IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ NAGENOEG die helfte van Suid-Afrika se openbare infrastruktuur het ineengestort of is na aan ineenstorting, waarsku die Suid-Afrikaanse instituut van siviele ingenieurswese (Saice) in sy jongste verslag oor die land se infrastruktuur. Prof. Marianne Vanderschuren, voorsitter van Saice, sê die algehele punt vir infrastruktuur was ’n D, teenoor ’n D+ in 2006. Dit is die laagste gradering sedert die verslag die eerste keer in 2006 gepubliseer is. Die punt het al verbeter tot ’n C- danksy beleggings wat in die aanloop tot die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi gemaak is, “maar die neiging is sedertdien afwaarts”. Die gradering strek van A tot E. A is wêreldklas, B voldoende vir die toekoms, C voorlopig voldoende, D beteken dit kan ineenstort, en E is onvoldoende. Die Gautrein is die enigste infrastruktuur-subsektor wat ’n…