EXPLOREMY LIBRARY
searchclose
shopping_cart_outlined
exit_to_app
category_outlined / Travel & Outdoor
LandbouweekbladLandbouweekblad

Landbouweekblad

19-Jul-19

Suid-Afrika se grootste en invloedrykste landboutydskrif staan al meer as 95 jaar in die diens van boere. Die tydskrif bied rigtinggewende en wetenskaplik nagevorste artikels, en is 'n advertensiemedium sonder weerga in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Country:
South Africa
Language:
Afrikaans
Publisher:
Media 24 Ltd
Read Morekeyboard_arrow_down
BUY ISSUE
R22,40
SUBSCRIBE
R840
50 Issues

IN THIS ISSUE

access_time1 min.
landbouweekblad

REDAKSIE KAAPSTAD Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Adjunkredakteur Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Assistentredakteurs Charl van Rooyen, Lucille Botha Eindredakteur Jan Bosman Nuusredakteur Jeanne van der Merwe Redakteur aktuele sake Nico van Burick Redakteur spesiale projekte Jacolette Kloppers Spesialisskrywer Amelia Genis Produksiebestuurder Gretchen Peiser Artikels en nuus Johan van der Merwe Parlement Joylene van Wyk Artikels, spesiale projekte Heléne Booyens Spesiale projekte Liezl Vercueil Leefstylredakteur Arina du Plessis Bedryfs- en sosiale redakteur Adéle Engelbrecht Subredaksie Johan Fouché (handelsmerkuitbreidings), Ian Smith, Ina Ferreira Kunsredaksie Elgee Strauss (hoof), Adriana Loedolff, Lynn Campbell Argiefbestuurder Aletta de Vos GAUTENG, MPUMALANGA EN NOORDWES T: 012 485 9382 F: 012 485 9408 A: Excel-kantoorpark, h/v Rodericks- en Lynnwoodweg, Private sak X202, Pretoria 0001 Hoof Pretoria-kantoor Nico van Burick Artikels en nuus Carien Kruger, Gerrit Bezuidenhout Hoof spesiale projekte Liza Bohlmann Promosiejoernalis Marieke Snyman…

access_time3 min.
dié week in die landbou

GROOT PRESTASIE Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA, het die Universiteit van die Vrystaat se kanseliersmedalje ontvang vir sy bydrae tot die landbou, onder meer deur etlike leiersposisies wat hy beklee of voorheen beklee het, sy invloed op beleid en van die opleidings- en mentorskapsprogramme wat hy by Graan SA van stapel gestuur het. Hier is hy saam met sy dogter, Gerdie, en vrou, Retha, ná die seremonie. R6 MILJOEN STERK Kontantskenkings van méér as R6 miljoen is ontvang vir Namibië se Dare to Care-droogtehulpfonds wat boere in dié land bystaan. Dit bring die ideaal van R10 miljoen ál nader. Die geld word gebruik om veeboere met ’n subsidie van R50 per sak met die koop van veevoer by te staan. Sommige dele is al die afgelope ses jaar in…

access_time1 min.
syfers

400-500 Die Oos-Kaapse hoenderverwerker Sovereign Foods wil ’n nuwe aanleg bou wat uitsluitlik op uitvoer gemik is en wat tot 500 nuwe werkgeleenthede in Uitenhage kan skep. Mnr. Blaine Nell, finansiële bestuurder, het gesê die maatskappy het twee en ’n half jaar gelede begin kyk na uitvoermarkte en het reeds goeie vordering gemaak in die Verenigde Arabiese Emirate en Hongkong. Die maatskappy is deel van die groep Exporters Eastern Cape wat netwerkgeleenthede vir uitvoermaatskappye daarstel. — Rnews 2600 Die Vrystaatse regering wil toesien dat 2 600 eenhede staatsgrond so gou moontlik aan swart mense in dié provinsie uitgedeel word, het me. Sisi Ntombela, premier, in haar provinsiale rede aangekondig. Sy het gesê 75% van die provinsie se grond behoort aan wit mense, 13% aan bruines, 5% aan Indiërs en 3% aan swart mense.…

access_time1 min.
in ’n blik

GROOT GRONDBEWERKING. ’n Claas Arion 650 T4F sleep die Agro-masz BTC30-grondbewerkingstoestel deur die grond op die onlangse Val-boeredag, wat vanjaar vir die 24ste keer by Val in Mpumalanga aangebied is. Die BTC30 is ’n swaardiens-roleg van 3 meter, toegerus met 24 rolskare en ’n rolmoer om te verseker dat die saadbedding deeglik voorberei word. Die Claas Arion 650 T4F se DPS-enjin met ses silinders lewer 136 kW, en die trekker is selfstuur-gereed. Me. Elizna Griesel van die Waterval-boerevereniging sê daar was sowat 3 500 besoekers en die uitstallers raak elke jaar meer.…

access_time1 min.
die ander sê

Die aard van die handelsverhouding tussen Amerika en China het die afgelope tien jaar verander van gemeenskaplik voordelig tot al hoe meer vyandiggesind. Dit lyk asof Amerika China se snelle groei en vordering as ’n bedreiging sien, hoofsaaklik vanweë sy grootte, handelsmag en vinnige, dikwels omstrede, opneem van wêreldwye intellektuele eiendom. China brei ook met mening sy invloed in ontluikende en ontwikkelende ekonomieë uit deur infrastruktuurontwikkeling en samewerkende bystand. China se ontwikkelingstrategie wêreldwyd op lang termyn sal voortduur, ongeag die uitkoms van die huidige konflik met Amerika. Die land sal na verwagting volhou met regstreekse belegging in en bystand aan Suid-Afrika, gegewe Suid-Afrika se ryk hulpbronne en belangrike rol in Afrika suid van die Sahara. As ’n volslae handelsoorlog tussen Amerika en China uitbreek, sal laasgenoemde waarskynlik sy handels- en beleggingsbande met sy…

access_time1 min.
het jy gehoor?

‘Daar word baie afbrekende dinge oor die polisie gesê, maar daar is ook goeie polisiebeamptes wat ’n verskil wil maak en bereid is om te help selfs al is hulle met verlof.’ MNR. JOHAN STOLTZ, medebevelvoerder van die Vaalharts-gemeenskapsveiligheideenheid, oor die goeie samewerking wat hulle van die polisie kry. Bl. 16 ‘Die afgelope 23 jaar het die plaaslike rooivleisbedryf nie veel gevorder nie en ons is agter die res van die wêreld.’ MNR. DEWALD OLIVIER, voorsitter van die Suid-Afrikaanse voerkraalvereniging, oor die nodigheid van samewerking om ’n rooivleis-uitvoerbedryf te skep. Bl. 21 ‘Vandag is ons waar ons is, want ons is goed gemarineer en deeglik gekook deur die kenners by Subtrop.’ ME. NAMADZAVO SIKHIPA, koördineer van studiegroepe in Vhembe by Limpopo se departement van landbou, grondsake en landelike ontwikkeling, oor die kundigheid wat hulle opgebou…

SPECIAL ISSUES

help