IN ’N BLIK
EINDE IN SIG. Watervoëls baljaar in panne water tussen mielielande naby Wesselsbron in die Vrystaat. Teen middel Augustus is 75% van die geraamde witmielie-oes vir 2021-’22 en 84% van die geelmielieoes gelewer. Veral in provinsies soos die Vrystaat is oeste later as normaalweg gestroop omdat die lande tydens die normale planttyd te nat was vir die planters en daar eers gewag moes word dat dit bietjie uitdroog. ’n Paar los winterreënbuie het ook die stroopproses vertraag.…