ZINIO logo
EXPLOREMY LIBRARY
Home & Garden
Landbou Boerekos

Landbou Boerekos

Somer 2020-2021

Landbou Boerekos is ‘n kostydskrif wat jou beste vriend in die kombuis gaan word. Tussen die blaaie van ons eerste uitgawe kry jy alles wat jy nodig het vir ‘n bobaas-braai, en die lekkerste padkosstories en resepte vir aandete. Ons gesels ook met ‘n paar boere oor hul bedrywe en produkte - van lietsjies tot Karoolam

Read More
Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
Biannually

in this issue

3 min.
doen dit vir ons boere!

Loftus was destyds vanweë die wêreldbekersokkertoernooi nie beskikbaar nie, en die Bulle moes die Crusaders in ’n onvergeetlike Super Rugby- halfeindstryd in die Orlando-stadion in Soweto die stryd aansê. Duisende vuvuzela- blasende inwoners van Soweto het die busvragte vol senuagtigte Blou Bul-ondersteuners daardie Saterdagmiddag ingewag. Wat toe gebeur het, sal altyd ’n hoogtepunt van Suid-Afrika se gemeenskaplike geskiedenis bly. Die Bulle het gewen, en die Pretorianers het Soweto se gasvryheid ten volle ontdek. Teen alle verwagtinge in is daar tot vroegoggend in Klipspruitvalleiweg se shisa nyamas gekuier. Die “plekke van gebrande vleis,” soos hulle bekend staan. Gewoonlik niks meer nie as ’n piepklein winkeltjie wat vleis, mieliepap, chakalaka en koue bier verkoop. Die eintlike gekuiery gebeur langs die halfdromme gevul met kole op sypaadjies of in agterplase waar daar self gebraai word. Ek…

5 min.
só sê ons lesers

WENBRIEF De Villiers Greeff van Germiston is die wenner van ’n geskenkpak ter waarde van R1 500 van Kirabo Private Kelder. Geniet die prys, De Villiers! ONTHOUKOS OP MY TAFEL Uitgawe 16 van Boerekos lê oop op bladsy 42 op die kombuistafel. Vanaand is die Du Preezs se eiervrug die groente op die tafel. Die oorskiet-karringmelkpoeding van gisteraand sal nie vandag se sononder haal nie. Die bloubessie-afronding was ’n interessante toevoeging tot my ou resep. Gewoonlik is daar nie veel meer as Sondag-oorskiet op die Maandag-spyskaart nie. Daar was egter nie oorskiet van die beesstert van Sondag nie. Die karringmelkpoeding was wel nuut op die spyskaart want, soos met die beesstert van Sondag, is daar meestal nie oorskietpoeding vir Maandag nie. Hierdie Boerekos-tydskrif is vol geel PostIt-plakpapiertjies wat gemerk is vir die volgende paar weke…

3 min.
rek jou rande in die kombuis

Wat ’n vreemde ses maande was dit nie vandat ek laas met julle in ons Breedekloof-uitgawe gesels het nie. Toe was ons maar aan die begin van die nasionale inperking en niemand het geweet wat voorlê, en hoe lank of swaar die inperking nog sou wees nie. Dit het ons almal op die een of ander manier getref – finansieel en emosioneel het min van ons skotvry daarvan afgekom. Noudat ons weer stadig begin terugkeer na ons werkplekke en ’n mate van normaliteit, sien ’n mens die letsels van werkverliese en die gevolge van die skade wat die Covid-19-pandemie en inperking aan ons ekonomie aangerig het, oral waar jy gaan. Verlede week, terwyl ek tussen die winkelrakke loop vir kruideniersware en na die kospryse kyk wat net die hoogte bly inskiet, het…

