IN ’N BLIK
MEER VARS HOENDERS. Die maatskappy Country Bird Holdings (CBH) het onlangs groot uitbreidings aangebring aan sy Supreme Chicken-aanleg in Tigane, Hartbeesfontein, in Noordwes. Die uitbreiding van R180 miljoen het produktiwiteit met 35% verhoog en nagenoeg 100 nuwe werkgeleenthede geskep. Mnr. Brendon de Boer, uitvoerende hoof van CBH, sê kitsbevrore hoenderporsies het voorheen 50% van die aanleg se uitset uitgemaak, maar dit gaan daal tot 15%. Die res gaan voortaan vars hoendervleis wees, vir die verbruikers- en kitskosrestaurantmark. Dié aanleg sal ook rou bestanddele verskaf vir die nuwe aanleg in Germiston, wat waardetoegevoegde produkte vervaardig. Lees meer oor dié aanleg op bl. 22.…