IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ ’N OMSTREDE aspek van die Land Bank se skuldherstrukturering is om die korporatiewe en kommersiële leningsboek te skei van die ontwikkelings-en-transformasieboek. In die proses sal hy ’n groot deel van die inkomste opoffer wat hy uit kommersiële bedrywighede kry. Mnr. David Masondo, adjunkminister van finansies, het aan die staande komitee oor openbare rekeninge gesê die risiko bestaan dat krediteure ’n aansoek kan bring om die bank te laat likwideer ingevolge hooggeregshofreëls in dié verband. “Dié proses kan lei tot ’n ongestruktureerde likwidasie of onordelike afwenteling van die Land Bank.” Die tesourie steun die bank se poging om die Landbankwet (Wet 15 van 2002) te wysig, wat die huidige voorsiening vir geregtelike bestuur met sakeredding onder die Maatskappyewet (Wet 71 van 2008) laat ressorteer. Die voorgestelde veranderinge aan…