DIE ANDER SÊ
ONLANGSE bottelnekke en prysstygings onderstreep die risiko’s wat met uitgestrekte globale voorsieningskettings gepaard gaan wat kwansuis rondom die beginsel van ekonomiese doeltreffendheid gebou is. ’n Verslag deur pres. Joe Biden van Amerika se administrasie erken dat dié benadering, wat doeltreffendheid en lae koste ten koste van sekuriteit, volhoubaarheid en veerkragtigheid geprioritiseer het, tot risiko’s in die hele ketting gelei het. Voorsieningskettings kan op twee belangrike maniere ’n ekonomie in gevaar stel, buiten sekuriteitsoorwegings. Hoe komplekser só ’n ketting, hoe groter die ekonomiese risiko’s. ’n Breuk in enige skakel kan die hele ketting raak en pryse die hoogte laat inskiet indien dit lei tot skielike tekorte van ’n nodige inset. Die ergste scenario is waar ’n tekort in een deel van die ketting domino-effekte veroorsaak, wat ander maatskappye laat misluk en die hele…