EXPLOREMY LIBRARY
Men's Lifestyle
Landbouweekblad 100

Landbouweekblad 100

Landbouweekblad 100

Die room van 100 jaar se stories. Landbouweekblad het saam met die land se boere diep landbouspore getrap. Ons eeufees-uitgawe – ’n   versamelaarskoffietafeltydskrif – het merkwaardige stories, aangrypende foto’s, ikoniese voorblaaie en geelblad-advertensies van die afgelope honderd jaar.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Frequency:
One-off
Read More

in this issue

3 min.
’n eeu van saamboer

Gedenkboeke soos dié is amper noodwendig onvolledig, want daar het die afgelope eeu nagenoeg 5 000 uitgawes van Landbouweekblad verskyn. Om eerlik te wees, ons het nie lekker geweet waar om te begin nie, maar namate ons deur ou uitgawes begin blaai het, het ons gou besef dat goeie stories ’n lewe van hul eie het en hulself as’t ware kom aanmeld – ná vyftig of honderd jaar – om wéér vertel te word. Daar was voorblaaie wat ons eenvoudig wéér moes wys, soos dié van die dassiejagters op Sutherland, diep Kalahari-boorgate, Swakara-modefeeste op Windhoek en taai Merino’s van Barkly-Oos. Met behulp van ons argivaris, Aletta (Vossie) de Vos, het ons afgekom op wonderlike foto’s wat ons kon verwerk en die eerste keer weer hier kan wys. Party stories het ons opnuut laat…

13 min.
terugblik op ’n eeu

Die eerste uitgawe van Landbouweekblad het op 21 Mei 1919 verskyn, midde-in een van die mees traumatiese tye in die land se geskiedenis. Die jong Unie van Suid-Afrika het gesteier onder die nasleep van die drie ergste rampe van die dekade: Die Eerste Wêreldoorlog was enkele maande vantevore uiteindelik verby, die Groot Griep (die grootste demografiese katastrofe in die land se geskiedenis) het honderdduisende lewens geëis en die landbou was in die greep van die ergste “landsdroogte” van die nuwe eeu. Suid-Afrika was nou deel van die magtige Britse wêreldryk, maar met die verwoesting van die Anglo-Boereoorlog van skaars twee dekades vantevore nog vars in die geheue – veral die duisende vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe gesterf het en die 30 000 plase wat in die doodsnikke van die…

1 min.
motors, vervolgverhale en regsadvies

Oor die afgelope eeu het verskeie gerekende en gewilde medewerkers oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe in Landbouweekblad geskryf. M.C. van Sandwyk het van 1923 tot 1950 ’n weeklikse motorrubriek behartig. Dit was pionierswerk in die era toe motorvoertuie oorgeneem het by ry-en werktuie wat met trekdiere bespan is. Van Sandwyk het in 1935 ook die eerste lys Afrikaanse motorterme saamgestel. G.R. von Wielligh, ’n vroeë Afrikaanse skrywer en taalstryder, het verskeie bydraes in die 1920’s aan Landbouweekblad gestuur. Tydens die redakteurskap van Sarel van Vuuren het adv. C.R. (Blackie) Swart die regsvrae van lesers in die rubriek “Die Wet in die Alledaagse Lewe” beantwoord. Metrepubliek-wording in 1961 het Swart die land se eerste staats-presidentgeword (destyds ’n seremoniële amp, met die uitvoerende magte in die hande van ’n eerste minister). Vervolgverhale was…

6 min.
op die voorblad

10 min.
nuut onder die son

ANORGANIESE KUNSMIS Die geskiedenis van kunsmis begin in 1842 toe die Engelsman John Lawes die eerste anorganiese misstof ontwikkel het deur fosfaatrots met salpetersuur te behandel om superfosfaat te vorm. In dieselfde jaar het ’n Duitse navorser, Justus von Liebig, vasgestel dat plante stikstof nodig het om welig te groei. In 1909 het die Duitse chemici Fritz Haber en Carl Bosch ’n proses ontwikkel waardeur ammonium ekonomies haalbaar uit die atmosfeer gesintetiseer kan word. Slegs vyf jaar later het Bosch, saam met ’n BASF-navorsingspan, ’n fabriek vir die vervaardiging van ammonium opgerig. Dit was die begin van die hedendaagse kunsmisbedryf. Die tegnologie is nie onmiddellik aangegryp nie. Eers in die 1940’s het boere in Amerika anorganiese kunsmis op groot skaal begin gebruik. Dit het opbrengste drasties verhoog. KRAGAFTAKKERS In 1918 het die International…

1 min.
die eerste reën op lemoenboorde

Mnr. Dirk Visser van die plaas Heksrivier, tussen Citrusdal en Clanwilliam, is een van die vroeë pioniers van sprinkelbesproeiing in Suid-Afrika. Hy het al in 1939 daarmee begin en is na beste wete die eerste man wat besproeiingswater op lemoenboorde laat “reën” het. Heksrivier se kunsmatige reën is afkomstig uit ’n voortjie wat oor die plaas loop. Die rivierwater word uitgekeer in 3 myl se ondergrondse sementpype wat deur die boorde loop. Uitgemesselde suiggate is plek-plek aan dié pype verbind. ’n Mobiele spuiteenheid word daaraan gekoppel. Dit bestaan uit’ndieselenjin, kragtige pomp en verstelbare spuit wat die water deur ’n gaatjie van 42 mm uitlaat. Die spuit word só gestel dat dit heen en weer deur twee derdes van ’n sirkel loop en al agter die rug van die spuiteenheid laat reën…