1 min.
spensstaatmakers

Blikkies ⃞ Tuna⃞ Bone (botterbone, nierbone, suikerbone en gebakte bone)⃞ Keker-ertjies⃞ Heelpitmielies en geroomde suikermielies⃞ Gekapte tamaties⃞ Tamatiepuree en -pasta⃞ Chakalaka⃞ Kondensmelk⃞ Ingedampte melk⃞ Boksies of blikkies langleweroom Groentemandjie ⃞ Uie⃞ Botterskorsies of pampoen⃞ Patats⃞ Aartappels⃞ Knoffel⃞ Suurlemoene⃞ Brandrissies⃞ Vars gemmer Speserye en droë kruie ⃞ Sout en peper (seesoutvlokkies en swartpeperkorrels ook)⃞ Fyn kaneel en ’n paar kaneelstokkies⃞ Komyn⃞ Koljander⃞ Paprika⃞ Kerriepoeier en garam masala⃞ Borrie⃞ Neutmuskaat⃞ Brandrissievlokkies en rissiepoeier⃞ Lourierblare⃞ Droë oreganum of Italiaanse speserye⃞ Braaisout of geursout⃞ Kruienaeltjies Droë bestanddele ⃞ Koek- en bruismeel⃞ Bakpoeier en koeksoda⃞ Mieliemeel of polenta⃞ Suiker (wit en bruin)⃞ Kitsgis⃞ Koeskoes⃞ Rys⃞ Pasta⃞ Aftrekselblokkies of -poeier⃞ Mielieblom⃞ Mosterdpoeier⃞ Droëbone⃞ Lensies⃞ Tortillaskyfies Vrieskas ⃞ Bevrore stok- en skelvis⃞ Spekvleis⃞ Varkworsies en boerewors⃞ Bees- en varkmaalvleis⃞ Hoenderlewers⃞ Hoenderporsies⃞ Varkfilette⃞ Bevrore ertjies en mielies Olies, souse, smere, en ingemaakte en langleweprodukte ⃞ Olyfolie⃞ Kookolie⃞ Langlewemelk⃞ Wit-…

6 min.
só rek span hul rande

NELIA RICHTER Eindredakteur Ons koop die heerlikste organiese hoenders uiters billik direk van die plaas. Jy sal my ook nooit sonder ’n paar pakke salm (afsnystukke) in die vrieskas betrap nie – koop dit spotgoedkoop by goeie viswinkels. Met ’n groot, heel hoender kan jy lag-lag drie etes vir ’n honger gesin of ’n amateurrockgroep opdis. Van twee vyfdes van die fyngepluisde hoender maak jy hoender-a-la-king, van nog twee vyfdes ’n romerige maaskaas-blatjang-sampioengebak met broodkrummels en cheddar as bolaag en voorgesit op rys, en die orige vyfde kikker jy op met ’n geurige sous met vars gemmer, sojasous, heuning, knoffel, sesamolie en sjerrie, voorgesit saam met linguine en ’n kapsel kasjoeneute en vars koljander oorgestrooi. Maak ’n lys van alles in die vrieskas, spens en yskas, en probeer een week net…

3 min.
tuna

Korslose tunatert ’n Lekker, ligte middag- of aandete. Al wat jy hierby hoef voor te sit, is ’n slaai. 125 ml koekmeel 5 ml bakpoeier 1 ml sout 125 g gaar, gesnipperde spekvleis 250 ml gerasperde cheddarkaas 2 blikkies (170 g elk) tuna, goed gedreineer 2 eiers, geklits 375 ml melk 2 ml paprika 1 ui, gerasper Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met olie. Meng die meel, bakpoeier en sout saam. In ’n aparte bak, meng die gaar spek, kaas, tuna, eiers, melk, paprika en ui saam. Voeg by die droë bestanddele en roer tot gemeng. Giet in die oondbak en bak vir 30-40 minute tot ferm en goudbruin. Laat vir 10-15 minute afkoel, sny in porsies en sit voor met ’n mengelslaai. Lewer 6-8 porsies. Tuna-muisvalle 6…