DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU
IN ’N BLIK VERWOESTENDE VRETERS. Reuseswerms bruinsprinkane is teen einde Maart gewaar in die omgewing van Willowmore, Jansenville en Wolwefontein, al drie belangrike produksiegebiede vir skaap-, boken sybokhaarproduksie. Die plaag volg ná goeie reënval die afgelope somer ’n einde gebring het aan ’n uitmergelende droogte van sewe jaar of meer, en bedreig nou opnuut boere se veld. Sprinkaanswerms is vanjaar ook gewaar in gebiede waar hulle nooit tevore of vir die eerste keer in 40 jaar weer gesien is, soos die Calitzdorp-omgewing in die Klein Karoo, asook die Baviaanskloof in die Oos-Kaap. Die vrese bestaan dat indien swerms op groot skaal na die gewasproduksiegebiede van die Groot-Visriviervallei uitbrei, dit ’n uitwerking op nasionale voedselsekerheid kan hê, sê me. Andrea Campher, risiko-en-rampbestuurder van Agri SA. Dié foto is tussen Willowmore en Steytlerville…