IN ’N BLIK
IN AANVRAAG. Die vraag na spuitvliegtuie het die afgelope weke die hoogte ingeskiet ná swaar reën landerye onbegaanbaar gemaak het, en die groot waters chemiese ingryping noodsaak weens die uitloging van voedingstowwe in die grond en die risiko van swamsiektes. Hier vlieg mnr. Lardus Erasmus van Sandriver Crop Protection oor die landerye van ’n plaas naby Setlagole in Noordwes. Hoewel hy landwyd spuit, is die aanvraag veral nou groot in Noordwes en die Vrystaat. Erasmus sê hulle bespuit veral mielielande, sonneblom en ook grondboontjies, en hier en daar sojabone. Sien ook die artikel op bl. 14.…