IN ’N BLIK
WOESTYNWONDER. Die gemiddelde jaarlikse reënval in die Namibwoestyn is 20 mm reën, en die bekende Sossusvlei kry maar elke vyf tot ses jaar water. Die afgelope somer se onstuimige weerstelsels het vanjaar die Tsauchabrivier, wat dié vlei voed, laat vloei, en die ongewone tonele van damme water tussen die ysteroksiedgekleurde rooi duine het die sosiale media behoorlik laat gons. Normaalweg is daar geen volhoubare wildbevolkings in dié omgewing nie, maar wanneer die water kom, sak watervoëls, gemsbokke, springbokke, volstruise en selfs die jakkalse en hiënas op die vlei toe. Weens swak infrastruktuur en roofdiere is daar nie meer kommersiële boere in dié gebied nie. Die meeste grondeienaars het hul plase in gasteplase omskep. Die naaste plaas aan die Sossusvlei-kant van die Namib Naukluft Nasionale Park waar daar nog volhoubaar geboer…