IN ’N BLIK
DIE ANDER SÊ SUID-AFRIKA moet die voorbeeld van die Duitse regering volg deur sy spoorweg-infrastruktuur te finansier en te moderniseer, het me. Portia Derby, groep- uitvoerende hoof van Transnet, onlangs op die jaarkongres van die Suider-Afrikaanse spoorwegvereniging gesê. Van 2020 tot 2029 sal die Duitse regering nagenoeg €63 miljard (sowat R1,1 biljoen) gee aan Deutsche Bahn, die land se spooroperateur wat ook in staatsbesit is, om ’n gehalte-spoornetwerk te verseker. Dié bedrag kom direk uit die staatskas om infrastruktuur-opgraderings, instandhouding en uitbreidings te finansier, en die Duitsers beskou dit nie as ’n reddingsboei nie. “As jou bedoeling is om uitvoer aan te moedig en om te verseker dat logistiek bekostigbaar is, moet jy as die regering die belegging onderneem. Daardie gesprek is reeds met die departement van vervoer en die…