnap en dat dit inderdaad nie net vroue en kinders is wat aan die kortste ent trek…

f0004-01
5 min
boodskappe

Ek gee God al die eer vir (Anthea hul Engel, 14 Oktober) se lewe. Sy was voorwaar ’n spesiale engel. Ek wil vandag vir die Here baie dankie sê dat Hy haar 25 jaar aan hierdie familie geskenk het. Sy was voorwaar ’n geskenk uit God se hand. Persoonlik het ek nog nooit iemand anders gesien soos Anthea wat met soveel liefde en blydskap die Heilige Nagmaal ontvang waarmee my eggenoot haar altyd bedien het nie. Die verhaal het my laat besef hoe dankbaar ons moet wees vir gesonde kinders. Ek salueer vir Timmy en Anne Cloete, met hul kinders vir ’n werk goed gedoen. Terwyl ek lees, ervaar ek soveel liefde in hierdie “Geckie”se woorde. Ek weet dat God julle nie verniet deur hierdie seisoen geneem het nie, maar…

f0004-03
1 min
skryf ’n unieke kersverhaal en wen r5 000!

Ons ken almal iemand wat ’n storie alkante toe kan spin. En ons weet daar is ’n hele paar kreatiewes in die Kuier-familie – daarom het ons ’n skryfkompetisie spesiaal vir julle geskep. Kuier se kortverhaalkompetisie is hier om vir jou of iemand wat jy ken die geleentheid te gee om vlerke aan jul verbeelding te gee. Jy kan die kontantprys vir jouself gebruik of ’n geliefde behoorlik daarmee bederf. Van ons lesers het reeds op Facebook gedeel wat hulle met die prysgeld sal maak. Stuur jóú unieke weergawe van die tradisionele Kersverhaal (van tussen 3 000 – 3 500 woorde) na kuier@kuier.co.za met KUIER KERSVERHAAL in die onderwerpveld.Die wenner ontvang R5 000 kontant en die wenverhaal word in Kuier se Desember 2021-uitgawe gepubliseer. Inskrywings sluit op Vrydag 5 November 2021. Let…

f0005-01
5 min
wenke watwerk

WENK GESOEK Het julle asseblief raad vir koorsblare? ANONIEM ANTWOORD • Smeer ’n paar keer per dag heuning aan. Dit laat jou koorsblaar gouer gesond word.• Hou ’n ysie of yskoue lap daarteen vir 5 tot 10 minute om die inflammasie en rooiheid te kalmeer.• Lavender-, tea tree-en peppermint-olie help om koorsblare te behandel en verminder die jeukerigheid en pyn. Jy kan dit selfs met die heuningbehandeling meng. Meng ’n halwe koppie heuning en 10 druppels peppermint-olie, 10 druppels tea tree-olie en 15 druppels lavender-olie en dep dit twee keer per dag op die koorsblaar vir ’n paar minute.• Wanneer jou koorsblaar gesond is, vervang jou tandeborsel en was jou kussingsloop.• Smeer gereeld lip balm aan om jou lippe teen die son te beskerm. Bron: https://bit.ly/3AxcaFR WENK GESOEK Hoe kan ek met kakkerlakke klaarspeel? ANONIEM ANTWOORD Kakkerlakke floreer…

f0006-01
10 min
kay smith kies genesing

“JY MOET BEREID WEES OM TE ONT-VANG, OF DIT NOU ’N GESKENK,’N KOMPLIMENT OF IEMAND ANDERS SE TYDIS.”KAY SMITH ’n Sterk vrou is dapper ten spyte van haar vrese. Sy weier om stil te bly in die gesig van injustice. Sy is nie bang vir foute maak nie en sy vertrou haarself, want sy weet wie sy is en wat haar waarde is. Sy bou ander mense op en sien nie emosies as ’n swakheid nie. Sy is werklik gelukkig en weet sy is verantwoordelik vir haar eie geluk en innerlike vrede. Sy definieer haar eie sukses en glo in haarself. Sy voel nie sleg as sy die reëls breek nie en laat nie toe dat ander se opinies ’n impak het op haar nie. Sy is bereid om die werk…

f0008-01
7 min
op seer se spoor

My hart klop vinnig; sweet slaan op my voorkop uit en my vingers is die ene bewerasie terwyl ek hierdie storie tik. Met twee seisoene van Op Seer se Spoor agter die rug, het ek gedink ek het al alle moontlike tipe boosheid en wreedheid teëgekom, maar níks kon my voorberei vir die stories en hartverskeurende hartseer van die derde seisoen nie. Die nuwe seisoen se stories het my geaffekteer op ’n manier wat die vorige twee seisoene nie gedoen het nie, en meer as ’n maand ná verfilming is ek steeds nie myself nie en vat dit bomenslike krag om nie toe te laat dat al die hartseer en trauma my oorweldig nie… En julle, getroue Kuier-lesers en kykers van Op Seer se Spoor, is die eerste mense met wie ek…

f0012-01