IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ TOE die diamantmyn by Jagersfontein in 2010 heropen het, was inwoners opgewonde omdat hulle geglo het dit sal werk bring, maar vinnig het hulle begin hoes van al die stof in die lug en het bekommerd toegekyk hoe die slikdam se grondwal amper verdubbel het in hoogte. “Ons het aanhou sê: ‘Wat as dit breek?’” sê mnr. Itumeleng Monageng, wie se huis verswelg is toe die dam meegegee het. Inwoners sê hulle het die afgelope jare van tyd tot tyd water deur die damwal sien syfer. Die burgemeester, mnr. Xolani Tseletsele, sê inwoners het hul bekommernisse aan amptenare van die departement van water en sanitasie oorgedra. Maar die bestuurder van die aanleg, mnr. Johan Combrinck, ontken dat daar ooit lekkasies was, of dat werknemers gate in die…