IN ’N BLIK
WATERBLOMME. Sowat 30 ha van mnr. Willem Swart van Delareyville se sonneblomlande was vir dae toe onder water ná swaar reën in die omgewing.“Ten spyte van die skade kon ek nie help om ’n foto te neem nie, want die prentjie van die dam water in my lande was vir my ook besonders mooi,” sê hy. Sy buurman mnr. Barry Badenhorst het aan hom plekke gewys op hul lyndraad waar hulle die water kon bloei. “Ons het vore op die lyndraad gegrou sodat die water kon ontsnap en teen sy wenakker kon afloop tot by ’n laergeleë pan op sy grond. Baie water kon uitloop en dit het groot verligting gebring. Die meeste boere soos Barry wil die son oor ander sien skyn. Hoewel my skade in dié stadium gering…